Ek is sommer lus om los te trek met 'n geselsie oor ons Wildtuin-trippie oor 138 dae in Mei 2020 ! (Bereken vanaf 12 Desember 2019)

Ek het.............
................verneem die Kruger Wildtuin het heerlike, harde reën die afgelope dag of twee gehad, vanaf die baie droë suidelike deel tot minstens by Phalborwa en Letaba in die middel van die Wildtuin. Dis natuurlik fantastiese nuus en ek hoop die noordelike dele waarheen ons in Mei oppad is, gaan ook lekker reën kry.
Dit bly verstommend hoe vinnig die natuur reageer op heerlike reën. In Mei hierdie jaar het ons ook kort-kort lekker reën gehad - kyk hier :-
Suid van Balule geneem :
En dis hoe ruig en gesond die gras lyk na goeie reën :-
Selfs die riviere in die winter, lank na die reënseisoen vloei nog wyd. Gewoonlik in die winter net 'n effense stroompie :-
Len, ek hou duime vas dat…
Len, ek hou duime vas dat die reën reg sal val voor julle gaan. Daar moet 'n lushof op julle wag.![]()
Len en wiltuin
More Len en al die wiltuin mense ek gister aand gekyk na Vrydag 4 uur nice program die twee het bo by musina ingegaan en gekamp by punta maria en shingwetsi eish spelling Len daai twee kampe is lekke stil maar tog baie om te sien![]()
So iets vir Len om na uit te…
So iets vir Len om na uit te sien.
Net om...................
..............my eie geheue te verfris, dis nog net 113 dae en dan is dit sulke tyd.
Gegewe almal wie se jaarlikse vakansie nou verby is, op sy rug lê, en terug is by die werk, skool en universiteit, dink ek dit is gepas om almal te laat weet dis een van die dae ons oues van dae se beurt !
Len, ja so snel die tyd…
Len, ja so snel die tyd verby, en ons oues van DAE lw, nie jare, kan nou weer begin kamp.
Dis nou weer 'n lekker…
Dis nou weer 'n lekker lusmaker Len, my bespreking vir Aug/Sept in die week gedoen.
As alles volgens plan verloop .....
.. dan is ons darem oor 13 dae vir ons kort (9 nagte) besoek in die wildtuin. Ons vertrek volgende Saterdag (19 Jan) tot Travalia by Drie Susters. Sondagaand slaap ons by 'n Lekkeslaap plek in Warrenton teenaan die (vuil) Vaalrivier. Vanaf Maandag tot Donderdag lê daar 'n bietjie werk voor met kliënte-besoeke, maar ons bly darem vir daardie vier aande by ATKV Buffelspoort. Die Vrydag ry ons tot by ons onlangse toermaats (wat ons vergesel het na die Noord-Kaap en suide van Namibië) in Tzaneen en Saterdag 26 Jan ry ons oom Paul se plaas binne by Phalaborwa-hek.
Hopelik kan ek Len se lus 'n bietjie groter maak met 'n verslaggie oor ons paar dae op die plaas.
Julle manne kan darem fyn …
Julle manne kan darem fyn "bragg" nè ! Hierdie gaan weer n swak kamp jaar wees, ouma Von se 2 wees katjies het al wat n plan is beduiwel. Maar om haar permanent met n glimlag te sien oor die twee, sal ek saam grootmaak.
Chris,...................
........................ek sal graag van jou wil hoor hoe lyk die veld. Sommige berigte is dat dit baie droog in die Wildtuin is en dan kort-kort sien mens fotos op sosiale media van heerlike reën wat in die Wildtuin val. Ek merk egter op Latest Sightings se FB-blad dat in feitlik alle fotos en videos is dit ruig, lower groen gras. Terwyl ons vir Chris se verslaggie moet wag, wat sê ouens wat nou onlangs daar was ?
Chris.................
Chris, ek hoop julle gaan riviere aan die loop sien in die Wildtuin want dit moet 'n belewenis wees. In Februarie 2000 was dit die groot vloede waar die watervlak-merke oral by brûe aangedui word. Ook op 19 Januarie 2013 en dan die groot vloed op 7 Januarie 2017 waar die hele Shingwedzi kamp verspoel het.
Dis nog 'n toekomsdroom van my om die riviere te sien as hulle tydens 'n vloed afkom.
Januarie en Februarie 2019 is nog nie verby nie !
Riviere in vloed
Middag Len
Ek is onseker of ek Kruger se riviere in storm vloed wil sien en beleef. Ek dink dit gaan mens bang maak.
Ek het langs die Breerivier groot geword en jaarliks die rivier in volle vloed gesien. Dit is mooi totdat jy sien hier kom nou diere verby, dan trapfietse en dan plaaswerker huise.
Ek weet dat die Krokodilrivier met vorige vloede huise van 'n sekere vooraanstaande Stellenbosch sakeman net eenvoudig saamgesleur het.
Ek gun elke gebied goeie reen, en wat daarmee gepaardgaan, maar sonder skade en verlies.
Tog, ek dink ek verstaan die boodskap wat jy wil tuisbring. Ek is eerste week van Junie in wille tuin, en hoop ook vir dikgevrete diere by dosyne ens.
Groete
Wessel
Vloede
Ek sien hierdie vandag op SANPARKS se Twitter: :
"Today we remember the Shingwedzi Flood exactly six years ago. We pay tribute to the brave individuals that came forward and lead the staff and guests to safety, those that flew under harsh conditions to save staff off rooftops and out of trees!"

Wessel......................
.....................ja, uit die aard wil ek nie vernietiging en skade sien of ervaar nie, maar dit moet wonderlik wees om die Shingwedzi-, die Letaba- en die Sabirivier in vloed te sien. Veral die Letabarivier wat met 'n draai voor die kamp verby kom. Selfs die breë Olifantsrivier wat hoog en veilig vanaf Olifantskamp gesien kan word.
Miskien is my wens gegrond daarop dat ons altyd in die laat herfs en winter Wildtuin toe gaan, dan is hierdie riviere maar almal pieperig.
Kruger riviere
Middag Len
Ek stem saam, ek het al menige kere daar op die Olifansbrug gestaan, of afgekyk uit die hoogte van die kamp en gewonder hoe dit moet lyk as die riviere vol loop.
Daar is darem 'n fyn lyn tussen mooi en skrikwekkend . Ek onthou die verhaal van die Franse dambouers;
hulle kon nie glo toe hulle in winter by die Oranje kom en verneem die boere wil die massiewe wal daar bou nie. Volgens oorlewering het hulle die koppies uitgehardloop toe hulle die einste Oranje die eerste keer in vloed sien.
Groete
Wessel
Len .....
... ek het Vrydagaand met my vriend in Tzaneen gesels. Hulle was verlede naweek in die wildtuin. Ek het nie gevra in watter kamp hulle was nie (gewoonlik Satara of Maroela). Hulle het by Phalaborwa uitgegaan. Hy sê orals waar hulle gery het, is dit lowergroen, maar die seisoenale riviere loop nog nie.
Ek het eenkeer (Des 2001) die voorreg gehad om die Timbavatirivier sterk te sien vloei.
Ek sal bietjie terugvoer gee vanaf volgende Saterdag.





Jy's reg Wessel. CAM is…
Jy's reg Wessel. CAM is Caledon se registrasie. Maar Kleinmond val onder Caledon landdrosdistrik. Dieselfde geld vir Villiersdorp, Greyton en Riviersonderend. Al laasgenoemde dorpe vorm saam met Caledon die Theewaterskloof munisipaliteit. Maar Kleinmond is deel van Overstrand munisipaliteit saam met Hermanus, Stanford en Gansbaai.