Ek slaap miskien een uit elke 200 nagte deur sonder dat ek moet opstaan om water af te slaan, en wanneer mens kampeer is jy mos maar geneig om ietsie te vat terwyl jy braai en so.
Tensy jy 'n karavaan met 'n en suite het (ek het net 'n Venter Bush Baby met 'n tent op sy dak) moet jy dan in die middel van die nag opstaan (en afklim in my geval) en ooprits (nie net jou gulp nie) om jouself te verlig. As jy boonop 'n entjie van die naaste ablusie is moet jy nog heen en weer stap ook. Teen daardie tyd is ek (en dalk een of meer van my mede tentbewoners) wawyd wakker en sukkel om weer aan die slaap te raak.
Ek het verlede jaar vir my die goedkoop kampkrip op die foto hier onder gemaak. Ek maak voor slaaptyd die tregter met 'n kabelbinder vas langs my bed aan die raam van my sleepwa, en dan rol ek net op my sy en laat waai wanneer die natuur roep. Die bottel staan buite my tent onder die sleepwa buite ander se sig agter 'n wiel, en ek maak dit in die oggend leeg en spoel alles uit met water. Werk soos 'n bom.
Dit pas nie mooi by 'n vrou…
Dit pas nie mooi by 'n vrou nie
die foto.
Ja, maar in die middel van…
Ja, maar in die middel van die nag in julle tent in Botswana terwyl die leeus buite brul of in 'n smerige openbare toilet, dink ek nie mamma sal omgee om soos pappa te kan staan nie.
Dis waar ek die eerste keer so toestel gesien het - 'n oorsese dame wat saam met my 'n toer deur Botswana gedoen het, het een gehad omdat haar grootste vrees was dat sy in die nag uit haar tent sou moes gaan om haarself te verlig. As ek reg onthou het die een kristalle ingehad wat die vog absorbeer het sodat 'n ekstra houer daarvoor nie nodig was nie.
Opslaan toilet ???
Ek sien hierdie op FB, maar dit lyk vir my darem na 'n vreeslike gedoente en baie werk om 'n eenvoudige takie uitgerig te kry? Eerste gedagte wat opkom is die ventilasie en of dit voldoende is?



Nee vaderland !
Nee vaderland, dankie tog vir my Exclusive met sy eie badkamertjie ! Voor die Exclusive het ek en Skattie maar getoer ablusie toe.
Emmerstelsel
Middag vriend
As ek so na die emmerstelsel kyk wat Voortrekker voorstel, wil dit voorkom of dit aanleiding sal gee tot die ding waar;
ringkoppe na gebruik uitkom as ringgatte.
Groete
Wessel






Hier is ‘n herbruikbare…
http://www.shewee.co.za/…