Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Len... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -1 hour ago
groen Kgalagadi... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 hours ago
Etoll Voertuiglisensie Geert -6 hours ago
Die Auobrivier Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago
Voortrekkery Voertuiglisensie Rona du Plessis -7 hours ago

November 2018 Koffiekroeg

Brackenfell
Submitted by HennieBo on
Forums
Goeie more almal. Voorlaaste maand van 2018.
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Mon, 05/11/2018 - 14:37

Lekke om weer te sien / hoor tannie Hessie dog julle is land uit

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 05/11/2018 - 14:39

Ek lees ook baie selektief en as 'n post my pla dan klip jy op die . . . dots en merk "Skakel kennisgewings af vir hierdie plasing"  ok myne is gestel op Afrikaans.

 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Mon, 05/11/2018 - 15:00

Nee ek weet ook nie hoe om die rekening te sluit nie, ek gaan maar net nie meer op FB nie.

Ek het regtig begin skaam kry vir my mede burgers wat so ligelowig is en alles vir soetkoek opeet, en dan heel te maal op loop gaan daarmee.

En dan die kamstige mensehandel, ja ons weet almal dit gebeur, ongelukig 'n wrede waarheid, maar soos dit daar gaan lyk my word daar elke min 'n kind in SA ontvoer???

Daai boodskappe van hulp vir 'n vermiste, as jy mooi na die foto kyk is daai persoon al 4 jaar vermis, en dan nog in Europa of erens, wat is die kans dat ons hom of haar hier sal sien en dan nog herken na drie jaar??

Nee wat ek het net eendag besluit hier bly ek weg, 'n pot bollie.

 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 05/11/2018 - 15:28

Ek hou ook nie van Facebook nie.  Ek wil eintlik graag weet - die Kampforum facebook groep, is dit 'n "closed group" net vir lede om te sien of sien jou "friends" wat nie lede is van Kampforum nie ook as jy daar kommentaar lewer?

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 05/11/2018 - 15:43

Jammer, dan gaan ek definitief niks daar skryf nie. laugh

Dit is winter in die Baai vandag.  Alles is toegezip en die verwarmer is aan in die tent.  Hierdie kamp het regtig die snaakste weer opgelewer.  Warm en koud en winde en reën, elke dag iets anders.  As mens na die weervoorspellings kyk is die hele land se weer bietjie deurmekaar op die oomblik.

 

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Mon, 05/11/2018 - 15:47

Wyfie hou vanaand tot laat toesig. Gaan wors en slaptjips gaar maak, so lekker olierige besigheid. Dit lanklaas gehad, kannie wag nie, wink

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 05/11/2018 - 15:48

Chris, ek gaan vir jou die inligting "copy en paste" hoe om fb te delete.

How do I permanently delete my account?

Before deleting your account, you may want to log in and download a copy of your information (like your photos and posts) from Facebook. After your account has been deleted, you won't be able to retrieve anything you've added.

To permanently delete your account:

  1. Tap Main Menu at the top right of any Facebook page.
  2. Scroll down and tap Settings.
  3. Scroll down to the Your Facebook Information section and tap Delete Your Account and Information.
  4. Enter your password and tap Submit.

Die rekening sal na 30 dae permanent delete wees om jou kans te gee om daaroor te dink.

Ek het geen idee hoe dit gebeur het dat ek meer as een fb rekening kon kry nie, tot fotos was op al die rekeninge, inligting die lot. Dit was groot gesukkel om die wag woorde te kon herwin, maar ek kon dit reg kry.

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Mon, 05/11/2018 - 15:59

Hehehe, ag toggie, dankie oom Johann, ag my skattebolletjie oompie, dit is my meisie maand, partykeer kom die innerlike aunty in my na vore.  

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 05/11/2018 - 16:14

Ek het nou daardie instruksies presies gevolg. Daar word gesê dat dit 30 dae sal neem - waartydens jy nie moet in 'log' nie. Ek vertrou dit gaan werk.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Mon, 05/11/2018 - 16:39

Die mense wat my vriende op FB is, moet my net laat weet as hulle nie meer daar op wil wees nie, Dan kan ek julle Un-befriend.

Daar is meisies wat tou staan om vriende met te wees en ek het net plek vir 200 vriende.

OK, wie moet ek afhaal by my op FB ???? smiley

1) Arie

2) Anton ?

3) Johann ?

4) Deon ?

5) Tannie Hester ?

6) Groot G ?

7) ens.

Ek het al my ou Wegsleep friende opgesit, toe wegsleep gevou het, sodat ek darem nog kontak met hulle kon hê.

Ek ignoreer al die negatiewe dinge op FB en lees nie alles nie, net soos op die Forum.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Mon, 05/11/2018 - 16:44

Antie

Ek gaan Donderdag aand al begin kamp, maar gaan Vrydag deur die dag kom werk en dan is ek af vir die res van die tyd smiley.

Yvonne moet "cater" vir kos vir so 180 mense by die kamp terein (Kersfees ete van motorhome club) so ek sal seker daar moet help

Soetdoring is ongelukkig 4 km van my kantoor af.

Hoop die weer is lekker

0
Uitenhage

neelsec

Mon, 05/11/2018 - 17:14

Hier by ons ook maar n regte winters dag ,as dit nie reen dan waai die wind ons bly ook maar in die karavaan

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus