Na aanleiding van die Karavaan Brandblusser draad het ek besluit om maar die kans te vat en my 9jr oue brandblusser wat nog nooit, sedert ek hom in 2009 aangeskaf het gediens was nie, vir 'n toets lopie gevat.
Volg die oorspronklike Brandblusser draad hier: Karavaan Brandblussers
Kyk die video van die toets hieronder. Het die ou ongedienste brandblusser toe gewerk? Kan 'n mens die kans vat om te vertrou dat solank hy nog in die groen is hy sal werk?
Julle skuld my 'n nuwe brandblusser ![]()
Mooi man, nou weet jy hy is…
Mooi man, nou weet jy hy is reg
vat hom vir n recharge en wonder of dit deegik gedoen is.![]()
nou weet jy hy is reg Nou…
nou weet jy hy is reg
Nou weet ek hy was reg ![]()
Die spesifieke een was agter in my voertuig wat ek amper daagliks gebruik. Wonder ek nou of die daaglikse ry en vibrasies moontlik kan voorkom dat die poeier kompakteer en die rede is hoekom hy nog gewerk het? hmmmmmm
Wel, ek het nog een wat hier op my stoep staan, 'n 2013 model, sonder enige beweging of vibrasies
- wonder of hy nog reg is?
Dankie Anton, jammer jy het…
Dankie Anton, jammer jy het nou gemors
, maar ek vermoed dat die voertuig se vibrasies dalk verhoed het dat die poeier kompakteer? (Is mos 'n Volkswagen, die goed skut jou vals tanne stukken
)
Ek sal maar liewer veilig speel, en gereeld laat diens, kos baie minder as 'n moontlike vuur skade.
Johann ek het eintlik gehoop…
Johann ek het eintlik gehoop die ding werk nie meer nie sodat ons die punte wat genoem was kan staaf, en toe hy begin spuit skrik ek amper my alie af! ![]()
Anton, ek kan myself indink…
Anton, ek kan myself indink hoe jy moes voel, nou kos dit 'n hervul, en jy het die negatiewe, negatief bewys![]()
Pleks jy eers 'n vuur gemaak…
Pleks jy eers 'n vuur gemaak het en toe daarmee gespuit het. Ons het nou nie gesien of hy darem nog 'n vuur kon blus nie.![]()





Dankie Anton, nou kan ek…
Dankie Anton, nou kan ek weer lekker slaap, weet myne is dan ook reg?