Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Strand verkeer.... Onrus woonwapark Wessel Strydom -4 hours ago
Ablusie blok Onrus woonwapark Goeie Hout -4 hours ago
Personeel ingesteldheid.... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Slep Onrus woonwapark Goeie Hout -5 hours ago
Onrus Pryse Onrus woonwapark Goeie Hout -5 hours ago
Onrus Onrus woonwapark Goeie Hout -5 hours ago

April 2018 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more almal.

Koffie is weer lekker vanoggend.

Lekker ligte bui reen verlede nag gehad

Geniet die Sondag.

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 10/04/2018 - 09:53

Môre sê, die koffir ruik lekker, kan ongelukkig nie proe nie.

Klaar ingeboek, lê nou en wag vir my beurt No.7 in die ry.

Baie geluk Petra dat  soooo lank met daai ouman uit gehou het. wink

Geluk Arie.

0
Durban
Profile picture for user dassie

dassie

Tue, 10/04/2018 - 18:07

Freda ek sien ook nou eers van Wilsur se hospitaal storie .Toe die manne so praat van slagpale dog ek Wilsur werk by die slagpale .Red nou n volk met so n nasie daar is geen pille vir Stupid nie indecision

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 10/04/2018 - 18:16

Middag julle, als het goed gegaan maar nie die Dr. na die tyd gesien nie.  Die Narkotiseer het mooi sag gewerk, beste wat ek nog ooit wakker geword het.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 10/04/2018 - 19:19

Mooi so Willem.   Ja, ek het ook 'n paar weke terug narkose gehad.  Deesdae is dit darem baie makliker as voorheen.

Sterkte met die herstel.  Lekker slaap vanaand.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Wed, 11/04/2018 - 02:17

Goeie more.

Die slaap het gewyk en nou sit ek maar in die sitkamer en koffie drink.

Wag nou maar vir die tyd om kantoor toe te gaan

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 11/04/2018 - 05:26

Ja, helaas, ek het ook vanoggend staarsiekte.   Lyk my die verpestelike ding is aansteeklik hier op die forum.   Dusty, is dit jy wat ons aangesteek het?    Noddy, lyk my tot jy het deurgeloop vanoggend.    Segekok, jy is nog hopeloos te jonk om nou al daaraan te ly, of is dit jou normale tyd om te gaan werk?

Wel, of julle nou vroeg of laat wakker word, solank julle net wakker word.   En gesond is, en bly is vir 'n nuwe dag.   Geniet hierdie dag en mag hy loop soos stroop.

 

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Wed, 11/04/2018 - 05:34

Dankie Freda dat jy darm dink ek is nog jonklaugh

 Ek het baie werk wat en et klaar kom en die tyd gaan baie vinniger as wat mens graag wil hê....

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 11/04/2018 - 05:49

Dusty, ek het gedog dit was jou vrou wat staarsiekte gedoop het.   Ek wil julle nou vertel hoekom ek vanoggend 3 uur wakker geword het.   Ek het gedroom Colin laat herbou my Yaris, dat dit heeltemal opgezoep is.   Die dashboard het allerhande ligte wat flikker en agter is daar omtrent 30 exhausts wat oral uitkom.   Ek is toe so kwaad vir hom, dat ek wakker word.   Toe lê en dink ek aan die kraak in die voorruit wat ek nie sover kom om te laat regmaak nie.   En toe bly ek wakker.   Die simpel Colin, ek gaan hom kry!

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 11/04/2018 - 05:51

Môre sê, koffie was beter as enige van die oggend se verwikkelinge hier va so 04:00 af en die slaap medekasie het baie laat eers ingeskop en is nog lank nie uitgewerk nie.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Wed, 11/04/2018 - 05:51

Freda nee, ek dink toe slaap uit gedeel was het my vrou voor gestaan. Sy kan in die oggend laat slaap.

Ook wanneer ons ry. Die wiele het skaars begin rol dan slaap sy

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus