Ek het by Eastco Magalies genoeg gehad van vlië wat pla, en soek al maande na so waaier wat ek by Checkers gesien het. Maandag stap ek by hul winkel in om Doom te gaan koop, en daar staan twee van die goed op die toonbank.
Die kok vertel my hulle verkoop dit daar teen R250.00 stuk, ek het dadelik twee gevat, want ek het by Checkers, en ook by Eastco gesien dit werk. Die goed werk, hoekom weet ek nie, maar dit werk!
Shaun, ek soek nou al baie…
Shaun, ek soek nou al baie lank na so iets, op google sien ek is van hulle vir R170.00 plus verpaking en pos geld, maar dan wag jy natuurlik ook nog vir aflewering. Ek dink nie ek het te veel betaal nie.
Hou dit die vlieë net weg…
Ignoreer maar my vraag - ek het nou die skakel oopgemaak en gesien dit werk net waar dit staan. Hou dit die vlieë net weg van waar die waaier staan of werk dit wyer en indien wel hoe wyd? Worcester is omring deur Rainbow Chickens batterye so ons het hordes vlieë.
Hou dit die vlieë net weg van waar die waaier staan of werk dit wyer en indien wel hoe wyd?
Wildehont, volgens die…
Wildehont, volgens die brosjure hou dit vlië in 'n radius van 5m weg, ons het die twee in die tent gesit, (een aan elke kant van die tent) en daar was nie 'n vlieg naby die kos nie.
Hulle sê dit werk ook vir bye, maar daar was bye in die tent en om die waaiers, dus werk dit nie vir bye nie.
My vrou het gister baie gebak, en sy het die twee waaiers in die kombuis met sukses gebruik
Dankie Johann
Die waaier werk verseker ek wil ook vir my aanskaf dankie vir deel Johann
Hoe lank hou die batterye as…
Hoe lank hou die batterye as daai goed die heeltyd so moet draai? Dink dit kan nogal swaar wees op batterye?
Gerrit, ek dink die baterye…
Gerrit, ek dink die baterye behoort baie lank te hou, die waaier werk op 'n baie "sagte motertjie" dit draai nie vinnig nie.
Ek sal toets en kyk, maar ek glo dit gaan baie lank wees, die wat ek by Checkers gesien het, het die ouens gese, hulle weet nie wanneer is die baterye in gesit nie, maar dit loop 24/7 daar.
Dis darem ook net 2…
Dis darem ook net 2 penlights so dis ook nou nie so erg nie
Hoe lank hou die batterye…
Hoe lank hou die batterye
Volgens die skakel wat Johann geplaas het hou dit 30 ure
Ek dink daai waaiers maak…
Ek dink daai waaiers maak die vliee dronk wanneer hulle probeer om daarna te kyk met al hulle oë?
Kyk hoe lê die geld rond by…
Kyk hoe lê die geld rond by oom Johann, ek moet bietjie daar gaan kuier.
Ek dink dit is oom Johann se…
Ek dink dit is oom Johann se weeklikse sakgeld wat die tannie vir hom gee![]()
Shame, arme oom Lock, maar…
Shame, arme oom Lock, maar hy is eintlik bevoorreg, hy kan niks hoor as die aunty so baie praat nie. Ons ander moet maar suffer. ![]()
Blikskottel maar Johann kry…
Blikskottel maar Johann kry darem 'n moewiese klomp sakgeld per week, Petra gee my ook soveel maar net een maal 'n jaar!![]()
Dit is omdat Johann so…
Dit is omdat Johann so voorbeeldig en gehoorsaam is Arie.
Hehe, ek het paar jaar…
Hehe, ek het paar jaar gelede gelede iemand gehoor / gelees, wat sê hy koop wat hy nodig het, sal die punch vat as hy by die huis kom, maar dan is dit nie so erg nie, want hy het wat hy gesoek het😂
Dit was goeie advies👍





Dankie Johan ek het
Ek het daai waaier by ons spar winkel gesien ek ook gehoor hulle werk soos n bom