Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Morganbaai en Yellow sands Oos Kaap oorde Wessel Strydom -13 minutes ago
Wessel, Yellowsands is… Oos Kaap oorde Herman Goossens -21 minutes ago
Herman G Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Johann.... Oos Kaap oorde Wessel Strydom -1 hour ago
VSA Oos Kaap oorde Johann L -1 hour ago
Ja, ons geniet die somerweer… Vakansiebeplanning 2026/27 Herman Goossens -1 hour ago

November 2018 Koffiekroeg

Brackenfell
Submitted by HennieBo on
Forums
Goeie more almal. Voorlaaste maand van 2018.
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 20/11/2018 - 08:58

Môre sê Kampforum.

Was gisteraand by Tinus in Wilgers.  Daar het dit gereën maar niks hier by die huis nie.

Sterkte almal.

Genuet jou dag in vrede.

0
Middelburg

Noel

Tue, 20/11/2018 - 10:02

Goeie more almal. Baie dankbaar vir die reen afgelope 3 dae 44mm reen gemeet. Witbank se krag is nog steeds af van gisteraand 7 uur af en was Sondag hele dag ook af. Gooi 800KVA generator elke 8 ure 1000L diesel.

Baie sterkte vir die met die siekte en dra hul met gebede asook vir Harry met kragonderbrekings. 

Lekker dag vir almal yes

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 20/11/2018 - 11:15

Nou raak dit tyd om te begin dink aan Kersfees kos.  Ek het nou by my slagter 'n gaar Gammon en 3 plaashoenders gaan bestel vir Kersfees.  Die een hoender wil ons vir die vrou gee waar ons karavaan onder haar afdak staan.   Dit is al wat ek hierdie jaar koop.  Ons gaan by Colin se kinders, saam met nog van hul familie, Kersfeesdag deurbring en al wat ek moet maak is die Trifle.   Ons is vasberade om hierdie jaar 'n ekonomiese Kersfees te hê en nie geld onnodig uit te gee nie.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 20/11/2018 - 11:48

Goeie môre !

Hier by ons ook koelerig met 'n halwe milimeter reëntjie wat geval het.  Dis nie nou ons reëntyd nie, maar so 'n lekker bui sou heerlik gewees het.

Ja Freda, oor 'n maand is ons vlakvoor Kersdag en vir my is dit altyd wonderlik dat soveel mense probeer om saam met familie en vriende dié dag deur te bring. 'n Mens moet sulke bymekaarkomste koester en nie verwaarloos nie.  Ongelukkig is dit ook 'n dag vir vergete eensames om verder te vereensaam.

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 20/11/2018 - 12:13

'n Mens moet sulke bymekaarkomste koester en nie verwaarloos nie.  Ongelukkig is dit ook 'n dag vir vergete eensames om verder te vereensaam.

Len, dit is so waar.

Hierdie Kersgety is ons nie by ons kinders nie maar gaan ons vir ons vriend in Danabaai kuier wat vroeër vanjaar sy geliefde vroutjie verloor het na 47 jaar saam. Dit gaan maar 'n moeilike tydjie vir hom wees aangesien hulle ook nooit kinders gehad het nie.

Ons is gewoontlik hierdie tydperk by die huis saam ons kinders en kleinkinders, maar wil hom maar gaan ondersteun en bietjie makliker maak.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 20/11/2018 - 12:29

'n Baie mooi gebaar Hennie !

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 20/11/2018 - 12:43

In reply to by Len Loader

Ag Len, hy is maar soos 'n Ouboet vir my.

Ons is al oor die 22 jaar vriende. My Downs dogter het elke jaar Sept afgevlieg na hulle toe vir so 2 weke vakansie en dan het ons maar elke Feb/Mrt afgegaan Hartenbos toe. My dogter was juis verlede jaar Sept daar toe oorlede Lola gediagnoseer is.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 20/11/2018 - 12:55

Hennie, dit is inderdaad 'n mooi gebaar, en ek glo jou kinders en familie ondersteun julle ten volle in die saak.

Sulke vriende is min gesaai👍

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Tue, 20/11/2018 - 13:26

Hennie, sulke vriende is maar yl gesaai. Ek het ook so 'n vriend gehad. Het mekaar deur dik en dun by gestaan. Hy was so 10 jaar gelede gediagnoseer met 'n brein tumer. Hy is so 9 jaar gelede al weg. Sy weduwee bly nog steeds langs ons. Ons was vriende vir 20 jaar voor hy weg is. Baie dae mis ek hom nog steeds.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 20/11/2018 - 15:22

In reply to by Len Loader

My pos gister, die 19de :-

Ag asseblief !

Dankie.

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Tue, 20/11/2018 - 16:10

Middag almal.  Nou eers gou n kans gekry om gou te kom nloer.

 

Deon, hoe gaan dit nou met jou gesondheid?

My broer, net jonger as ek, het gister 'n ligte beroerte gehad, hy het nie 'n medies nie en my skoonsus moes na die staats hospitaal toe met hom. 

Johann baie sterkte vir jou broer.  Dit vat baie lank om weer reg te kom.

Dankie vir die belangstelling.   My regterkant voel nog steeds geen tempratuur nie en is ook maar nog so n bietjie kui ( nie dat ek dit agterkom nie. Ek is mos maar van natuure lui).  Ek het ook besluit om nie nou die nek ding te doen nie.  die dr. reken pynpille is minder gevaarlik as die opperasie in my geval. 

Gebruik maar nog steeds die tee en die help baie of dalk worry ek nie as ek dit gedrink het nie laugh

 

Mooi dag vir almal.  Ek sal maar weer kom loer as en n kans kry.

 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 20/11/2018 - 17:08

My regterkant voel nog steeds geen tempratuur nie en is ook maar nog so n bietjie kui 

Dan het jy nie meer 'n braai tang nodig om die vleis om te draai nie? wink

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus