Laat ons bietjie lag oppie Maandag.
Wel, ek lê in noodgevalle…
Wel, ek lê in noodgevalle. Duidelik nie 'n goeie manier om hierdie Maandag te begin nie. Het gaan perdry, iets wat ek jare laas gedoen het. Dit was' n groot fout.
Het op die perd geklim en maar stadig begin, elke keer 'n bietjie vinniger. Toe ek my kom kry is die perd volspoed. Nooit besef 'n perd kan so vinnig hardloop nie. My balans verloor en afgeval, maar my voet het vasgehak en perd hou aan hardloop met my. Hoe hard ek ookal geskree het, perd wou nie stop. Dankie tog vir Toys-R-Us se bestuurder wat die masjien kom uit plug het. Hy het ook die res van my kleingeld afgevat sodat ek nie die olifant ook kon ry nie.
Ai oom Johann -- darem bly…
Ai oom Johann -- darem bly jy leef nog!?
Nee kyk daai perde is vir manne wat weet, dit is nou die onder ses, ons ou mense moet maar weg bly van sulke gevaarlike goed.
Sterkte my maat - hoop jy word gou ontslaan.
Ai Johann! Soos Arie sê,…
Ai Johann! Soos Arie sê, los maar eerder vir die jonges wat weet hoe ![]()
Dankie vir die waarskuwing…
Dankie vir die waarskuwing Johann, sterkte daar.
hmmmmm..... jou ma kuier…
hmmmmm..... jou ma kuier tans by ons Lolla ![]()
Ag, die dae toe jy by jou ma…
Ag, die dae toe jy by jou ma se huis gewag het vir jou "date" om op te daag, was darem maar lekker. Netjies aangetrek, haartjies mooi gekam, gesiggie opgesit, gespuit met lekker-ruik goedjies. "Those were the days, my friend. We thought they'd never end". Maar helaas.......
Kyk, ek sal nou regtig nie…
Kyk, ek sal nou regtig nie my vroutjie by haar ma wil gaan aflaai nie (ek is nie lus vir alleen oudag nie), en natuurlik bitter min van ons pensionariste het nog daai "voorreg"😃
Voortrekker sal maar die…
Voortrekker sal maar die naweek altwee se beste voete moet voor sit en baie geduldig moet wees. Hoop net nie dit reen sodat sy deur die venster moet loer wat binne aangaan nie. Voorrie sal maar sy hart groot moet oopmaak en baie krediet punte kry. ![]()
![]()
Lolla!!!!! - Lol, La Gee jy…
Lolla!!!!! - Lol, La![]()
Gee jy my nou goeie plan, maar ek sal moet Harari toe ry na die "Dead Centre off Town" [begrafplaas] om Petra by haar ma af te laai!
Sy bly al daar van 1978 af.
Iemand wat ek ken lei…
Iemand wat ek ken lei veldwagter op en het vir my die gebeurtenis vertel.
n Man (was dalk n veldwagter) was in die wildtuin besig om te stap. Hy was in n soort van n groot sloot of iets met hoë walle albei kante. Hy hoor toe iets agter hom en toe hy omkyk sien hy n renoster op hom afstorm. Hy klim toe teen die wal uit om weg te kom maar sukkel nogal baie want die wal was baie skuins. Skielik kry hy hulp van iewers en gaan toe vinnig die skuinste uit. Toe hy bo is en terug kyk sien hy sy een skoen se hak sit vas op die renoster se horing
Nou wonder ek wat het hom so…
Nou wonder ek wat het hom so spoed gegee om die skuinste uit te kom? ![]()
Die renoster self het hom…
Die renoster self het hom vastrapplek gegee.![]()
Ag dankie Anton, ek het…
Ag dankie Anton, ek het geweet daar is iets waarvoor ek nuttig kan wees😂
Hehe Johann. Arie het dit…
Hehe Johann. Arie het dit vanoggend vir my gestuur as inspirasie vir my werksdag hier in Madagaskar
Dit is baie bedagsaam van hom.








Ai Lolla, verstaan ek jou…
Ai Lolla, verstaan ek jou nou heel mis!!
Hier dog ek jy praat van die jonge dame wat so mooi hurk by die slang, ek kyk en kyk maar kan glad nie haar "Toolbox" sien nie!?
Bessef toe jy praat van die braai toolbox! Net gedink jy bat vir die ander span!