Ek lees hier dat n paar van ons lede Wilde Kruger Tuin toe gaan. Ek wil vir hulle n veilige reis toewens en hoop hulle sien baie wild .Laat my dink aan die storie ek weet dis n ou een maar dalk is daar mense wat dit nog nie gelees het nie .
En so kry die diere in die Kruger ook n biertuin en kroeg genaamd Olifant Tepel .Dis nou om af te koel in die middae na n warm dag.Daar is Maroela “shooters “ Bitter Bessie wyn en Krematart wortel bier .Maar na n ruk begin die plek n slegte naam te kry oordat die groot 5 begin dagga rook het en aggresief geraak as hulle so suip en later is daar net Olifante en Renosters wat daar uithang .
Een middag toe Olifant en Renoster nou weer aggresief gesuip is loop hulle die bos in om iemand te loop slaan .En hier kom ou hasie in die paadjie afgestap met sy trommeltjie kossies wat sy vrou vir hom ingepak het .Dis nou worteltjies en pienk melkskommel en marmite toebroodjies want hasie werk nagdiens op die spoorweg .Olifant gaan staan so voor Hasie ,en Hasie voel hoe klap sy “o” ring toe .En Hasie waar is jou hoed ? Nee oom Olifant ek het nie een nie en toe slaat daai 2 vir arme Hasie sy trommetjie val tussen rotse en breek oop ,sy melkskommel stukkend ,en die worteltjies val waar geen mens dit sal kry .En so los hulle vir Hasie half dood .
Die volgende dag is die Olifant en Renoster weer aggresief gesuip en nou sit hulle konkel onder mekaar Hulle gaan nie weer vir Hasie vra waar is sy hoed die storie is afgesaag hulle gaan hom vra vir sigarettes .As hy vir hulle plain gee se hulle,hul wil filter he en as hy filter gee soek hulle plain dan slaat hulle hom Hier kom Hasie weer in die paadjie af maar hy lyk sleg ,sy ore is gespalk ,daar is gips om sy linker been en 1 van sy tande is skeef maar Hasie is nie n mannetjie wat van die werk af bly nie .
So kom staan Olifant weer voor Hasie . Hasie !!!!! ja oom Olifant Ek soek sigarettes .Seker manne se Hasie en hy hou 2 pakkies uit na hulle Filter of plain. Olifant kyk so na Renoster en dan na Hasie .Hasie en jy het al weer nie n donnerse hoed op nie .
Nou wil ek net vra dat Len en lede asseblief hulle hoedens moet dra in die Kruger ons wil nie he lede moet pimple en pers geslaan word omdat hulle nie n hoed op het nie .





Dankie.........
Dankie Hassie vir die voorspoedige goeie wense. Ek dra nie hoed nie want ek het nog hare, maar ek sal lig loop vir Ollie en Noster en hulle nie 'n "gap" gee nie.