Ek sit nou so en wonder wie het omlangs n woonwa of sleepwa gebou? ek het n dubbelas rubber suspention raak geloop en die is nou oppad na my erf toe. het paar idees.
Hierdie sal my seker so…
Hierdie sal my seker so rukkie besig hou.
My laaste boswa wat ek gebou…
My laaste boswa wat ek gebou het was sowat 7 jaar gelede, maar my skoonseun het so 8 maande terug vir hom 'n "Low Bed" wa gebou om sy draaibanke, milling machine, 10 ton press en sulke goed te skuif na nuwe huis.
Nogal 'n slim idee, die dwars balke op die vloer kom uit, dan ry hy die wa dat hy "wydsbeen om die masjien staan, raamwerk bo met hoist, lig die masjien en sit dwars beams terug, laat sak masjien tot op dwars balke. Maak va en ry!
Omdat hy die ding so laag as moontlik en ook omdat van die masjiene vrek swaar is het hy geen suspensie nie, ook geen as, net stub axels aan die buitenste raam.
Hy het al sy masjiene self geskuif net met die hulp van sy tuin ingeneur, laagste kwotasie van kontrakteur was iets in die R20,000 om masjiene te skuif.
Tagtig persent van materiaal om wa te bou het hy by die huis gehad, koste om te bou was onder R3000.
Luxheid....
25 SQ M under canvas
3 x 5 voorstoep onder skaadu-net
2m x 1.4m slaapkamer, met net een trap op...
Electresiteit
Yskas en vrieskas
Skottlegoed opwas eenheid
binne toilet en warm water stort..
Volle kombuis gas of vuur
Lekker le stoele
En n uitsig wat skrik vir nixs!

Gaan jy hom bou Nico? …
Gaan jy hom bou Nico? Daardie sal nou 'n job en half wees en iets om te aanskou. Hoop die projek loop mooi en ek hoop omndie eindproduk in lewende lywe te sien!
Voortrekker dis die plan ek…
Voortrekker dis die plan ek darem nie heel onervare as dit by die goed bou kom nie. Sal krap vir foto van laaste wa wat ons gebou het. Ek het darem ook al paar sleepwaens gebou en ook te veel houtvrot reggemaak.
Ons het 2 van die gebou in…
Ons het 2 van die gebou in 1982

die een in 1987 gebou.
6.1 m lank
2.4 m wyd
980kg op weegbrug sonder sy tent



Hierdie waens was 23, 24 en 25 wat ons gebou het
Het laas week so n stukkie…
Het laas week so n stukkie houtvrot op my wa reggemaak. Dink nie dit is vir my nie. Ek sal veel eerder my nuwe canopy bou vir off grid kamp.
Maar geniet die bou werk. Sal uitkyk vir die vordering.
My ouers het in 1958 begin…
My ouers het in 1958 begin kamp en al daai jare seker net 6 jaar gekoopte waens gehad. As wa klaar was en pry is reg het ons maar weer begin bou. Daar ook 3 ski bote kloml sleepwaens paar herboude waens vir mense en n 39 voet seiljag deur ons hande.
Sleepwa herbou
Halou,
Eks ook besig om my ou skipper oor te bou.
Sal fotos post as ek klaar is.
Ek het so bietjie…
Ek het so bietjie ondervinding, Het so 3 Boswa-karavane gebou die afgelope paar jaar. Hier is baie Foto's op die Forum van my laaste 2 wat jou 'n Idee of twee kan gee. Afhangende van wat jy wil bou en hoeveel jy wil spandeer sal die derslag gee. Ek is tans in beplannig om my bestaande Wa in 'n Boskaravaan te verander. Hy is tans 'n Sagte top Boskaravaan soos die INVADER.
Welkom terug oom Jeep, ons…
Welkom terug oom Jeep, ons vertrou jy gaan dit voluit geniet hier?
Welkom terug oom Jeep…
Welkom terug oom Jeep
my maggies! Wat 'n verrassing toe ek die ou klip hier sien inrol. Welkom oom J
Welkom terug Johan, hou ons…
Welkom terug Johan, hou ons op hoogte met die skipper se vordering.?
Nee, wat ek het my movers oor gedoen, en dit was genoeg vir eers. Ek bewonder julle mense wat so met julle hande sulke puik produkte kan bou.
Die Was ook net 'n Vulleswa voor dit verander is in 'n boswa
Hierdie verandering aan my ou vulleswa het minder as R5ooo gekos. Hy is ook so dat jy kan opslaan soos jou behoeftes is vernaamlik as jy net oornag.Die daktent het ek al vir jare gehad.Die groot voordeel van die boswa is hy is totaal windbestand sonder enige stormtoue.
Wat is die datum van daardie…
Wat is die datum van daardie onderste vulluswa foto? hoe lank het die evolusie geneem?
Die idee was ook om net die…
Die idee was ook om net die jurgens af te breek en oor te bou maar op ou einde besluit bou nuut en dan kan ons nog kamp terwyl ons bou.
So bou julle
Julle mag maar sterkte vir almal met bou en herstel werk daai resultate is dis joune op die einde vannie dag gaan groot en geniet








Ek...
So bietjie creative gewoord oor n naweek.... Daarsy.... Suid Afrika se eerst en enigste canvas karavaan.....
Kook besttandele
1 plat-bak opvoubare sleepwa
1 Moer ou daktent
3 borde shutterply pre-cut to size by Builder's
n helofalotof skroefies en hout gom
n ietie hier en a ietsie daar
2 blikkies verf
1 mal kok... (ek)
Best darn thing since sliced piesang brood