Ek begin hierdie nuwe draad aangesien ons die Saamtrek vasgemaak het.
Volg die "Oorspronklike Eerste Saamtrek draad hier"

Graag wil ek Mabalingwe en…
Graag wil ek Mabalingwe en veral die leeus bedank vir n onvergeetlike naweek...........
oeps verkeerdede toespraak...
Graag wil ek n ieder en elk wat deel daarvan was om hierdie naweek, een van die lekker kampnaweke in ons lewens, te maak bedank... Ek wil nie name noem nie maar die was lekker om julle almal te ontmoed en die wat ons reeds ken weer te kon sien.
Sien uit na n volgende een.
Ek weet nou ook wie is die grapgatte en wie is die moeilikheid makers..
Ek weet nou ook wie is die…
Ek weet nou ook wie is die grapgatte en wie is die moeilikheid makers
En ook wie is die groot praters en wie die ware kampeerders?
dis jammer ek en spek kon nie almal ontmoet nie. Ons het wel lekker gekuier by Arie, Vorie, Segekok en by oom GrootG, en ook vir oom Warren ontmoet. Ons hoor toe julle klomp braai en gaan slaap al teen 10 uur ?.. daai tyd skink ek en spek gewooonlik ons sunset dop en steek die vuur so teen 11pm aan... dan weer teen 4am uit om vleis te gaan soek vir die volgende aand se braai.
Julle moet nie joke oor ons toy nie, hy het al 2 miljoen km op. Ons is nou in Mesina
Ek moet ook net van my kant…
Ek moet ook net van my kant af sê BAIE DANKIE vir 'n heerlike Kampforum eerste Saamtrek. Dit was lekker om nuwe kampers te ontmoet en ook baie lekker om die ou bekendes te sien.
ONS MAAK WEER SO !!!!
Dankie almal
Ek klok gou in, die Meyers is veilig by die huis. Sal later bietjie gesels.
Maar so lank baie dankie vir die naweek en ons sal beslis volgende keer weer kamp.
Ek het die leeu met hierdie…
Ek het die leeu met hierdie 2 hande doodgemaak...
Met hierdie twee hande…
Met hierdie twee hande......
Nee ek het nie geseg ek het die leeu dood gemaak nie... Ek het haar gemelk......
Baie bly julle het dit…
Baie bly julle het dit geniet.
Sal my bes probeer om volgende een by te woon.
Wat sal....................
Wat sal ek nou sê wat 1700km van Mabalingwa af sit ? Dit lyk of dit 'n heerlike saamkuier was en die pragtige groen omgewing maak 'n mens jaloers ! Baie dankie ook vir die baie mooi fotos, maar dis net jammer dat almal op 'n foto se name nie aangedui is nie - byvoorbeeld, wie is die gesinnetjie op die laaste foto ? Ek sou ook graag fotos van die verskillende kampopsette wou sien want dit is altyd baie interessant wat werk vir elke ou.
Ek hoop iewers in die toekoms sal 'n volgende kamp saamval met ons jaarlikse wildtuin-trippie.
Harry, jy beter 'n plan maak…
Harry, jy beter 'n plan maak.
Len, die gesin is GerhardM s' n ![]()
Ek dink....
Die man wat die leeu doodgemaak het is SPEKNEK! Glo nie dit is Segekok.....
Freda ek stem saam ek sal…
Freda ek stem saam ek sal nooit n leeu beseer nie......
Dankie Anton
Dankie Anton,
maar almal wat daar was, is oulike mense.
Ek het verstaan dat dit…
Ek het verstaan dat dit Scruffy was wat die leeu doodgebyt het?
Ag julle, ek weet niemand…
Ag julle, ek weet niemand het 'n leeu doodgemaak nie.
Ek bedoel, die foto waar dit gesê word, is volgens my Speknek. Die foto's met Segekok waar hy 'n blou hemp aan het, lyk nie vir my na dieselfde ou nie. ![]()
Einaaaardige toilet, en ek kry hom...
DIT.......
Dit was nogal n belewenis
Ja en ek het die geluk om daai een te kies.....
Die een met so piepklein gatjie deur die sitplek...
Nou moet n mens kies of inni gaaitjie te piepie en buite to poopie, of binne die gaaitjie te poopie en buite te piepie, maar buide gelyk te doen.... Daar's geen way ekkies kan voor alli goeters indruk saam agter oor gaaitjie kry....
Maar nou ja, annestens was dit n heel ander "experience" om in n kam te te kamp saam so klom ander gawe mense.....
Freda ek dink die fotograaf…
Freda ek dink die fotograaf het dalk teveel gedrink tussen die twee fotos...?
Nou ja, agteros kom ook in…
Nou ja, agteros kom ook in die kraal. Dankie almal vir 'n baie lekker kamp. Sien uit na die volgende een (noord van die N4)?





Mooi gedruk oom Willem!!
Mooi gedruk oom Willem!!