So kry ek toe vanoggend n toets bestuur met nuwe 2.3 Nissan Nivara . Die bakkie was n automaties nog nooit auto bestuur nie maar vreemd vir my gewees Hier is n opsomming soos ek bakkie ervaar het. Hantering 7/10 Krag 8/10 Spasie voor 8/10 Agter been spasie 7/10 Padgeraas 9/10 Voorkoms 7/10 Algeheel raid ek die bakkie 7/10 verseker waarde vir geld maar die goed is so duur
Pajero, kan jy gaan vir die…
Pajero, kan jy gaan vir die Colt bakkie, basies selfde motor as Pajero maar net bietjie minder pk en wrinkrag.
Ford maak natuurlik die koning van bakkies, Ranger, jy kan nie verkeerd gaan nie.
Daai Safari was en is natuurlik die koning van off road, en ek se dit nie maklik nie siende dat ek glad nie 'n Nissan aanhanger is nie.
Enigste probleem met die Safari, is sy groote, baie breed, sulke in party berg passe, Richtersveld is daar passe wat jy 'n drie punt draai moet maak met die Safari, baie breed, en dan............... daai petrol verbruik, jy moet maar jou eie vulstasie saam ry.
Die ou Cruiser is ook 'n yster loop ook amper enige plek, en as jy vassit sal daar altyd 'n Pajero wees wat jou sal uitsleep.
Sien Voorie noem die Ranger…
Sien Voorie noem die Ranger is eintlik vir vrouens, baie waar, vrouens is mal oor mans wat Rangers ry.
Hulle hou mos van mans met geld en met mags possisies?
Lyk vir my Gesie is iets wat…
Lyk vir my Gesie is iets wat van 'n Navara fan-boy? ![]()
Shame hulle moet ook maar…
Shame hulle moet ook maar daar wees, mens moet maar simpatie he?
Nee oom Arie, geen simpatie…
Nee oom Arie, geen simpatie nodig, hou net by die reels en hier is die reels:
Moet my net nie oom vorrie…
Moet my net nie oom vorrie noem nie, eerder oom folla ![]()
Indien dit gebeur oom Forra,…
Indien dit gebeur oom Forra, sal dit `n fraudulent (hoop reg gespel) slip wees.
Nee o vet, kannie glo dat…
Nee o vet, kannie glo dat die gesie se kaksoekerigheid so min Toy en Ford mense naar maak nie. ?????
Pssst! Weet julle wat pajero…
Pssst! Weet julle wat pajero se eintlike betekenis is. Ek, persoonlik is te skaam om dit hier te noem. ???????
As getroude man oom Voorrie…
As getroude man oom Voorrie doen ek nie sulke dinge nie, glo oom Arie sal weldra verduidelik. ???
Kyk die toy is nou 'n ander…
Kyk die toy is nou 'n ander storie, maar ek glo meeste wat Toy ry kry reeds berading vir daai probleem.
Ford ouens steur hul glad nie aan jou stories nie, hulle weet jy is eintlik maar net vrek jaloers dat jy nie so top voertuig besit nie.
Pajero eienaars is uiteraard heel verhewe bo die kinderagtige geredekawel oor voertuie, en die ander betekenis van die naam, ons sit maar net stilweg en smile met simpatie vir die ouens wat nog nie die lig gesien het en 'n Pajero gekoop het nie.
Gesie, ek het dan altyd…
Gesie, ek het dan altyd verstaan 'n man hou op met daai dinge die dag as hy skei, dan is daar mos nie meer "kopseer" en sulke nonsens nie/
Terloops, die vrouens wat altyd so brag dat hul kan "Multi task", pure nonsens seg ek julle.
Nog nooit 'n vrou teegekom wat op die selfde tyd kan liefde maak en kopseer het nie??
Man kan dit doen al is sy been gebreek, nerwe afgeval met 'n bike, maak nie saak wat makeer of waar dit is nie - DIT is mos "Multi Task" of hoe?





Daai Nissans en Amarokke is…
Die Rangers is baie dieselfde, maar weer vir vrouens.