Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Bly julle het goed gery... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Selfde een Neef Herman Aartappelsop (Vichyssoise) Rona du Plessis -1 hour ago
Von maak net so sop, maar sy… Aartappelsop (Vichyssoise) neef Herman -2 hours ago
Well done Chris en Ralie… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -3 hours ago
hier kom brommer bollie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
Veilig by die huis Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago

Desember 2018 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more medekampers.

Die eerste dag van die laaste maand van 2018. Saterdag en gaan besig wees. Moet ook "load shedding" in gedagte hou. Dit is mos nou weer in volle werking 

Geniet die dag tenvolle

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sun, 16/12/2018 - 07:45

More almal, mag julle 'n wonderlike dag beleef.

Almal wat met vakansie is geniet voluit, die wat b y die huis is, julle beurt sal kom.

Harry ek is bly jy kon plan maak en darem so bietjie wegbreek.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 16/12/2018 - 07:45

Wat is filterkoffie...... ? 

Ook soms slootjiespens. 
PITKOFFIE: Hy vra of ons koffie wil drink. Hy sê: “Wil jy slootjiepens of nylon hê?” Die koffiepit het ’n slootjie. Nylon is kitskoffie  “Slootjiepens,” herhaal hy, en toe hy sien ek verstaan nie, “pittekoffie. En regte oondbrood” (G. Weideman: Draaijakkals, 1999, 118).

0
Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Sun, 16/12/2018 - 08:05

Ja Anton, en heel dikwels koop ons pit-/slootkoffie en maal dit self. Smaak darem soveel beter as nylon-/plastickoffie. En as dit dan bietjie tyd vat, so what? Ons afgetredenes het die mos tyd

0
Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Sun, 16/12/2018 - 08:26

Wa-a-at. Dink jy dat na alles wat ek hierbo van jou gelees het ek jou vir ' bier gaan nooi? Met jou reputasie?!

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Sun, 16/12/2018 - 08:31

Oom Sarel, mens moenie alles glo wat op sosiale media geskryf word nie. Regtig, party mense draai die waarheid se arm mors af. Vat nou maar oom A...., wag laat ek nie name noem nie. 😇😇😇😇

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 16/12/2018 - 08:40

Sarel, jy moet oppas.  Lyk my as jy Gees nie nooi nie, dan kom hy sommer ongenooid.  In jou drome, kom wandel hy rond in jou huis.   Nou weet ek wat hy gesoek het....  bier!!

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 16/12/2018 - 09:09

Ek sien nou eers, dit is 'n lang naweek die👍

Sarel, as 'n reel, drink ek net as ek kamp koffie, (sakkies) andersins verkies ek soggens net een koppie tee, daarna slaan ek oor na Coke, en weereens, as ek kamp, gooi ek ys in my Coke, maar by die huis drink ek nooit ys in my Coke nie.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 16/12/2018 - 20:47

Goeie naand Kampforum !

Harry, jammer om van jou teenspoed te verneem, maar geluk met die vinnige alternatiewe oplossing om tog saam met jou vriende te kan kuier.

Vrydag sleep'n vriend van ons 'n Conqueror met 'n ??? (gaan nie sê wat nie - ek sal nooit die einde daarvan hoor nie) vanaf Secunda na Mosselbaai toe en naby Bloemfontein verloor die kar skielik krag en gaan staan toe.  Dis Vrydag met 'n langnaweek in sig en daar staan hulle langs die pad, pa en ma met twee klein dogtertjies.  Hulle versekering stuur 'n "low bed" (dis 'n outomatiese kar) maar hulle moes R1300 opdok om die Conqueror aan die "low bed" te haak.

Saterdagoggend bepaal die agente dis 'n foutiewe petrolpomp, maar daar is nie een in Bloem beskikbaar nie.  Hulle karring toe maar verder aan en kom met 'n gesukkel in Mosselbaai aan. Dinsdag sal die petrolpomp vervang word.  Dis altyd 'n groot teleurstelling as 'n mens teenspoed het oppad na 'n vakansie-bestemming.  Laat my dink aan twee jaar gelede toe my Pathie se sondak oor 'n langnaweek tussen Buffelspoort en die Kruger Wildtuin in stukkies ontplof het.  Tog verbasend hoe vinnig 'n mens 'n plan maak as 'n vakansie op die spel is

Lekker aand  en vakansiedag môre aan almal !

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Sun, 16/12/2018 - 23:11

Oom Len, n tyd terug het oom op n draad gesê, iets soos as daar fout is, of dalk meer as daar n voor gevoel is dat iets fout is skenk dadelik aandag en maak dit reg. Daai jakkalsies kan mens injaag.

Oom Neef het ook gepraat van vervang dinge voor dit jou inhaal. Ek probeer daai filosifie nou leef, maar shit kan stil gebeur, maar met bogenoemde optrede kan dit geminimise word.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 17/12/2018 - 05:54

Goeiemôre almal!  Wees gegroet hier vanuit 'n rustige oggend met hordes voëltjies wat chirp.  Ai wat' n seëning om vanoggend hier te kan wakker word saam met my my gesin (alhoewel hulle nog lê en slaap smiley​​​​​​)

Lekker dag vir almal! yes Ek dink vandag gaan dit weer vrek warm word surprise

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 17/12/2018 - 05:58

Anton, ek glo jy voel heel tevrede met die lewe vanoggend!   Bly julle is veilig en geniet dit.

'n Baie lekker dag vir almal op die forum.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Mon, 17/12/2018 - 06:32

More almal Anton geniet hom vir die wat kamp vir die by die werk soos ek en die by huis is gaan groot skink daai koffie of tee hier loop hy soos stroop

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus