Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kompleet met agt x agt… Lag 'n slag Johann L -1 hour ago
Wessel?? Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Slim plan hier bo Lag 'n slag Rona du Plessis -2 hours ago
Diesel is duur Lag 'n slag Voortrekker -2 hours ago
Brits is ongemaklik warm Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 hours ago
Rona en molle... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 hours ago

Nuwe Nissan Nivara

Secunda
Submitted by Sleep nou on

So kry ek toe vanoggend n toets bestuur met nuwe 2.3 Nissan Nivara . Die bakkie was n automaties nog nooit auto bestuur nie maar vreemd vir my gewees Hier is n opsomming soos ek bakkie ervaar het.  Hantering 7/10   Krag 8/10  Spasie voor 8/10 Agter been spasie 7/10 Padgeraas 9/10 Voorkoms 7/10 Algeheel raid ek die bakkie 7/10 verseker waarde vir geld maar die goed is so duur

Waar my wa staan

Arie

Tue, 08/05/2018 - 11:43

Pajero, kan jy gaan vir die Colt bakkie, basies selfde motor as Pajero maar net bietjie minder pk en wrinkrag.

Ford maak natuurlik die koning van bakkies, Ranger, jy kan nie verkeerd gaan nie.

Daai Safari was en is natuurlik die koning van off road, en ek se dit nie maklik nie siende dat ek glad nie 'n Nissan aanhanger is nie.

Enigste probleem met die Safari, is sy groote, baie breed, sulke in party berg passe, Richtersveld is daar passe wat jy 'n drie punt draai moet maak met die Safari, baie breed, en dan............... daai petrol verbruik, jy moet maar jou eie vulstasie saam ry.

Die ou Cruiser is ook 'n yster loop ook amper enige plek, en as jy vassit sal daar altyd 'n Pajero wees wat jou sal uitsleep.

0
Waar my wa staan

Arie

Tue, 08/05/2018 - 11:50

Sien Voorie noem die Ranger is eintlik vir vrouens, baie waar, vrouens is mal oor mans wat Rangers ry.

Hulle hou mos van mans met geld en met mags possisies?

0
Waar my wa staan

Arie

Sat, 12/05/2018 - 07:48

Kyk die toy is nou 'n ander storie, maar ek glo meeste wat Toy ry kry reeds berading vir daai probleem. 

Ford ouens steur hul glad nie aan jou stories nie, hulle weet jy is eintlik maar net vrek jaloers dat jy nie so top voertuig besit nie.

Pajero eienaars is uiteraard heel verhewe bo die kinderagtige geredekawel oor voertuie, en die ander betekenis van die naam, ons sit maar net stilweg en smile met simpatie vir die ouens wat nog nie die lig gesien het en 'n Pajero gekoop het nie.

0
Waar my wa staan

Arie

Sat, 12/05/2018 - 08:00

Gesie, ek het dan altyd verstaan 'n man hou op met daai dinge die dag as hy skei, dan is daar mos nie meer "kopseer" en sulke nonsens nie/

Terloops, die vrouens wat altyd so brag dat hul kan "Multi task", pure nonsens seg ek julle.

Nog nooit 'n vrou teegekom wat  op die selfde tyd kan liefde maak en kopseer het nie??

Man kan dit doen al is sy been gebreek, nerwe afgeval met 'n bike, maak nie saak wat makeer of waar dit is nie - DIT is mos "Multi Task" of hoe?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus