Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Alternatief Oktober 2026 saam gesels Geert -6 minutes ago
Ek verskil Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -7 minutes ago
Braai rots of net.... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Lava Stone.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
Die BOm program Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 hours ago
Graniet Oktober 2026 saam gesels neef Herman -5 hours ago

Tee en Koffie

Centurion
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more.

Die eerste dag van die laaste maand van die jaar. 'n Jaar wat amper veby gevlieg het.

Tee gemaak en die koffie is aan die gang. Die wat koffie en tee gaan drink geniet dit.

Lekker dag vir elkeen. die wat gaan kamp moet dit voluit geniet en veilig ry. So ook die tuisblyers soos ek.

Vaalpark

Johann L

Thu, 21/12/2017 - 06:51

More Anton en Deon, plus al die lesers wat nog kom groet op hierdie lekker bewolkte dag, mag julle 'n lekker dag beleef.

Vasbyt Anton en Deon, min dae?

Ons het gister 'n heerlike bui reen gehad, ek het nog nie gaan kyk nie, maar skat so 10mm, vandag en more gaan ons nog kry?

Waar is Dusty, hy is stil?

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 21/12/2017 - 07:21

Dis 'n mooi dag in die Baai.  Mense wat tans hier kamp kan nie kla oor die weer nie.

Geniet julle dag.  Vir diegene wat nog werk, nog net twee dae dan is die vakansie hier!

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 21/12/2017 - 07:22

More almal julle moet n awesome dag he koffie loop soos stroop vreude en vreugte vir almal

0
Centurion

Dusty

Thu, 21/12/2017 - 10:33

Goeie more almal.

Bietjie laat vanoggend. Sit al met my derde beker tee.

Moes vanoggend en ook moreoggend 'n masjien aflaai van sy raam en more in 'n container plaas.

Lekker dag vir elkeen

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 21/12/2017 - 21:57

Goeie naand almal !

Tyd vlieg darem  -  twee weke van die Desember vakansie is al verby !

Aan die positiewe kant, Februarie-maand kom netso vinnig nader !

0
Secunda

Sleep nou

Fri, 22/12/2017 - 06:53

Nie net op kantoor maar op forum stil julle moet n awesome dag he koffie loop soos stroop

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 22/12/2017 - 07:38

Dit lyk my almal is besig met ander dinge as dit so stil raak.   

Die van julle wat nog werk kan gerus vandag vroeg tjaaila.   Laat die langnaweek begin, of die vakansie, vir die wat nie volgende week werk nie.

Ek sê gisteraand vir Colin ek gaan vandag die tafel dek vir Oukersaand se ete.  Kan julle glo?  Die man kyk my aan asof ek mal is.  "Twee dae voor die tyd??"    Mans verstaan nie, wat gedoen is, is gedoen.    

Have a glorious day!

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 22/12/2017 - 08:36

Goeie môre almal !

Ek is al vroeg uit die vere en het my seun gaan help om aan te haak, ligte te toets en wiele met my kompressor te pomp.  Hulle is gepak vir hulle jaarlikse vakansie by Kam'bati, 'n populêre vakansie-oord net duskant Swellendam.

Interessante brokkie raad :  as jy jou wa se ligte koppel of ontkoppel, sorg dat die sleepvoertuig se enjin en die ligte heeltemal afgeskakel is.  Indien nie, is dit moontlik met die in- of uitprop dat 'n kortsluiting veroorsaak word en dan kan of 'n sekering of die gloeilampe blaas.  My seun het gister sy ligte getoets en die koppeling gedoen sonder om die Fortuner se ligte af te skakel.  Beide rooiligte op die wa het gelyktydig geblaas.

Min of meer dieselfde het met my verlede jaar gebeur toe ek my tru-kamera tussen die Pathfinder en die Exclusive wou koppel sonder om die sleutel af te skakel.  Met die gevroetel om die proppies te koppel, het die kragtoevoer se sekering in die Pathfinder geblaas en dit was 'n helse soektog om daardie sekering op te spoor.

Heerlik koel en windstil vanoggend hier in Brackenfell met 'n skrale kans van 'n bietjie reën môre.  (Reën is nou dringend nodig  -  my watertenk is nou net onder halfvol).

Lekker dag aan almal wat hier lees.

0
Secunda

Sleep nou

Fri, 22/12/2017 - 08:54

Ek skuldig soms sit ek voertuig ander keer nie glo julle sal reen kry

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus