Nou ja, die Springbokspan wat moet speel teen die Franse is bekendgemaak. Daar is baie goeie spelers onder hulle, Warren Whitely is (vir my) 'n waardige en die regte kaptein.
Nou hang dit af van afrigting en wat die spelpatroon gaan wees. Die Bokke kan weer ons almal se ondersteuning verdien. Ek hoop van harte hierdie jaar gaan dit gebeur. Ek wens hulle net die beste toe. Weer so!! Bokke!!
Chris, hulle het simpel…
Chris, hulle het simpel foute gemaak maar eintlik teen die verloop van die spel halftyd agter gewees. Ek het geweet hulle sal tweede helfte inhaal. Pollard het 'n goeie wedstryd gespeel, beter as Jantjies, maar Jantjies sou van daai skoppe oorgesit het. Teen Aus en NZ sal ons dit nie kan bekostig om so mis te skop nie.
Freda, ek sal waardeer as jy…
Freda, ek sal waardeer as jy bietjie by jou seun kan uitvind. Weet jy of hulle na die gewone TV toe "cast", of kyk hulle op die rekenaar. Ons kan hier sekere kanale goed kyk op my selfoon, maar sodra ons wil "cast" na die TV, het ons probleme. Dit is blykbaar die VPN wat dit verhoed. Ek het Express VPN se toep afgelaai. Laasgenoemde gee jou 7 dae se gratis gebruik, maar daarna moet jy betaal. Ek wil egter nie vir iets betaal wat jy nie ten volle kan benut nie.
Jy kan vir my 'n e-pos stuur by chris.boucher@sonicmail… indien jy die inligting by jou seun kan bekom.
Freda - dankie vir die e-pos…
Freda - dankie vir die e-pos met die inligting. My kinders is vandag uithuisig, maar ek gee dit deur aan my skoonseun sodra hulle terug is.
Rugby op die laptop
Ek het nie DSTV nie en gebruik die skakel hieronder om belangrike wedstryde te kyk, ook wanneer ek in die buiteland is vir werk. Hy het altyd 'n klomp lastige advertensies wat jy maar net moet bly toemaak. Moet ook nie iets "download" om te kan kyk nie, dit is nie nodig en gaan net 'n volgende advertensie oopmaak.
Hier's hy: http://www.vipbox.nu/spo…
Dankie Johan, ek gaan die…
Dankie Johan, ek gaan die skakel merk. Tatta Dstv ![]()
Die trane rol
Die trane rol oor jou bokke springbok rugby so onbeholpe geen rigting net soos ons land ????![]()
Ek wil nie eers dink aan wat…
Ek wil nie eers dink aan wat wag vir hulle volgende week teen die All Blacks nie.
Ek kon nie die rugby kyk nie…
Ek kon nie die rugby kyk nie. Het maar net die "Live Update" gevolg. Vanoggend maar eers op Netwerk24 Rapport se verslag oor die wedstryd gelees.
Ek het met die begin van Roland Garros opgradeer na DStv Premium en besluit om dit vir-eers só te hou tot na die Championship rugby. My premie word op die 25ste van elke maand per debietorder verhaal. Ek het sommer nou-nou reeds my pakket afgradeer na Compact Plus. Ek kan daardie R300 per maand verskil beter gebruik.
My broer het onlangs gesê hy kyk deesdae net 7's rugby. Want dan word hy net vir 14 minute lank kwaad as die Blitzbokke droogmaak i.p.v. 80 minute vir die Bokke.
Ek weier om oor dinges te…
Ek weier om oor dinges te praat, dus los ek maar ons Nadsionale sport uit!!
Dis nou.....
Dis nou die ergste misplaasde gesegte wat ek in 'n lang tyd teëgekom het - om nou 'n rugbyspan genaamd Springbokke se vrot prestasie te vergelyk met die maagwerkings van 'n tipe bok wat nie eers in die Wildtuin voorkom nie. Die betrokke bokke se maagwerk-optrede is ten minste normaal, beslis nie iets waarop die Springbokke as "normaal" kan roem nie.
Sies Springbokke !
Kalmeer Len... Sien die…
Kalmeer Len... Sien die humoer in die lewe ook raak..
Hehe Len, dit raak heel…
Hehe Len, dit raak heel normaal, as iets so lank voortduur, is dit mos normaal![]()
Deon, hoe...
Deon, hoe lyk dit my jy dink ek het 'n gebrek aan humor ? Jy het my vantevore ook daarop gewys. My reaksie is presies dit, ek speel met humor terug ! Jammer as dit so flou was dat dit nie duidelik was nie.
Wat kalmering betref, ek weet nie vir jou nie, maar vir my is dit vrek moeilik om kalm te bly met so 'n treurmare in ons land se rugby-prestasie deesdae. Maar ek sal probeer om my gevoelens onder beheer te bring.
Groot G, my popcorn…
Groot G, my popcorn masjientjie staan reg, gepolish en gesmeer met Prolong!
Len ek voel ook dit is belediging om ons Sprinbokke met "rugby spelers" as mens hulle so kan noem , te vergelyk!
Nee wat ons moet daai manne maar laat rolbal speel?






En so kon ek toe ook nie die…
En so kon ek toe ook nie die rugby kyk nie, ten spyte van DStv en VPN wat gelaai was. Ek dink die lyn was te "stadig". Kyk so 'n klompie sekondes en wag dan eers weer vir die beeld om by te kom - ten spyte van 'n lekker hoë-spoed internet wat die kinders het. Gelukkig vir RSG kon Johan Rademan my darem toe lekker ingelig hou oor hoe die wedstryd vorder. Volgens dit wat ek kon hoor, was ek maar bietjie bekommerd tot en met rustyd.