Goeiedag Almal.
Laat weet asseblief op hierdie draad indien julle enige probleme ervaar of dinge raasksien wat verander het of funksies wat nie meer toegangbaar is nie.
Dankie!
Veranderinge
Gaan min tyd hě in die volgende klompie dae om hier in te loer. Daarom dat ek vra, Voortrekker, voordat jy die finale 'save' knoppie druk - die emoji's is klein, maer en vaal (wel 'n lekker groot keuse vir iemand soos ek wat nie deur my tande praat nie, maar hande gebruik en gesigte trek). Tevore het dit 'n 'statement' gemaak.
Ek hakkel nou al - die kappie-e is nie daar nie - Omega werk nie in ons taal nie.
Dankie solank. Hoop wanneer ek weer kyk was die tower-feetjie hier (smiley face).
Ron. Werk jy oop 'n tablet…
Rona. Werk jy oop 'n tablet of laptop?
Op foon of tablet of laptop,…
Op foon of tablet of laptop, as jy die letter e inhou dan sal daar opsies verskyn om die e aan te pas ê ë è
Laptop e.....
werk nie dieselfde as my foon nie. Dit gebeur wanneer ek die letter e inhou op die laptop eeeeeeeeeeeeeee. Moet ek 'n ander sleutel saam met die e druk? Baie dom met die tegnologie.
Kappie e se toets
toets1 met Omega roete--- allerhande e, maar nie met kappie nie.
Toete 2: ek tik sommer altyd "alt136" ---ê. dit werk nog altyd op PC.
Anton: hou nou op goete bylaai, netnou maak dit koffie ook. Grootmense kan nie byhou nie
Rona: probeer ook "alt137" vir deelteken ë
alt147 vir kappie o---ô
Laaste oor die dekselse kappie
Indien ander nie 'n probleem het met die nuwe stelsel nie, sal ek vorentoe die Alt opsie gebruik - moet dit net weer onder die knie kry. êêê. Dan nie nodig vir verdere moeite nie, dankie.
Vir Wessel. Ek ken die Alt kodes. Was net gewoond aan dit wat op die forum beskikbaar was. So, die (Alt)ernatiewe metode sal dit wees, en dit is goed so.





Thumbs Up
Ek het nog 'n funksie op die forum gelaai wat 'n Thumbs Up teller het. Ek het dit ook beskikbaar gemaak aan besoekers wat nie ingelog is nie.