Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
sonder sein..... Toep wat aflyn kan wys waar… Wessel Strydom -26 minutes ago
Dankie Willem. Dit lyk soos … Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -56 minutes ago
Neef Herman, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -9 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -10 hours ago
Voorwêreld Oktober 2026 saam gesels neef Herman -10 hours ago
Sterkte Verskoning Geert -11 hours ago

Mabalingwe 1 Jaar Saamtrek

Centurion
Submitted by Voortrekker on

Ek begin hierdie nuwe draad aangesien ons die Saamtrek vasgemaak het.

Volg die "Oorspronklike Eerste Saamtrek draad hier"

1

Meyerton

Segekok

Sun, 04/03/2018 - 15:41

Graag wil ek Mabalingwe en veral die leeus bedank vir n onvergeetlike naweek...........

 

oeps verkeerdede toespraak...

 

Graag wil ek n ieder en elk wat deel daarvan was om hierdie naweek, een van die lekker kampnaweke in ons lewens, te maak bedank...  Ek wil nie name noem nie maar die was lekker om julle almal te ontmoed en die wat ons reeds ken weer te kon sien.

Sien uit na n volgende een.  

 Ek weet nou ook wie is die grapgatte en wie is die moeilikheid makers..   

0
Bosveld

Gryswater

Sun, 04/03/2018 - 15:59

 Ek weet nou ook wie is die grapgatte en wie is die moeilikheid makers

En ook wie is die groot praters en wie die ware kampeerders?

dis jammer ek en spek kon nie almal ontmoet nie. Ons het wel lekker gekuier by Arie, Vorie, Segekok en by oom GrootG, en ook vir oom Warren ontmoet.   Ons hoor toe julle klomp braai en gaan slaap al teen 10 uur ?..  daai tyd skink ek en spek gewooonlik ons sunset dop en steek die vuur so teen 11pm aan...  dan weer teen 4am uit om vleis te gaan soek vir die volgende aand se braai. 

Julle moet nie joke oor ons toy nie, hy het al 2 miljoen km op.  Ons is nou in Mesina

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 04/03/2018 - 16:37

Ek moet ook net van my kant af sê BAIE DANKIE vir 'n heerlike Kampforum eerste Saamtrek.  Dit was lekker om nuwe kampers te ontmoet en ook baie lekker om die ou bekendes te sien.

ONS MAAK WEER SO !!!!

0
Elarduspark

GerhardM

Sun, 04/03/2018 - 17:34

Ek klok gou in, die Meyers is veilig by die huis. Sal later bietjie gesels.

Maar so lank baie dankie vir die naweek en ons sal beslis volgende keer weer kamp.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 04/03/2018 - 18:56

Wat sal ek nou sê wat 1700km van Mabalingwa af sit ?  Dit lyk of dit 'n heerlike saamkuier was en die pragtige groen omgewing maak 'n mens jaloers !  Baie dankie ook vir die baie mooi fotos, maar dis net jammer dat almal op 'n foto se name nie aangedui is nie - byvoorbeeld, wie is die gesinnetjie op die laaste foto ?  Ek sou ook graag fotos van die verskillende kampopsette wou sien want dit is altyd baie interessant wat werk vir elke ou.

Ek hoop iewers in die toekoms sal 'n volgende kamp saamval met ons jaarlikse wildtuin-trippie.

0
Port Elizabeth

Frieps

Sun, 04/03/2018 - 19:22

Die man wat die leeu doodgemaak het is SPEKNEK!   Glo nie dit is Segekok.....

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 04/03/2018 - 19:37

L M G A

Die man wat die leeu doodgemaak het is SPEKNEK!   Glo nie dit is Segekok.....

 

0
Port Elizabeth

Frieps

Sun, 04/03/2018 - 21:54

Ag julle, ek weet niemand het 'n leeu doodgemaak nie.laugh   Ek bedoel, die foto waar dit gesê word, is volgens my Speknek.    Die foto's met Segekok waar hy 'n blou hemp aan het, lyk nie vir my na dieselfde ou nie. enlightened

 

0

DIT.......

Dit was nogal n belewenis

Ja en ek het die geluk om daai een te kies.....

Die een met so piepklein gatjie deur die sitplek...

Nou moet n mens kies of inni gaaitjie te piepie en buite to poopie, of binne die gaaitjie te poopie en buite te piepie, maar buide gelyk te doen.... Daar's geen way ekkies kan voor alli goeters  indruk saam agter oor gaaitjie kry....

Maar nou ja, annestens was dit n heel ander "experience" om in n kam te te kamp saam so klom ander gawe mense.....

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus