6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hou net die letter e in vir… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 minute ago
Laaste oor die dekselse kappie Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -1 hour ago
Lower Sabie Kruger 2026 Geert -1 hour ago
Kappie e se toets Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -1 hour ago
Laptop e..... Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -1 hour ago
Laptop... Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -1 hour ago

Hoe beskerm jy jou sleepligte se prop op die wa?

Elarduspark
Submitted by GerhardM on
Forums

Hoe beskerm jy jou sleepligte se prop op die wa?

My 6 voet sleepwa het nou altyd maar in die motorhuis gestaan, so die prop het maar net by kampe 'n sakkie om gekry sodat hy nie water kry nie. Die woonwa het by my pa-hulle altyd maar so groot rubber blok gehad wat bo oor die prop gelê het. Ek het vanoggend toe dit begin reën altwee gou met sakkies toe gemaak vir beskerming.

Die sleepwa het nie plek in die motorhuis nie en die wa het nie 'n afdak nie.sad So ek sal graag idees\insette wil hoor hoe maak almal om die prop teen water te beskerm.

Foto 1 is net die prop, foto 2 met die sakkie en foto 3 die rubber blok.

Foto 1

prop
Prop

Foto 2

Sakkie
Met die sakkie

Foto 3 

Rubber blok
Rubber blok

 

Elarduspark

GerhardM

Thu, 01/11/2018 - 09:39

Ek weet van die houertjie, maar is dit genoeg? Dis hoekom ek myne maar toe maak nog met 'n sakkie. Die woonwa moet nog so houertjie kry. 

Foto geleen op Burquip.co.za

Prop houer

0

You will need: -

A lappie / one smallish clear plastic bag / 1 can of “Q20” or “Tool in a can” and one elastic band.

Cooking instructions

Wipe the connector off with the lappie, Spray a reasonable amount of the spray into the plastic bag, put plastic bag over the connector so that the liquid is inside the plastic bag.

Wrap the elastic band a few times over the plastic band and around the wire so as to keep the plastic closed.

Hang over the A frame....

Problem cooked

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 01/11/2018 - 12:09

Ek het by Midas vir my plastiek proppies gekry wat netjies oor die krag- en kameraprop pas.  Ek plaas dit dan in die A-raam kanaal onder die hak.

.

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 01/11/2018 - 12:40

Gerhard ek maak my challenger se prop ook toe met n spar of chekkers sak toe werk vir my

0
Waar my wa staan

Arie

Thu, 01/11/2018 - 13:16

Nog nooit daaraan gedink om dit toe te maak nie, prop hang ondestebo dus kan daar geen reen in versamel nie, nog nooit in 40 jaarprobleme gehad nie?

0

Oxidation, leading to poor contact, then you have spiders / perdebye-neste ETC

That’s why in the old days we used Q20 to make sure there is no oxidation promotes good electrical contact, in a bag to stop nasties or having to grou so klomp aanmekaar-geplake-sand of a perdeby nes.

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 01/11/2018 - 21:12

Ek druk my wa en sleep waentjie se proppe onder die A-raam in,  daar kom geen reen in nie. My sleep waentjie  staan darem heeltemal on die afdak, maar die Penta se neus steek verby.

Ek gaan egter Len se oulike idees volg:

1. Daai proppe kry by Midas, en

2. Ek oorweeg nou al  getuime tyd om die kamera se proppe met gewone 7 pen proppe te vervang. Die karavaan sin is swart plastiek en ek het die male, en female spaar hier (van alluminium), wat ek dink om vir die kamera  te gebruik.

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Fri, 02/11/2018 - 04:58

Ek haal my krag "sockets" af, sit dit in n "toolbox" en as ek weer gaan kamp bedraad ek net alles weer. 

Kamp mos net een maal in vyf jaar. smiley

Grap net. My Venter wat ek saam sleep het so gat voor op die raam waar ek prop net indruk.

Die A-raam wat ek gebruik vir voertuig sleep het so op gekrulde kabel met n "socket" op elke punt, hy lê in die motorhuis, uit die wind en weer.

0
Centurion

Dusty

Fri, 02/11/2018 - 05:26

Ek maak soos Arie. Het ook nog nooit probleme gehad nie. Die enigste probleem wat ek gehad het is toe ek my sleepwa gekoop het dat die vorige eienaar het die waentjie heelwat gebruik en die punte in die prop het toe gebuig. Het dit net liggies met 'n plat skroewedraaier weer oop gebuig en dit werk nog steeds. Daar moet 'n mens versigtig wees want die punte breek baie maklik. Die karavaan staan tuis in 'n toesluit motorhuis.

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 02/11/2018 - 05:41

Ek het die houertjie voor op die waentjie in sit hom daarin, nou al 5 jaar en dinge lyk nog goed. Aan die voertuig se kant, 10 jaar, het die bedrading skroewe al begin roes en moes ek los draai en Q20 spuit.

OP die punt van Q20 -  as ek reg onthou het Q20 geleidings vermoë ?  Maar WD40 het nie?  M.A.W  Q 20 word nie eintlik aanbeveel vir elektriese toerusting nie maar WD40 wel?

0
Elarduspark

GerhardM

Fri, 02/11/2018 - 07:17

Ek het van die Mr Mckenic 9-in-1 technology oil by die huis wat ek gebruik. 

olie

Ek het jare terug toe ek nog tussen kliente rond gery het, so blikkie olie gekoop vir R90 (2007) want 1 van die ander tegnikuste het gesê dis die beter opsie, 4 jaar later loop ons by Builders Attebury Value mart in en daar staan iemand wat die olie bemark. Tot my verbasing spuit hy 'n boor masjien vol en druk hom in 'n bak water en laat die boor masjien onder die water werk. surprise Ek sal die proppe met die spuit nou.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 02/11/2018 - 08:02

Tot my verbasing spuit hy 'n boor masjien vol en druk hom in 'n bak water en laat die boor masjien onder die water werk. surprise

Dit klink na 'n plan, dankie Gerhard.

0

Tot my verbasing spuit hy 'n boor masjien vol en druk hom in 'n bak water en laat die boor masjien onder die water werk. surprise 

Now there's a bloomin good plan.......... I know a few fellas here that I would do the demm, give them an unsprayed drill and say See! now you do it...laugh

But yes Q20 is not the best medium for electrical contact, but is good to stop oxidisation of the alliminium outer casing and the brass pins...

BTW, I'm currently running a long term experiment on the effect of Q20 on plastic, as we manufacture the caps for Q20......... After 500 H immersed in the liquid the plastic cap has gone soft.

Caps removed after 250H have gone back to the same as the control samples

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus