6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hou net die letter e in vir… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -13 seconds ago
Laaste oor die dekselse kappie Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -1 hour ago
Lower Sabie Kruger 2026 Geert -1 hour ago
Kappie e se toets Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -1 hour ago
Laptop e..... Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -1 hour ago
Laptop... Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -1 hour ago

Windpomp

Waar my wa staan
Submitted by Arie on
Forums

Neee dit is nie oor myself nie, alhoewel die naam seker ook kan pas, maar dit is nie iets waaroor ons praat nie!

Nee dit gaan oor 'n klein plasie daar in die droe dor Karoo. die ou Oom  en sy ewe ou vroutjie voer maar 'n sukkel bestaan daar in die dor harde wereld. Hulle het een stokou windpomp op die plaas net so neffens die opstal, en die is ok maar klein en beskeie maar silwer skoon, die paar stuks karige meubeltjies is met trots blink gepoleer en smaakvol gerangskik.

Arme windpomp kort so bietjie olie, maar met die prys van olie bly dit ook maar agterwee, die Oom het sy prioriteite reg, kos vir sy vroulief is belangriker as olie vir die pomp.

Nou draai die wiel daarbo so stadig in die lui windjie met so twjieeet.............. tjwieeeet geluid.

Een aan le hulle in die bed en die pompie tjwieeeet ..........tjiweeeeet maar so rustig daar buite en toe.................... gaan le die lui windjie heeltemaal, Oom luister, maar hoor niks, seg hy vir vroulief "My Engel hy staan!" Antwoord sy "Ou man help my tog net gou om op my rug te draai"

Port Elizabeth

Frieps

Mon, 19/06/2017 - 08:27

laugh   Goeie een Arie.  Hier is een, spesiaal vir jou:

Die ou omie van 93 trou met 'n mooi, jong vrou.  Maak nie saak hoe hard hy probeer nie, hy kan haar nie bevredig nie.   Uiteindelik besluit hy om maar dokter toe te gaan en die gee raad:  "Kry 'n sterk jongman en wanneer jy en jou vroutjie in die bed is, moet hy 'n handdoek oor julle waai.   Dit sal jou vrou aanmoedig".   Die omie maak toe so, die jongman waai die handdoek maar dinge kom nog nie reg nie.   Terug dokter toe.  "Nou goed, laat die sterk jongman saam met jou vroutjie in die bed klim, dan waai jy die handdoek."   Hul maak toe so en daar gebeur die onmoontlike toe met die vroutjie.   Die omie pluk die jongman uit die bed en sê vir hom:   "Sien jy, jy moet weet HOE om die handdoek te waai!!"

0
Centurion

Dusty

Mon, 19/06/2017 - 09:03

Twee bejaardes besluit om te trou. Die eerste aand in die kamer is die twee maar skaam om te verklee om te gaan slaap.

Hulle besluit toe om die hangkas se deur tussen hulle twee te hou en dan maar te verklee en nie vir mekaar te kyk nie. 

Die vrou sukkel toe om haar onderrok uit te rek en se kliphard " so kort en so styf".Spring die omie om die deur en se vir haar " Ek het gese jy mag nie loer nie"

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 19/06/2017 - 13:44

Nou kansy nie liewer voel nie?

wat?  Dan moet sy nou sukkel hier teen die paal op met 'n leer om te voel of die ding pomp of nie?  Sy kan dan skaars op haar rug draai.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus