Hennie het nou op Len se wildtuin 2019 draad 'n idee in my kop gesit. Hy noem daar dat as Len 'n gas sou wees op Karen Zoid se "Republiek van Zoid Afrika", sal sy hom aanstel as die "Minister van Kruger". Ek stem nou sommer heeltemal saam met dit.
Hier is mos baie kleurvolle/interessante/slim/stoute/soete/ensovoorts mense op die forum. Kom ons kyk wie stel ons aan in watter poste as Kampforum ministers sou hê.
Gee voorstelle van wie julle dink watse minister moet wees. Stel maar soveel voor as julle wil. Op die ou end besluit ons wat pas die beste by iemand.
So, ons begin by Len as "Minister van Kruger".
Ek gaan nog bietjie dink oor my ander voorstelle. Kom, speel nou bietjie saam.![]()
Baie skerp Len, ek glimlag…
Baie skerp Len, ek glimlag nou kekker hier, eers minister van binnelandse sake, toe van vrede, nou korrektiewe dienste, maar my van is mos SLUIT😂😂
Ek weet vir 'n feit Lolla is…
Ek weet vir 'n feit Lolla is die minister van finansies ![]()
Neef Herman en Frans moet…
Neef Herman en Frans moet gesamentlik die Landbou krisis oplos en dien as ministers van kruie, knolle, zolle, bolle , en blomme! ![]()
![]()
ai hoe lekker lag ek nou virmyself
Ek dink Frans sal 'n goeie…
Ek dink Frans sal 'n goeie minister van druk werk maak.
minister van druk werk maak…
minister van druk werk maak.
Nog 'n gesamentlike posisie. Ministers van druk en spoeg is Frans en Segekok.
Die druk is dit nou soos in…
Die druk is dit nou soos in hardlywig?
Lolla, min van finansies - Petra is ook min van Geenfinansies hier by ons.
Weet nie so mooi of ek kwalifiseer vir min van Vrousake nie, ek weet maar min van hulle - bekyk hulle altyd net so op 'n distansie.
Nee nee Arie jy het alweer…
Nee nee Arie jy het alweer die ding onderstebo. Nie daardie druk nie. Hierdie manne gebruik gereedskap.
Ek het nou so bietjie deur…
Ek het nou so bietjie deur die ledelys gegaan. Daar is baie meer aktiewe lede as wat ons aldag besef. Hier is 'n klompie name van lede wat nog portefeuljes kan kry.![]()
Gryswater / JanWillem / Slowstrike / Johan K / Frikadel / Grootwind / Andre Smit / Wimpie / Servaas / Tyro / Koos Mol / leeu / Chris du Preez / Werner / Bolander / Chris Boucher
En daar is nog.
Slowstrike - minister van…
Slowstrike - minister van betogings en strikes ![]()
Janwillem -minster van eiendom ![]()
Gryswater - minister van…
Gryswater - minister van gryswater (was dit nou Majoor Smit wat gesê het "snot water" ?)
johanb - minister van "sit…
johanb - minister van "sit gat, rus bene en hang .... en teardrops"
Koos Mol - Minister van Kort…
Koos Mol - Minister van Kort Verhale
Frikadel - Minister van Vleis
Grootwind - Minister van Hurricanes
Bolander - Minister van Wyn
Chris Boucher - Minister van Papegaaie
He he Vreda
Skerp Vreda lees nou eers Sleepnou : Minister van Geen Kommas en Punte
Nuwe Ministers
Freda, daar is paar name wat jy genoem het wat nog "missing in action"is, wat dalk spesiale aandag/moeite gaan verg om bietjie te kom saam gesels.
As ek dit nie mis het nie, is Andre Smit dalk weermag gebonde??
Minister van Verdediging
Tyro - Chris Smit
Minister van Mynwese!!!!, al is hy reeds 25 jaar afgetree!!! Hy was immers 'n mynbestuurder!
Chris Boucher het te doen met spuitstowwe vir boere??
Minister van Landbou en verwante sake (wat insluit papegaaie)!!!
Sjoe, so baie staats…
Sjoe, so baie staats amptenare op die forum, kan ek nie 'n tender score by een van julle nie😇
Lyk my hierdie parlement het…
Lyk my hierdie parlement het meer ministers as die ANC regering





Eendag baie lank gelede, was…
Eendag baie lank gelede, was daar 2 kampers gewees. Hulle wou.... en daar verloor ek die draad. Hie hie!!