Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -6 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -7 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -7 hours ago
Kennisgewing. Forum Herstel en terugvoering Johann L -7 hours ago
Kom ek probeer weer Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago

Ministers op die forum

Port Elizabeth
Submitted by Frieps on
Forums

Hennie het nou op Len se wildtuin 2019 draad 'n idee in my kop gesit.   Hy noem daar dat as Len 'n gas sou wees op Karen Zoid se "Republiek van Zoid Afrika", sal sy hom aanstel as die "Minister van Kruger".    Ek stem nou sommer heeltemal saam met dit.

Hier is mos baie kleurvolle/interessante/slim/stoute/soete/ensovoorts mense op die forum.  Kom ons kyk wie stel ons aan in watter poste as Kampforum ministers sou hê.

Gee voorstelle van wie julle dink watse minister moet wees.   Stel maar soveel voor as julle wil.  Op die ou end besluit ons wat pas die beste by iemand.

So, ons begin by Len as "Minister van Kruger".

Ek gaan nog bietjie dink oor my ander voorstelle.   Kom, speel nou bietjie saam.laugh

Vaalpark

Johann L

Thu, 09/08/2018 - 09:11

Baie skerp Len, ek glimlag nou kekker hier, eers minister van binnelandse sake, toe van vrede, nou korrektiewe dienste, maar my van is mos SLUIT😂😂

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 09/08/2018 - 09:21

Neef Herman en Frans moet gesamentlik die Landbou krisis oplos en dien as ministers van kruie, knolle, zolle, bolle , en blomme! laughlaugh

ai hoe lekker lag ek nou virmyself

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Thu, 09/08/2018 - 09:25

Liewe tyd, julle raak darem nou wragtag rof!!!!!

Wat dink julle gaan gebeur as polieste hier lees, en van zolle!!!!, dan is AL MY papagaaislaai daarmee heen!!!

0
Waar my wa staan

Arie

Thu, 09/08/2018 - 10:29

Die druk is dit nou soos in hardlywig?

Lolla, min van finansies - Petra is ook min van Geenfinansies hier by ons.

Weet nie so mooi of ek kwalifiseer vir min van Vrousake nie, ek weet maar min van hulle - bekyk hulle altyd net so op 'n distansie.

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 09/08/2018 - 11:02

Ek het nou so bietjie deur die ledelys gegaan.   Daar is baie meer aktiewe lede as wat ons aldag besef.   Hier is 'n klompie name van lede wat nog portefeuljes kan kry.laugh

Gryswater   /   JanWillem   /   Slowstrike   /   Johan K   /   Frikadel   /   Grootwind   /   Andre Smit   /   Wimpie  /   Servaas   /   Tyro   /   Koos Mol   /   leeu   /   Chris du Preez  /   Werner   /   Bolander   /   Chris Boucher

En daar is nog.

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 09/08/2018 - 12:55

Koos Mol - Minister van Kort Verhale

Frikadel - Minister van Vleis

Grootwind - Minister van Hurricanes

Bolander - Minister van Wyn

Chris Boucher - Minister van Papegaaie

 

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Fri, 10/08/2018 - 08:01

Freda, daar is paar name wat jy genoem het wat nog "missing in action"is, wat dalk spesiale aandag/moeite gaan verg om bietjie te kom saam gesels.

As ek dit nie mis het nie, is Andre Smit dalk weermag gebonde?? 

Minister van Verdediging

Tyro - Chris Smit 

Minister van Mynwese!!!!, al is hy reeds 25 jaar afgetree!!! Hy was immers 'n mynbestuurder!

Chris Boucher het te doen met spuitstowwe vir boere??

Minister van Landbou en verwante sake (wat insluit papegaaie)!!!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus