Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -10 minutes ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -13 minutes ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -13 minutes ago
Foto laai Oktober 2026 saam gesels neef Herman -22 minutes ago
Park kaart Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -23 minutes ago
Johann.... Umfula Wessel Strydom -30 minutes ago

Getroude Lewe - Dassie

Submitted by Admin on
Forums

Die man kla so dat toe hy getroud is het sy hond vir hom geblaf en sy vrou het die koerant vir hom gebring .Na 10 jaar Blaf sy vrou vir hom en die hond bring die koerant

 

LOLLA:  hahahahahaha!

Centurion

Dusty

Tue, 04/04/2017 - 14:34

Daar word gese dat as jou vrou by die voordeur skree en die hond blaf by die agterdeur dat jy eerste vir die hond oopmaak. Wanneer die hond inkom dan bly hy stil

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 04/04/2017 - 20:48

Vrou sê eendag vir my, "jy spandeer meer aandag aan jou karavaan as aan my, nou moet jy kies tussen my en jou karavaan"

My antwoord was maklik,    

"Ek gaan jou mos verskriklik mis my engel". .

En toe spat die vonke.

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 04/04/2017 - 21:44

Heng Anton, jy is mos nog op honey moon, ek hap-hap aan 40 jaar getroud, en moet eerlik wees, ek veruil my vroutjie vir geen ander nie, al maak ons grappe.

 

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Wed, 05/04/2017 - 13:07

Jinne, ek sharrap eerder, na 48 jaar WEET jy WANNEER om jou bek te hou!!!!, en half hardhorend te wees!!!, as ek mos NIE gehoor het nie, KON ek mos dieDIT of DAT gaan doen het nie.

As julle van more af, NIKS van my hier hoor nie, moet julle WEET hierdie plasing is GELEES, en ek lê in hospitaal, een of twee sale vol!!!

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Wed, 05/04/2017 - 13:14

Ekskuus vir skuins font bo, ek het nou omtrent alle moontlike opsies probeer om die woorde wat so afgesny word, uit te skakel, maar tevergeefs, lyk nie asof dit eers help om sinne korter te maak nie, dit word vansself weer verander.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus