Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Neef Herman, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
Voorwêreld Oktober 2026 saam gesels neef Herman -3 hours ago
Sterkte Verskoning Geert -4 hours ago
Vlieënde Tesla Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -5 hours ago
Suksesvolle/bevredigende vakansie Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -5 hours ago

Eiland 2019

Secunda
Submitted by Sleep nou on
Forums

Nou die mollers van Secunda het klaar vakansie geboek dit sal van die 2 Mei tot 17 Mei 2019 by die Eiland wees blok c staanplek 16 b super opgewonde so as julle daai tyd daar draai kom maak n draai by ons sal jou n koue een gee so op die huis

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 07/08/2018 - 17:55

Nouja, nog 'n ou wat nie kan wag vir Mei 2019 se lekker Laeveld, bosveld-vakansie nie !  Lekker om saam met julle te begin uitsien en voorberei ten spyte daarvan dat dit eers oor 275 dae is !

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 07/08/2018 - 18:10

Aangesien ons graag vanaf die begin van die skoolvakansie wil gaan (vanaf 15 Junie) en vir 3 maande wil staan, kan ons eers op 1 September bespreek. 'n Goeie ou vriend wat ek laasjaar by Eiland raakgekamp het (en tans ook daar is), sal namens my op 1 September in die ry gaan staan aangesien ek nie sal kan bel nie.

Die C-blok is ons gunsteling deel van die kampterrein. Ek kon egter nie verlede jaar daar geholpe raak nie en moes noodwendig 'n staanplek in die A-blok neem. Alhoewel, C25 is verlede jaar aan my toegeken vanaf 6 Jun tot 11 Aug, maar nie vir die skoolvakansie nie. Om C25 vir die skoolvakansie te kon kry moes ek maar noodwendig weer op 1 September skakel. Toe ek uiteindelik deurkom, was dit reeds vir die skoolvakansie vir iemand anders gegee en geen ander staanplek in die C-blok was beskikbaar vir die volle tydperk wat ons wou gaan nie. Sodoende moes ons noodgedwonge 'n staanplek in die A-blok neem. Dit was maar 'n gaggarige plot, maar ons het dit lekker gemaak. 'n Bonus was toe my seun die plot aangrensend aan ons s'n vir die skoolvakansie kon kry.

0

Ons het die afgelope Junie/Julie skoolvakansie daar by Eiland gekomp.

My kaptein het laasjaar 1 September seker 3 ure gesukkel om deur te kom. ons wou ook in C blok in die sirkul gestaan het maar het nie daar plek gekry nie. ons het toe plek gekry vir die 3 weke op C48. 

Iets wat my nogal die jaar opgeval het is dat die meeste mense net so vir 'n week of twee weke gekamp het en nie die volle 3 weke van die skool vakansie nie. Een kante lans ons het "lang kampers" gestaan. langs ons was 'n pypsteel plot en daar het ook "lang kampers" gestaan, maar oorkant ons en voor die pypsteel plot het vir die 3 weke 5 verskillende bure gehad.

0
Secunda

Sleep nou

Tue, 21/08/2018 - 07:23

Ons gaan 14/15 September by eiland wees maar nie kamp my ma bietjie bederf in een vannie rondafels dan gaan ek en Berdien gou ook weer na staanplekke kyk en dan verander en vasmaak as ons nie van 16b hou nie

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 01/09/2018 - 08:29

Ai, my hart is bly. So pas die nuus hier in die verte ontvang dat ek plek gekry het vir 3 maande (winter-skoolvakansie ingesluit) by Eiland Spa.

Dus as alles volgens plan verloop, vertrek ons die Donderdag voor Paasnaweek vir ons eerste 6 nagte in Karoo Nas Park, dan kuier-kuier tot in die wildtuin waar ons vanaf 30 Apr vir 46 aande gaan bly. Dan by Eiland vanaf 15 Jun tot 16 Sep.

Ek voel opgewonde soos 'n kind.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 01/09/2018 - 09:20

Jinne Chris, dit wil gedoen wees !

Daardie 6 nagte in Karoo Park en 46 nagte in KNP maak my groen van jaloesie  -  en dan nog wraggies 3 maande by die Eiland !  Ek het darem 'n troosprysie van 30 dae in KNP !

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sat, 01/09/2018 - 11:17

Ek is altyd bekommerd oor die ou mense wat so lank kamp. So baie tyd en nie veel om te doen nie. Voor jy sien is daar n laat lammetjie. 

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sat, 01/09/2018 - 11:27

Ja, nou weer gedink oor die saak.

Dink daar moet gratis kondome in die badkamers wees by plekke soos die Eiland, Tshipise en Richardsbaai, soos by staatsinstellings!

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sat, 01/09/2018 - 11:43

Verder voel ek ook dat alle kampers bo sestig, as n sosiale diens, se pakkies en apteek deliviries deursoek moet word vir Viagra, en die ooreenkomstig, gekonfiskeer moet word! 😒

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sat, 01/09/2018 - 12:46

Oom Seg, ek hoor op sosiale media, dit help vir omtrent vir alle skete, n man vergeet van als en het dan net een ding op die brein, so sê hulle daar, sallie wetie? 😂

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus