Ek begin hierdie nuwe draad aangesien ons die Saamtrek vasgemaak het.
Volg die "Oorspronklike Eerste Saamtrek draad hier"

Ai tog.................
Ai tog, en nou sit ek in die Kaap met 'n reeds bespreekte vakansie toer "boontoe" in Meimaand. Miskien maar beter ek kan nie gaan nie want hierdie kamp gaan beslis nie maklik wees nie !
Ai tog...... LEN…
Ai tog...... LEN
Dit sal darem lekker gewees het as jy ons kon join ![]()
saamtrek magneet / plakker

Ek sal een vat!
Is daar 'n opsie vir 'n plakker in plaas van magneet, vir my waentjie KLONKIE ![]()
Jip ek sal vir Klonkie ook…
Jip ek sal vir Klonkie ook een gee....
Ons gaan, ek sal in die…
Ons gaan, ek sal in die komende week my plek bespreek.
Sal ongelukkig eers laat Vrydag, ongeveer 18:00, daar kan wees, my werk nog die jaar.
Mabalingwe Saamtrek 1
Ek het gehoop daar sal nou al 'n lang lys name wees wat ek gemis het toe ons in Hartenbos was maar die lys lyk steeds die selfde ?
Ek soek ook 'n Plaatjie asb…
Ek soek ook 'n Plaatjie asb.
Wat sal die mates wees ?
Die wat ek laat maak is 70mm x 50mm
Dit is goed so, ek het dit…
Dit is goed so, ek het dit altyd vir hulle ook laat maak, maar sonder die magneet, ek plak myne op 'n hout bord.
tx.
Will net vraagie vra....
Hehehehe..............
Wie, vanni vyf anne ouens wat in my kop rond toer, gaan saam my Mabieieswawa toe?... (ek sien daars 2 op my naam).....
Ok factory started will ask my question later.....
Wie, vanni vyf anne ouens…
Wie, vanni vyf anne ouens wat in my kop rond toer, gaan saam my Mabieieswawa toe?... (ek sien daars 2 op my naam).....
Dit is vir Matrone of Kierrietjie - wie ookal jy gaan saam neem ![]()
Harry, Frikadel, Slowstrike ???
Daar kort 'n paar name waaraan ek nou kan dink. Kom julle, val in! ![]()
Harry?
Frikadel?
Slowstrike?
No pressure ....![]()
Dit is vir Matrone of…
Dit is vir Matrone of Kierrietjie - wie ookal jy gaan saam neem ![]()
Oh neee A-A!
Die een sal my doodmaak met daadles en n gordyn ... ![]()
En die ander sal veel te lastig wees met vonkel-vrou competitisies reel......![]()
Neee wat, sit my op vir een
Hier is die eerste lys wat…
Hier is die eerste lys wat ek van Mabalingwe gekry het.
Sien dat Voorie reeds deposito betaal het.
Laat weet my as jy bespreek het en jou naam is nie op hulle of my lys nie asb.
Kamp Program
Hierso die voorgestelde kamp program vir Saamtrek 2 - 4 Mrt:
Vrydag:
- 6pm MOET alle kampe opgeslaan wees en reg vir inspeksie deur die kamp kommandant. Lede wat nie teen 6pm opgeslaan is en inspeksie slaag nie moet laaste in die ry staan vir ontbyt pap.
- 7pm meld aan vir aandete. Dames links en mans regs. Swanger vrouens mag voor staan. Bring jou eie pikstel.
- 8pm Aand Inspeksie - alle kampe moet reg wees vir die nag.
- 9pm Saamkoms by kampvuur area vir sing van kamp liedere, braai van Marsmallows en toesprake deur Johann L, Speknek en BenA
- 10pm Kamp kommandant kondig wagdiens en skedule aan.
- 10:30pm Alle lede maak reg vir 10km nagmars - bring eie kompas, waterbottel, stewels, vuurwapens indien beskikbaar, kopligte
- 3am Lede keur terug van nagmars.
- 4am Ligte Uit
Saterdag:
- 5am - Segekok speel oggend trompet
- 5:15 - 5:25 - stort tyd en tandeborsel tyd
- 5:25- 5: 5:35 leegmaak van porta poti's
- 6am Ontbyt by Willem Brits se karavaan
- 7am Alle lede tree aan vir 4x4 25km rit (verpligtend vir almal) (lede wat nie 4x4 voertuie besit nie moet saam stap (gelei deur Arie Mooiman)
- 11am oggend tee by Warren se kamp (lede wat nie terug is van 4X4 rit nie mag nie oggend tee of middagete kry nie.
- 11:30 - oggend kamp inspeksie deur kamp kommandand. Elke kamp moet sy eie latrine he en water slote moet om alle tente gegrawe word. Alle skoene moet uitgepak word vir inspeksie met veters binne in die skoen.
- 12:00 - middagete by De Brak se kamp
Ons is tans nog besig om die opwindende aktiwieteite vir Saterdag middag en aand te beplan. Enige voorstelle word verwelkom!
n lekker 2,4
Wat van n lekker 2,4 so net na Saterdag se middag ete. Almal moet onder 8 min klaarmaak anders moet hulle dit weer doen.
Wat rook julle twee maters. …
Wat rook julle twee maters.
Kuier julle saam en is daar drank betrokke??
Gelukig is my se staanplek…
Gelukig is my se staanplek ver van julle af, ek sal maar rustig op my se stoep sit en aan my se pyp suig met 'n laaaang glas Rum en coke langs my!!!
Ek sal die gepeupel saam met die grys water so van ver af dophou!





Ek het gister met BENA ook…
Ek het gister met BENA ook gepraat. dit lyk my hy sal ook gaan.
Ons sien baie uit na die kamp.