Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -10 hours ago
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -20 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -20 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 day ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 day ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -1 day ago

Sleep veilgheid "Tips en tricks"

Vaalpark
Submitted by Johann L on
Forums

Ek begin hierdie draad na aanleiding van wat met myself, en ook nou met Wildehont gebeur het.

Ek voel ons kan mekaar hier van nuttige wenke voorsien, ek sal begin met een, wat ek glo almal van bewus is, maar wanneer jy in die nood kom, nie altyd kop hou nie.

Eerstens, wanneer daar fout gaan met enige wiel van jou voertuig of gesleepte voertuig 

Bly kalm,

Moet onder geen omstandighede rem trap nie, haal jou voet van die versneller af, en laat die voertuig of kombinasie self tot stilstand kom.

Ratte kan tot 'n mate gebruik word, mits dit egalig gebeur.

Die enigste uitsondering op die reel is, sou jy in 'n groter gevaar "in stuur" as jy nie rem nie, dan rem jy so "sag'' as moontlik.

Johann die eerste video van Caravan Guard is die een waarna ek verwys het.  Ek het ook een van die hake op my kabel vervang met die "Carabinier clip" waarna die oubaas verwys in die video.  Insiggewend!

0

Die ouens wat swaar Boskaravane sleep, is julle seker daai kabeltjie gaan sy werk doen. Ek het nou al 3 ouens tee gekom wat se kabel gebreek het, en nie in die ry nie maar wanneer hy dit afgehaak het en die kabel vergeet het . Dit het met al 3 die ouens gebeur. So my vraag is hoe sterk is daai kabel werklik, vernaamlik as hy genak en om die skerp kante van 'n sleephak is. Ek self glo maar aan 'n ketting en myne word vasgeboud aan die Kampwa en nie geweld nie. Dalk is hier ouens wat ondervinding het van so-iets.

0

Môre Tora

Ek lei af die manne se kabels het perfek gewerk, om te breek na die rem opgetrek is.

Ek het ook dit al oorgekom om met afhaak, teen effe afdraende. te vergeet om handrem self vas te trek, en/of klip agter wiel te sit. Gelukkig het ek kabel afgekry voordat dit styfgetrek het.

Daai kabel moet juis nie die kombinasie gekoppel hou in 'n noodgeval nie. Dit moet rem vastrek en dan loskom.

Die ander algemene fout is om die ligte se kabel te vergeet. As wa dan begin terugloop, kan dit die koppeling en/of kabel beskadig. Ek prober altyd eers al wat 'n kabel is ontkoppel, dan handrem optrel, en dan eers die wa afhak.

Groete

Wessel

 

 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 27/05/2019 - 11:20

Hierdie draad help baie, maar ek het soortvan 'n probleem met hom.  Sou jy iets soek dan gaan dit beteken jy moet deur die hele (nou 4 bladsye) spul gaan opsoek na wat jy wil weet.

Soos die een van Frik "Na aanleiding van die naweek se dubbel moorde naby Benoni.........SORG DAT JOU VOERTUIG ALTYD GENOEG BRANDSTOF IN HET."

Dit raak net weg ?  sad

Ek sal moet gaan kyk op die Ford of daar nie 'n beter plek is vir daai kabel nie want dit het my nog altyd gepla wat gebeur sou die haak breek ?

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 27/05/2019 - 13:22

Willem, soos ek ook verstaan, moet die kabel juis nie beskadig word nie, net die handrem vas trek, en dan die o-rung breek om die wa af te haak. Jy gaan wel die 7 pin prop, of die drade beskadig, maar dit is niks in vergelyking met wat kan gebeur as die wa jy sleepvoertuig tref nie.

Ek het ook al self gekyk na 'n alternatiewe manier om die kabel te haak, tans is die bal die enigste manier.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 27/05/2019 - 14:38

Ek het gaan kyk na myne en die beste vir my lyk of ek 'n gat aan die onderkant moet boor om die kabel daar te hak.

.

Die ander opsie is om 'n plaat aan die boonste bout regs vas te bout met 'n gat om hom daar aan te hak.

0

Middag vriende

Julle ouens moet nou nie verkeerd tewerk gaan nie. Is die korrekte koppeling dan nie juis dat die kabel om die bal se basis gaan en dan inknip aan ditself nie?

Ek dink NIE die idee is om die kabel direk aan enige punt van die voertuig te koppel nie.  

Groete

Wessel

0

Is hier iemand wat se karavaan al afgehaak het, wat kan bevestig dat die kabel werklik effektief werk. Ek sleep my lewe lank 50 jaar Basies alles, Bote, karavaan, Boskaravaan. In die tydperk het ek net 2 insidente gehad waar die Sleepsel afgehaak het in die ry. Al die Trailers en kampwaens het 'n ketting aangehad en almal het aan die ketting bly hang nadat dit afgehaak het. Geen skade aan die voertuig nie.In net een geval het die jokkiewiel skade opgetel. Wat my pla is as dit afhak en die kabel nap steek die neus mos in die grond. en kan dit erg beskadig. Ek sal beslis nog my ketting beginsel gebruik al het dit die kabel. 

0

Julle kan gerus kyk na die video wat ek en Johann bespreek het en wat deur hom geplaas is op die forum.  Daar word spesifiek genoem dat, indien moontlik, die kabel nie om die bal self gehak moet word nie.  Hulle sê dat wanneer die hak sou loskom is daar 'n moontlikheid dat die kabel ook kan loskom.  Ek heg nogal waarde aan die video aangesien dit 'n amptelike video is van die Britse karavaan vereniging en die ou wat daar praat is hulle veiligheidsbeampte.  Of die kabel beter is as die tradisionele ketting wil ek my nie uitspreek nie - genadiglik het ek nog nie een van die twee getoets nie!!

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 27/05/2019 - 17:14

......ek was vir jare ook 'n gebruiker van die remkabel EN die gebruiklike ketting. Ek is egter oortuig deur die ou wat my mover geïnstalleer het dat die remkabel kan nie in werking kom as die ketting hom verhinder om styf te trek nie.  Ons het dit in 'n stilstaande posisie getoets : My wa is afgehaak en het op sy jockey gestaan. Die kabel en ketting is oor die sleepbal geplaas en my sleepvoertuig is stadig vorentoe gestoot.  Op die punt toe die ketting styf gespan het, was die kabel nog slap en kon nie die handrem aktiveer nie. My mover-installeerder was fisies teenwoordig waar 'n Exclusive afgehaak het en aan die ketting bly hang het, maar in die sleepvoertuig vasgery het en is ook tot agter die neuskas beskadig.

Ek het my 14-jaar oue Exclusive wat destyds SONDER 'n ketting en net met 'n remkabel vervaardig is en waarvan ek self 'n ketting laat aansit het, onmiddellik weer die ketting verwyder omdat ek met my eie oë gesien het dat 'n 2-ton sleepding alleenlik met 'n remkabel tot stilsstand gebring kan word. 'n Afhaak-probleem op spoed en veral teen 'n afdraende met 'n ketting sonder 'n remkabel of 'n remkabel wat verhinder word om te aktiveer gaan jou karavaan en sleepvoertuig aanmekaar sweis.

Ns. As 'n ketting vir jou baie belangrik is saam met 'n remkabel, kan jy wel beide gebruik mits jy 'n baie lang ketting gebruik (wat amper op die grond moet hang) om te verseker dat daar genoeg speling is vir die remkabel om die handrem styf te kan optrek.

0
Lennox Head, NSW

Pierre

Mon, 27/05/2019 - 17:22

As 'n mens die verskillende omstandighede ontleed waaronder die treiler, karavaan, boswa ens. kan loskom redeneer ek so:

As die hak nie ordentlik gekoppel is nie en afkom gaan dit gewoonlik op lae spoed wees soos oor 'n spoedhobbel in die kamp  - daar moet opwaartse beweging wees van die hak om te ontkoppel en die kabel sal moontlik dan ook opwaarts beweeg en kan loskom vanaf die bal.  Indien die meganisme wat die hak sluit op die bal om een of ander rede sou faal moet daar ook opwaartse beweging van die hak (en die kabel) wees vir die treiler om te kan loskom. As die bal self of sy struktuur sou faal kan die treiler loskom sonder opwaartse beweging en dan beteken dit die kabel kom ook los as dit aan die bal sou vas wees. As die kabel aan 'n ander plek op die trekstang gekoppel is kan dit nie loskom tensy die hele strektang faal nie.  In laasgenoemde geval sal eintlik niks die treiler stop nie.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 27/05/2019 - 19:01

Pierre, dit is nou netjies uiteen gesit, dink eers die " cause and effect" uit. Nou gaan ons helfte scenario kry waar die ketting werk, en die ander helfte vir die remkabel. Catch 22 ?

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 27/05/2019 - 21:13

Dus,

As die ketting lank genoeg is om net voor die Avraam op die pad vas steek aan die bal ketting hang moet die kabel amper styf wees om die rem vas te trek voor die ketting styf is ?

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 27/05/2019 - 21:33

Herman, soos altyd, gee jy 'n baie goeie samevatting van 'n situasie, en ek gaan myself in die kraal van rem kabel sit. Sou my wa ooit af kom, kan dit maar gaan waar dit wil, solank my sleepvoertuig gaan waar ek wil.wink

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 27/05/2019 - 21:49

Bottom line: elkeen moet sy eie besluit neem.

Na wat met my gebeur het, het ek heelwat gesit en dink,  ons was op 'n afdraende op 'n reguit pad, wat sou gebeur het as ek in 'n draai was (gegewe - my wa het nie los gekom nie) ek sal verkies dat, as die wa los kom, (dit moet weg van my kar af bly, en my nie rond ruk nie) moet iets die remme aktiveer om dit so gou moontlik tot stilstand te bring.

0

Die fiete is die kettingbeginsel is al die jare suksesvol gebruik , en waarvan ek kan getuig uit my 2 ondervindings. Die kabelbeginsel is 'n nuwe konsep wat nie baie jare op die mark is nie en die risiko van skade wat dit kan meebring is vir my 'n probleem. As ek 'n aanbeveling sou maak behoort die twee veiligheid beginsels in 'n eenheid gebruik te word. m.a.w as dit afhaak moet dit rem en bly hang aan die sleephak . Ek bly maar by die ketting beginsel want ek weet dit werk. In al 2 van my gevalle was dit die lippie aan die binnekant wat gebreek het op die koppelstuk. wat gebeur as jy gereeld baie rowe grondpaaie ry. Dis hoekom ek deesdae ook seker maak ek het die maksimum gewig op my bol, en dat die Kampwa effe afwaarts is na die sleephaak. ek gebruik ook 'n Cable tei om te verseker dat die ketting nie kan afkom van die bol nie. Meeste Bootsleepwaens en natuurlik alle remlose sleepwaens het net 'n ketting. 

0
Worcester

Wildehont

Tue, 28/05/2019 - 11:22

Wat Tora sê maak sin (om die ketting te behou) veral omdat hy ervaring het daarvan dat dit werk. My Bushbaby het nie remme nie so hy moet 'n ketting hê, en ek gaan in die toekoms 'n Trailercuff ook gebruik wat die sleepwa se koppelstuk aan my Everest se haak sal vashou. Die sleepwa se koppelstuk sal dus van die A-raam moet losbreek, of die haak van my Everest af voordat die waentjie en die sleepvoertuig se verbinding verbreek kan word. 

My vraag egter vir die (seker meerderheid) van julle wie se waens wel remme het; as jy 'n ketting en kabel in kombinasie gebruik, en die ketting is lank genoeg dat die kabel die rem kan aktiveer sit jy mos met 'n probleem? Die normale koppeling tussen jou wa en jou sleepvoertuig faal op so manier, dat jou wa nou aan die ketting wat aan sy A-raam vas is aan jou sleepvoertuig se haak hang. Jou wa se remme is egter geäktiveer deur die kabel, so nou rem jou wa jou sleepvoertuig ook. Is dit wenslik?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus