6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Selfde 'topic'..... Kruger 2026 Rona du Plessis -31 minutes ago
Piekniek plekke Kruger 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Piekniek plek Kruger 2026 Geert -2 hours ago
Wessel.. Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
Wildtuin restaurante Kruger 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Rona... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago

Sit ek hier onder onder 'n Kameeldoring boom en wonder?

Waar my wa staan
Submitted by Arie on
Forums

Na aanleiding van 'n ander draad hier oor politiek, Kerke en karre wat meestal op 'n fight uitloop.

Gisteraand so klomp pelle en kenisse oor gehad vir 'n braai. so deur die aand en na so paar biere en Rum's begin die manne toe praat oor Kerke en gelowe.

Nou ek is 'n groot voorstaander van debateer oor 'n onderwerp, MAAR dit moet sonder verkleinering gedoen word, alhoewel ek daarvan hou om kort kort so bietjie humor tussen in te gooi.

Om die saak in perspektief te bring, die gelowe en kerke waaroor daar gepraat word, was almal die Christelike geloof, ek weet daar is talle ander gelowe ook, ek het heelwat boeke wat die basiese beginsels van talle "ander" gelowe uit lig. Hier het dit egter net oor die Christelike geloof gegaan.

nou ongelukig soos julle almal weet is ons mos maar 'n nasie wat dit vrek moeilik vind om saam te werk. Laat jy net 'n politieke party stig, binne 'n week sal daar drie ander partye wees wat afstig. Net so met ons Kerke, die drie suster Kerke wat maar basies die selfde idees het [behalwe een wat se jy mag alles doen jy mag dit net nie geniet nie?] het ook al hoeveel afstigtings. Len help wat is die regte woord? Daar is die Artikel 31 wat selfs al hulle eie skool het en dan nog so paar ander. Die grootste kerk van die 3 het gereeld lekker bek gevegte in die sinode en so karing ons aan.

Daar is hoeveel Afrikaanse kerke, die sogenaamde "Dogmatiese" kerke en dan die Charismatiese kerke, en elkeen van daai groepe het hope onder verdelings?!

Nou terug na gisteraand, iemand [wat lid is van een van die grootste charismatiese kerk [let wel nie 'n sekte nie] vertel van 'n persoon in sy kerk wat in tale praat. Nou kyk ek kan nie in tale praat [behalwe as ek my duim raakslaan, maar daai is verkeerde tale] nie, maar ek kan nie se dat daar nie so iets is nie. Erens in die Bybel, en ek verbeel my dit is in Openbaringe, word daar gepraat oor die "vrug" wat jy sal ontvang as die Heilige Gees in jou woon. As ek reg onthou is daar 9 [?] Onder andere die gawe om die Woord te versprei, om te kan genees deur die Heilige Gees, en onder andere om in tale te praat en dit te kan uitle.

Dadelik vat iemand hom aan en se, "O is jy van die Happy clappers wat praat wat g'n mens verstaan en op die vloer val en rond rol" Nou met ons lewens styl kom ons noodwendig in vreeslike baie kerke van heel uieenlopende dominasies, almal het egter een ding in gemeen almal glo in die Drie Enige. Ja ek het al mense in tale hoor praat, ek het al mense hoor klap en lekker saam geklap en my lyf geswaai, nog nerens in die Bybel gesien dat ek nie met totale oorgawe my Lofbetuiging mag uit jubbel nie?

Die man het egter heel smalend en neerhalend na die "Happy clappers" verwys, en ek kon sien die eerste ou is seergemaak en gekrenk. Die gesprek begin toe warm word met oor en heer se verkleinering oor enige kerk waarvan jy nie lid is nie, almal is verkeerd.

Ek het toe maar die "kenisse" gevra om maar huis toe te gaan, sodat ons pelle lekker kan verder kuier.

Die ding het my nogals gepla deur die nag en stap ek toe vroeg vanoggend so na 'n lekker boom en gaan sit en dink oor die lewe.

Wonder toe oor mense;

Ons is almal kinders van die Vader, MAAR het ons regtig 'n Verhouding met die Vader?? Ek sien baie sulke versies soos "God is my Koning" agter op voertuie en karavane, ja dit is reg Hy is ons almal se Vader en Koning, maar as jy geen verhouding met Hom het beteken dit niks?

Het jy regtig 'n Verhouding met Hom as jy gedurig na skepsels wat ook deur Hom geskape is verwys as sleg onosel en kriminele?

Kan jy regtig 'n verhouding met Hom he, as jy permanent swartgallig is en geen hoop vir ons land se toekoms sien nie, belowe Hy dan nie juis die teenoorgestelde nie.

Het jy regtig 'n Verhouding met Hom as jy ander Christelike kerke verneder en verkleineer?

Nog nooit erens in my Bybel gesien dat net een spesifieke kerk dan kwansuis reg is? 

Ek weet van my vriende voel dit is verkeerd as ons ander kerke bywoon en dan bedoel ek anders as my kerk waar ek lidmaat van is, dalk Chrismatiese kerke en so. Hulle voel dat daai kerk my sal verlei??! Wragtag mense sekerlik is ons Geloof sterk genoeg dat 'n "ander" Kerk my nie kan verlei nie.

Sal dit nie lekker wees as ons maar almal in vrede kan saam leef en lekker kan debateer oor sake nie?

Terloops 2 van die drie wat ek gevra het om huis toe te gaan het vroeer om verskoning kom vra, en ons is weer op goeie voet.

Nou ja nou lekker stoom afgeblaas en kan ek weer die dag in die oge kyk.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 09/06/2019 - 15:20

Persoonlik is ek dankbaar en bly as ek verneem van iemand wat glo in die drie-eenheid van God, netsoos ek.  Die wyse hoe so 'n persoon hierdie Christelike geloof uitlewe, binne of selfs buite 'n kerkdenominasie,  is vir my irrelevant.

Vaalpark

Johann L

Sun, 09/06/2019 - 17:10

Geen kerk gaan jou in die Hemel kry nie,  dit gaan oor jou persoonlike verhouding met die Drie Enige God. 

Ons pastoor vertel ons eendag van die omie wat gesê het, "wanneer hy eendag iin die Hemel kom,  gaan hy verbaas wees om mense daar te sien wat hy nie daar verwag het nie, en net so verbaas oor mense wat nie daar is nie, maar wat hy verwag het om weer te wees" 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 09/06/2019 - 17:11

Arie, lyk my die ouens is skrikkerig om te reageer.  Elf van hulle het darem al gelees.

Centurion

Dusty

Sun, 09/06/2019 - 17:25

Arie, dit is so waar. Wanneer ek eendag in die hemel kom het ek baie vrae. Maar dan wanneer ek daar kom sal die vrae my nie meer pla nie want dan is ek tuis.

 

Centurion

Voortrekker

Sun, 09/06/2019 - 19:02

My aarde!  Nog 'n godsdienstige draad?   

Arie, jy weet, dit was juis asgevolg van al die verskille en opinies ens wat deur die veskillende kerke voorgehou en verkondig word dat ek besluit het om teologie te gaan swot - sodat ek vir myself kon probeer uitmaak waaroor dit gaan - gelukig het ek my antwoord gekry.

Ek was een keer baie jare gelede by 'n kerk gewees waar die mense geruk en neergeval het - 'n eienaardige verskynsel wat ek nie 100% kon verklaar nie ....

Inelkgeval, laat ek maar eerder nou ophou praat want netnou word ek verban cheeky

Centurion

Voortrekker

Mon, 10/06/2019 - 06:50

maar dis weg...

Neef, ek het gisteraand probeer verstaan wat jy geskryf het - bedoel jy 'n inset van jou is weg?

Ek het gisteraand eers teen 7pm eers weer aangeteken en het geen inset gesien nie? surprise 

Secunda

Sleep nou

Mon, 10/06/2019 - 07:29

 Ek glo in die Drie Enige is in n Chrismatiese kerke is n happy clappy en sal nie ander kerke afbreek nie jy as mens mag nie oordeel nie los oordeel vir Vader jes Arie die is n topic wat ek ook al innie moelikheid was kwaai vrinne gemaak en aanbeweeg het

Worcester

Wildehont

Mon, 10/06/2019 - 08:20

Die Apostoliese Geloofsbelydenis sluit in; Ek glo aan 'n heilige, algemene Christelike kerk. Die belydenis kom waarskynlik uit die eerste of tweede eeu (aldus Wikipedia, so dit moet waar wees wink).

Ongeveer 20 eeue later kry ons dit nog steeds nie/nie meer reg om 'n algemene Christelike kerk te hê nie, en dis baie hartseer. Veral in SA is daar selfs onder die Protestante nie 'n enkele denominasie nie, en ons weet dit is eintlik maar agv politiek.

Vanwee ons geskiedenis en demografie wat so uiteenlopend is, dink ek dis natuurlik om jouself te skaar by jou soort, waar jy tuis voel. Ek glo ook nie daarin om almal te dwing om dieselfde te probeer wees nie. Daarom sien ek nie fout daarmee dat daar verskillende Christelike denominasies is nie - in terme van die wat meer gewyd is teenoor die wat meer expressive is.  

Ons (wat in sonde ontvang en gebore is) probleem is dat ons te maklik oordeel. God is die enigste wese wat kan (en gáán) oordeel oor mense. Na my mening moet ons leer om op te hou om mekaar te oordeel, en dit aan God oorlaat. Die grootste gebod is tog dat jy God moet liefhê met jou hele hart, siel en verstand, en die tweede wat daarmee gelyk staan dat jy jou naaste moet liefhê soos jouself. Dus is enige gedagte, daad of woord wat nie deur liefde gemotiveer is nie sonde.

'n Dominee het dit eenkeer mooi opgesom. Voordat jy iets doen, dink of sê; vra jouself of die daad, gedagte of woorde wys is, en of dit liefdevol is. As dit nie is, moet dit nie doen, dink of sê nie.

Centurion

Dusty

Mon, 10/06/2019 - 10:20

Ek kan dit ook op 'n ander manier opsom.

Ons almal wil see (Hemel waar God is) toe gaan. Die bybel is die padkaart en elkeen ry met sy spesifieke (verskillende) voertuig (aardse tipe kerk). Die einddoel is die Hemel soos genoem. Met die 3 Eenheid in jou hart kan jy nie verkeerd gaan nie.

Waar my wa staan

Arie

Mon, 10/06/2019 - 10:44

Stoffel baie mooi opgesom, jou laaste sin se alles.

Kan nog steeds nie verstaan hoekom enige iemand 'n ander mens se kerk wil afkraak of verkleineer nie???

Centurion

Voortrekker

Mon, 10/06/2019 - 10:51

'n Mens kan Bybel lees so veel soos jy wil en kerk toe gaan  8 dae per week en goeie dinge doen totdat jou oë uitpeel.   Kerk koekverkopings hou, ouderling wees, uitreikings doen en in kore sing totdat die wêreld vergaan, jou hande klap totdat hul velle deur is en dans totdat die vloere ingee, mense en kinders doop en  God bo alles kies ... 

... maar sonder geloof in Christus vir die vergifinis van jou sonde is al die bogenoemde tipe pogings absoluut betekenisloos!  

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 10/06/2019 - 11:02

"... maar sonder geloof in Christus vir die vergifinis van jou sonde is al die bogenoemde tipe pogings absoluut betekenisloos! ...", 

maar met geloof  is al hierdie pogings beslis baie betekenisvol.

Centurion

Dusty

Mon, 10/06/2019 - 11:19

Anton, na aanleiding van wat jy hierbo vertel moet ek die volgende vertel.

'n Man het die tydelike met die ewige verwissel. By die poorte gekom word hy voor gekeer. daar word aan hom vertel dat hy 300 punte nodig het in in te gaan. Hy kry punte vir alles wat hy gedoen het op aarde.

Man begin te vertel dat hy 'n ouderling in die kerk was. 5 Punte word aan hom toe geken.

Hy het gereeld kerk toe gegaan vertel hy nog. Nog 3 punte word aan hom toe geken.

Hy bly toe 'n lang ruk stil en antwoord toe: "Hier sal niemand kan ingaan sonder Genade nie. Toe kry hy vol punte. Jou plek word nie verdien deur jou werke nie

Magaliesburg

GerhardtN

Mon, 10/06/2019 - 11:39

niemand kan ingaan sonder Genade nie.

Dis waaroor dit gaan. Sonder Genade sal nie een van ons die ewige lewe sien nie. Ek gaan kerk toe vir die boodskap. God praat met ons en elke jaar se 4x4 toer saam met mede gelowiges is n geestelike belewenis. 

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 10/06/2019 - 20:42

Neef was van ligdag tot nou toe bedrywig. Moes weer terugkom om vir die grotmanne, argeoloeë, n ietsie kom doen. Dus het kon ek nie antwoord nie.

Teen die tyd weet meeste dat ek te veel vrae vra, maar admireer regtig almal wat so nougeset kan glo en leef.

My punt het eintlik nie betrekking tot die verskillende denominasies nie, maar oor die groter prentjie, die een wat gebeur het voordat Christendom ontstaan het. Kom ons se maar die " in die begin" gedeelte. Nou wil ek nie soos ons ander lid wat pad gevat het die skrif as twak afmaak nie, nee inteendeel, dit is net nie vir my n goeie verduideliking nie.

As ons aan neem dat voordat daar iets was, daar niks was, en net duisternis was in die heelal. Dit beteken dan dat daar nie eers tyd bestaan het nie, vir tyd om te bestaan moet planete wentel en so meet ons dan tyd, vereenvoudig nou. Nou kom die probleem in, as tyd nie bestaan het nie, was daar nie "tyd" om iets te skape nie..... 

Nou voordat ons  kan begin verskil oor wat in 2019 jaar gelede gepreek was, glo ek moet ons eers moet saamstem oor hoe die Skepper tyd gemaak het. Dan kan baie van die knelpunte dalk wegraak.

Daar behoort vir my net een universele bediening te wees, kan mos nie anders nie....

Groetnis.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus