Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Sterkte vir Daan (en vir jou… Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -3 hours ago
"Opgevang" Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
Tuis Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -4 hours ago
Donker Lag 'n slag Voortrekker -6 hours ago
14 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -17 hours ago

KOFFIE?

Submitted by Admin on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal

FRANS PRETORIUS: 3 April 2017 - Goeie more, dankie Dusty, ons kry 'n sterke  koffie vanoggend. Ons deur redelike sterk aardskudding getref vanoggend so 05:10, dog ons neuk van die bed af, amper so erg as in 2014, sal hoor later oor nuusberigte wat sterkte was.

STEFAN:  3 April 2017  - Oom Google sê
An earthquake with magnitude 5.2 occurred 8km S of Stilfontein, South Africa at 03:08:51.13 UTC on Apr 3, 2017 ...
Stefan

FREDA: 3 April 2017 - Frans, jy sê jy was wakker geskud vanoggend? 

Lekker dag vir almal en sterkte aan Voortrekker wat vandag ons forum moet regkry.  Ten minste is daar nog insette, hierdie forumlede laat hulle nie afskrik deur 'n naam nie.

FRANS Pretorius: 3 April 2017 -Freda, ja, dit was ERG!!!!, sien jy jaag weer Stefan se tellertjie so bietjie aan!!!

Port Elizabeth

Frieps

Sun, 09/04/2017 - 08:18

Net so 'n mooi dag by ons.  Ons is regtig gelukkig met die mooi kampweer wat ons kry.  Al wat ek vanoggend hoor is die see en voëltjies was sing.

Hoop almal het 'n rustige en gelukkige Sondag.

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Sun, 09/04/2017 - 09:04

Dankie, het lekker koffietjie gehad!!!

Hier by ons ook mooi dag, gister en eergister eerlik gereen, allles saam so omtrent 68mm.

0
Port Elizabeth

Frieps

Sun, 09/04/2017 - 11:48

Anton, ek weet nie hoe om te verduidelik nie.  Op hierdie draad sien ek drie van jou foto's wat oor die kommentare is maar ek kan by dit verby scroll.  Dit is die foto oor die bakkie sonder wiel, Tietiesbaai en die Zebra.   Net bo dit is daar  kortpad links, 'n kamera, rooi karretjie, karavaan, potte en weegskaal wat ook oor die kommentare loop.   Dit is nie 'n probleem as ek verby dit kan scroll tot hier waar ek nou tik nie.  Maar as dit bo-op hierdie plek sou wees, soos vroeër by die Byedraad, kan ek nie kommentaar lewer nie.    Ek wil nou nie jou op hol jaag nie, dalk is dit net my rekenaar wat nie regwerk nie?   Maar die koffiedraad is nou reg.

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 10/04/2017 - 06:50

More almal.  Dit lyk my daar word laat koffie gemaak vanoggend.    Die naweek is verby en Maandag is hier.  Gelukkig is dit 'n kort week, vir die van julle wat nog werk.   Geniet julle dag en hoop niemand het 'n Bloue nie.

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 10/04/2017 - 06:54

Anton, 10 uit 10 vir jou.   Die aanwys van die draad se oorspronklike onderwerp by onlangse insette is 'n groot verbetering.  Nou sal ek nie meer een draad oor en oor oopmaak nie.  :-)

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Mon, 10/04/2017 - 07:11

Ek sal ook so vinnige enetjie neem. Dankie

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 10/04/2017 - 07:14

 

Freda

Mon, 10/04/2017 - 06:54

Aanwys by onlangse insette

Anton, 10 uit 10 vir jou.   Die aanwys van die draad se oorspronklike onderwerp by onlangse insette is 'n groot verbetering.  Nou sal ek nie meer een draad oor en oor oopmaak nie.  :-)

 Dankie Freda.  Ek het jou in gedagte gehad to ek dit gedoen het.

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Mon, 10/04/2017 - 07:52

Baie dankie, ek kry ook so 'n "laat "koffietjie!!!

Ek weet nie WIE gaan Dusty/Stoffel se plek volstaan terwyl hy afwesig is nie!!!, maar ek maak dit kwalik om 6 uur op te staan, nevermaaind nog voor die rekenaar in te skuif!!, wat dan nou nog van VROEG sorg vir koffiewater!!!!

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 10/04/2017 - 16:20

Kry ons nou reen en hael wat skrik vir niks hier in Centurion.

EK dink dit is ook oor die meerderheid van Gauteng?

--ek gaan nou 'n koffietjie drink oppie stoep en luister na die tippe tippe tap

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 10/04/2017 - 16:42

Die reenmeter loop so 1mm / min

 

UPDATE:  40mm in 50 min

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 11/04/2017 - 05:14

Wie drink al koffie?   Of hou die reën julle in die bed vanoggend?   Voortrekker, met al daardie reën gister, is dit seker redelik nat daar by julle.  Of dit gaan gebeur weet ek nie, maar ons sien 50 mm reën word by ons voorspel vir Saterdag.  Ek kan nie onthou dat ons al gekamp het met so baie reën nie.

Lekker koffie drink en geniet jul dag.

0
Johannesburg

WilleWillemien

Tue, 11/04/2017 - 07:58

More. Jip ek drink saam. Dankie.

Ek sien almal se name is "Woonagtig" va-more.:)

Die Pajero is verkoop en het 'n belangstellende vir die wit woonwa. So kom 'n era in my lewe tot 'n einde.

Sal in die toekoms met die Suzy en die tentjie gaan kamp.

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Tue, 11/04/2017 - 08:07

Dankie, Freda, ek kry  ook vinnige enetjie.

Hier by ons gisteraand weer so 5mm geval, nou sedert Vrydag se kant naby 80mm. Dis lekker nat, maar tuin-ingenieur is besig met grassnyer, dis ons Dinsdag takie hier!! Ek/ons ook besig met verf en ander wrk, maar ek dink verf gaan nie vandag plasvind, dit lyk te veel na nog reën, sal maar so bietjie staalwerk gaan doen onder die afdak.

Willie, sterkte met die nuwe uitdagings, hoop dit bring darem weer rus vir jou siel!!! Dalkies kan jy nou meer gaan visvang!!!

 

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 11/04/2017 - 08:27

WilleWillemien

Tue, 11/04/2017 - 07:58

Die Pajero is verkoop en het 'n belangstellende vir die wit woonwa. So kom 'n era in my lewe tot 'n einde.

Sal in die toekoms met die Suzy en die tentjie gaan kamp.

 Maak weg vir die nuwe avonture WW ! 

0

Jinne Willie, wat sal ek nou sê ?  Ek kan jou tog nie geluk wens met die era wat jy nou bereik het nie, maar ek is tog bly jy is ontslae van die stukkende Pajero.  En dit is met gemengde gevoelens dat ek bly sal wees as jou karavaan verkoop gaan wees.

Hoe dit ook al sy, geluk toegewens op jou planne vorentoe na hierdie veranderinge.

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 12/04/2017 - 07:13

Dankie Lolla vir die lekker koffie.  Ek het vanoggend so n bietjie later geslaap en is nie 6am op kantoor nie.

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Wed, 12/04/2017 - 08:10

JIp, dankie vir myne se koffietjie ook.

Ons staan ook maar later op die dae wat die tuin-ingenieur/huiswerker NIE kom nie, het ons dae van vroeg opstaan vir 35 jaar op langer gehad!!!

Nou is ons oud, en dis slegs pyne en skete wat ons vroeg opkry!!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus