Nou ja, die Springbokspan wat moet speel teen die Franse is bekendgemaak. Daar is baie goeie spelers onder hulle, Warren Whitely is (vir my) 'n waardige en die regte kaptein.
Nou hang dit af van afrigting en wat die spelpatroon gaan wees. Die Bokke kan weer ons almal se ondersteuning verdien. Ek hoop van harte hierdie jaar gaan dit gebeur. Ek wens hulle net die beste toe. Weer so!! Bokke!!
Ek het geweet!
Bevestig my vermoede dat hulle "over-rated" is.........![]()
GG, goed ek sal ! Sal wat?…
GG, goed ek sal !
Sal wat? Ffffffffaaaaaaaiitt? Wou skreeu ffffffaaaaaiiittt maar toe onthou ek oom Len is mos 'n man van vrede en nie fffaaaaiit nie.....toe los ek maar...
Wonder nogsteeds wat soek die Vrystaat op nommer 4 op daai lys??????
Sonder om nou negatief te klink (anders raas oom Arie dalk) maar hoe ver dink julle gaan die bokke verloor die naweek? Ek skat so 25? Of is ek nou te beskeie?
Sonder om nou negatief te…
Sonder om nou negatief te klink ....... hoe ver dink julle gaan die bokke verloor die naweek?
Ek sal nie 'n telling raai nie, maar ek sal uiters verbaas (en natuurlik bly) wees as die Bokke die knoop kan deurhaak. Maar o wee .... dit sal maar skyt. Ek kan amper nie glo dat dit moontlik is nie.
GG nee dit is nie negatief…
GG nee dit is nie negatief nie, maar wel realisties!
hehehe ja, stem oom Arie. …
hehehe ja, stem oom Arie.
Ja, kom ons hoop maar vir die beste. Ek dink hulle behoort dalk bietjie kompeterend (groot woord) te wees die eerste helfte maar dan....
Ek sê eerder niks. Ek hoop…
Ek sê eerder niks. Ek hoop net dit is nie 'n krieket telling nie.
Ek het persoonlike baie hoop…
Ek het persoonlike baie hoop vir die Gemsbokke
Voorie, ja ek het ook baie…
Voorie, ja ek het ook baie hoop en vertroue in die Gemsbokke, MAAR ongelukig is dit die Springbokke wat speel?
Rassie Erasmus sê: "Na die…
Rassie Erasmus sê: "Na die wedstryd teen die All Blacks, sal ons rêrig weet waar ons staan met Suid Afrikaanse rugby".
Die meeste SA rugby publiek sal seker sê: "Ons weet nou al, ons hoef nie te wag tot na môre se wedstryd nie".
Maar daar het julle dit nou....... kom ons wag dan maar en sien!
Moet se, ek raak nou al voos…
Moet se, ek raak nou al voos van als. Gaan swak met die Rand, die JSE loop deur, so gaan brandstof gewelidig styg, al klaar 20% vir die jaar. Medies ook minstens 10% volgende jaar. Inflasie en inkomste werk gladnie meer saam nie. Die lys is sommer lank vir die wat lus is vir depresief raak.
En dan nog die Springbokke wat net so simpel presteer, is presteer die regte woord. Dalk het hulle klaar gedruip, kan net verbeter, nie meer slegter nie, daar is nie so kategorie nie.
Ja Arie, ek weet jy preek vir optimisme. Maar deesdae dink ek dat ek myself bullshit, dit gaan goed, maar nie so baie goed nie. Of dalk gaan dit maar k@k maar nie heeltemal so nie, daar is nog baie plek vir k@ker en dan eers later kry ons die k@kste.
Cosatu kla ook alweer, sê…
Cosatu kla ook alweer, sê Rassie se span vir môre is te wit. Die arme man het al 'n rekenaar nodig om 'n span te kies. Soveel in die span, soveel op die kantlyn, soveel op die veld ten alle tye, selfs na beserings. Vervang die een, dan moet daai een opgaan om die getalle reg te hou, of hy nou die ding kan doen of nie. Hou by die reëls, Rassie, al wen ons nooit weer nie! Dit is eintlik onregverdig om die Bokke te blameer.
Die sokkerspan is hopeloos, die rugbyspan moet ook hopeloos wees.
Regte bollie, ja. ![]()
![]()
Mense mense, jul taal…
Mense mense, jul taal gebruik! Vet weet, as ek my sonde nie ontsien nie, kom sort uit julle uit. Wat se k@k is dit hierrie ! ☺😢
Hierdie laaste paar insette…
Hierdie laaste paar insette laat my dink aan n song van Aerosmith, Living on the edge.
Die liedjie open met die woorde:
There is something wrong with the world today and I dont know what it is.
Het nou n paar artikels…
Het nou n paar artikels gelees, mediese inflasie staan op 12 persent. Ek dink mediese fonds is die grootste uitgawe waaraan n mens moet dink by aftrede!
Dit is Sad!
Is een van die hoekstene van n goewerment nie dat goeie bekostigbare gesondheidsdienste aan almal verskaf moet word nie.
Gooi nie noodwendig n klip na SA se regering nie. Lees dat UK se mense maar sukkel met hulle se NHS. Amerika weer met die Obama care.
Mense mense, jul taal…
Mense mense, jul taal gebruik! Vet weet, as ek my sonde nie ontsien nie, kom sort uit julle uit. Wat se k@k is dit hierrie ! ☺😢
![]()





148