6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Het die rooi kadotjie gesien… Forum Herstel en terugvoering neef Herman -36 minutes ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -1 hour ago
Privaat Boodskap Opsie Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Foto neem Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -3 hours ago
100de by mekaar. Vakansiebeplanning 2026/27 neef Herman -3 hours ago
Dankie Geert Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -4 hours ago

Die lewe loop soms n draai

Secunda
Submitted by Sleep nou on
Forums
My nuwe karavaan koop is vir eers op hold gesit agv dinge buite my beheer, My jongste dogter het na my gekom en gese sy het bedank en werk haar maand soos kontrak stippileer sy is ook 4 maande swanger en haar man se salaris is so dat hulle darem self vir hulle kan sorg ek help nou vir volgende twee jaar om haar motor payment te betaal en hier en daar te help as pa kan ek nie toesien dat my kind haar motor verloor nie maar eendag koop ek my karavaan en julle sal eerste wees om die wa te sien vir eers sal ek en Berdien kamp in ons twee Howling moon tente
Centurion

Dusty

Tue, 09/07/2019 - 07:41

Shaun, dit is maar hoe 'n ouer is. Sal jouself te kort doen net om die kinders te help. Ek doen maar dieselfde. Gesin kom voor luukshede. Die waardering is vir my die betaling

Vaalpark

Johann L

Tue, 09/07/2019 - 07:52

Tien uit tien Shaun👍

Ons jongste dogter is geskei, met die twee kosbaarste kinders in SA, as ons nie help nie, weet ek nie wat van my kind en kleinkinders sou word nie. Dit is 'n groot voorreg om jou kinders te kan help!!!

Ek stem saam, prioroteite is belangrik, sorg eers dat jou kinders gesort is voor jy aangaan met ander dinge.

 

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 09/07/2019 - 17:33

Stem nie eintlik saam nie. Weet nie wie van my ouderdom hier se pappas het hulle             " uitgehelp" nie. Nie in my geval nie, van eerste paycheck moes ek ma losies betaal. Vir my was gesê jy moet beplan, en pa staan vir jou besluite, en die onverwagte hanteer.

Ou Shaun, hierdie oupa het kinders van amprt 40 se skysake betaal, dit was Verwag van my.... In teenstelling het ek op dieselfde ouderdom vir my ouers sakgeld gestuur omdat ek wou.

Nou wonder ek wat gaan gebeur as my Popo eendag in die fan kom.

Daar is n gesegde van " tough love" op n stadium moet kinders selfstandig wees, verkieslik nog voor 30 jaar oud !!!!

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 09/07/2019 - 18:10

Herman, hier is ek saam met jou.

Weet nie wie van my ouderdom hier se pappas het hulle " uitgehelp" nie. Nie in my geval nie,

Toe ek uit die skool is moes ek my eie pot krap.  My Pa het my motorfiets (50cc) verruil vir 'n bakkie (klein Mazda) by my broer wat hy ingeruil het op 'n R10 Renault kort voor ek uit die Vloot gekom het.  Daai Oujaar het ek hom op die huidige Eiland Spa se gronde gerol.  Kon hom darem terug ry plaas toe maar moes daar staan tot September toe ek hom kon laat regmaak.  My "appie pay" was R85p/m voor aftrekkings, so R45 na aftrekkings en ek moes elke maand R30 premie vir my Pa stuur.

Centurion

Voortrekker

Tue, 09/07/2019 - 18:36

Stem nie eintlik saam nie..

Ja dit is 'n moeilike een?  Mense verskil baie op hierdie onderwerp en ek vind myself baie in 'n posisie waar ek daaroor debateer met my vrou, veral aangesien ek nog 2 klein kindertjies het.

Ek kom uit 'n huis waar my pa vir ons geleer het dat dit sy huis is en dat ons tydelik daar woon en ons eie potjies moes gaan krap na skool.   My eerste voertuig kon ek eers op ouderdom 26 kry, want dit was toe ek een kon bekostig.

My vrou kom weer vanuit 'n huis waar daar gesê word "kinders kom eerste" en waar hulle eerste voertuie vir hulle gekoop was. (asook almal daarna)    

My standpunt is dat jy jou kinders te na kom as jy teveel vir hulle doen, want as jy nie versigtig is nie, gaan jy van hulle die vermoë ontneem om onafhanklik te wees en verandwoordeliheid te neem vir hulself.  - Tough Love?

My skoonma  sê altyd " ja maar sy het haar kinders so lief dat sy enigiets vir hulle sal doen", dan sê ek altyd " Ja enigiets, behalwe om hulle te leer om op hulle eie voete te kan staan" -  en dan is die duiwel gewoonlik los  devil

Maklik vir my om te praat né?  My laaities is nog bitter klein en sal ek seker eers kan saampraat wanneer hulle volwassenes is en die geleenthede daar gestel word om my optredes te toets wink

Waar my wa staan

Arie

Tue, 09/07/2019 - 19:15

Ek stem iok nie saam nie.

Ek is op 16 uit die huis en moes maar op my eie regkom. Was my keuse gewees.

Ek voel as my kind self bedank uit hyl werk hoekom moet ek hul motor afbetaal?

Gelukig weet ek niks van hul geldsake nie en ek verkies dit so.

Hulle is van kleins af geleer om op hul eie voete te staan en om seker te maak dat as hulle skuld maak hulle in die posisie is om dit te kan betaal!

Nee wat ek het hulle laat graad kry op my koste en daar hwt dit gestop behalwe vir hul troues. Hulle kon self kies groot troue of deposito op ñ townhouse.

Ek vra hylle ook nie vir finansieele hulp nie.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 09/07/2019 - 20:08

Hier is ons weer by die Toyota/Ford debat  -  ek glo nie ons sal ooit eenstemmigheid oor die saak kry nie.

Ons praat hier van minstens drie geslagte, (1) hoe ons ouers ons versorg het/nie versorg het nie, (2) hoe ons hier op die forum ons kinders versorg het / nie versorg het nie en (3) hoe ons kinders ons kleikinders versorg het / nie versorg het nie.

Die lewensomstandighede van hierdie drie geslagte verskil hemels breed en omdat my ouers verwag het dat ek met 'n fiets laerskool toe moes ry 65 jaar gelede, beteken nie dat my kleinkinders se ouers vandag van hulle moet verwag om met 'n fiets skool toe te ry nie.  Dis net 'n enkele voorbeeld hoe drie geslagte se lewensomstandighede verskil.

Verder nog, indiwiduele kinders van dieselfde ouerpaar verskil ook hemels breed.  Van hulle mag briljant vorder in die lewe en 'n ander mag sukkel.  Een kind mag uitstekende besluite neem met uitstekende gevolge terwyl 'n ander een minder goeie besluite neem met minder goeie gevolge.  Een kind mag in die huwelik tree met die regte huweliksmaat terwyl 'n ander kind nie so gelukkig is nie.

Dis maklik om op die kantlyn te staan en 'n ouer te kritiseer wat in die bresse tree vir 'n kind wat in die moeilikheid is, wat die omstandighede ookal mag wees.  Die onvoorwaardelike liefde en omgee van 'n ouer vir sy/haar kinders wat die omstandighede ookal mag wees is na my mening 'n ouerlike plig. (Ek kon dit ook oor 'n Christelike boeg gegooi het, maar het dit liefs nie gedoen nie).

Shaun, ons weet nie wat die detail omstandighede van jou dogter se situasie is nie (natuurlik hoef ons nie te weet nie), maar ek salueer jou vir jou en jou vrou se optrede om onvoorwaardelik uit te reik na 'n kind (al is sy volwasse en getroud) wat in die moeilikheid is.

Vereeniging

Harry Du Randt

Tue, 09/07/2019 - 21:29

Ek het n opinie oor die saak, maar dalk gaan dit net verkeerd opgeneem word aangesien ek nie my eie kinders het nie.

Stem saam met Anton.

My ouers is vroeg oorlede. Ek het in koshuise groot geword en het baie dinge leer doen op my eie. Moet erken ek was dankbaar dat daar nie baie geld in my ouerhuis was nie en ons is geleer om sente om te draai en baie spaarsaam te lewe.

Ek moes ook van dag een geld aan my ouer betaal vir kos en huur met me eerste inkomste wat ek verdien het. Dit het my geleer van waarde van geld.

Ek verstaan as ouers vir hulle kinders wil gee, wat hulle nie gehad het nie. Ek dink dit is seker normaal. Soms dink ek net, dit moet nie te maklik gaan nie.

You have to be "cruel to be kind"

Ek sien hoe gaan dit met my ander helfde se seun, amper 40 en nog afhanklik van sy ma. As sy nie meer die dag daar is nie, gaan hy beslis baie swaer kry en ek gaan nie daar wees om alles te betaal nie. Hy het n werk, maar lyk my dit is net vir plesier. Deesdae meer afsiek as hier by die werk. So "fire" is op die kaarte. Sy ma sê as dit gebeur sal sy haar vingers stomp werk vir hom. 

Sterkte vir julle. Ek weet dit is 'n moeilike ding. Solank hulle dit waardeer. Dinge het seker baie verander as toe meeste van ons groot geword het. Soos daar reeds genoem is. Werk is ook minder beskikbaar a.g.v. nuwe SA.

Klaar my eier gelê

Ford en Toyota ding, soos Len gesê word.

Wat ry jy . He He

Centurion

Voortrekker

Wed, 10/07/2019 - 07:10

Werk is ook minder beskikbaar a.g.v. nuwe SA.

 Juis daarom is die ouers se uitdagings groter en moet mens seker mooi te werk gaan hoe jy jou kinders gaan leer om te survive en om op hulle eie voete te kan staan?  EK sê nie, ek vra.

Harry, die seun van 40 wat nog afhanklik van sy ma is, laat my dink aan iets wat ek ook in my vorige inset wou noem, want ek het 2 kennisse wat maar baie swaar trek vandag en sukkel om voortuitgang te maak omdat hulle in hul 30's en 40's nogsteeds na mamma toe hardloop as daar uitdagings is.  -Hoe moet so 'n arme man voel en dink oor homself?  

Is dit dan nie in ons wese om dinge uit eie pogings te bereik nie?  Gee dit nie vir 'n mens ondervinding en 'n tipe self waardigheid as jy self deur die duk en dun gaan en die ander kant uitkom nie?  Is dit dan nie so dat wanneer 'n ouer teveel ingryp en help hulle iets wegneem van hulle kind nie, veral 'n man en dan veral 'n man wat sy eie gesin het?

Maar daar is moontlik 2 tipes mense, die een wat minderwaardig sal voel as hy nie self iets bereik nie, en dan die ander wat minderwaardig sal voel as hy nie gehelp word nie?  Wk wonder maar.

Ag daar is so baie te sê oor hierdie onderwerp.   Shaun, die feit dat jou dogter die vreimoedigheid gehad het om jou te benader kan ook boekdele spreek.  Die vrymoedigheid om te weet dat sy kan vra en dat daar gehelp sal word as dit werklik nodig is , is ook baie waardevol vir enige kind, solank dit nie misbruik word nie.

Vaalpark

Johann L

Wed, 10/07/2019 - 07:19

Hier lê die "krux"

Die vrymoedigheid om te weet dat sy kan vra en dat daar gehelp sal word as dit werklik nodig is , is ook baie waardevol vir enige kind, solank dit nie misbruik word nie.

My dogter is nie 'n oorlas nie, sy kry 'n patetise konstabel salaris, maar besit reeds haar eie huis,  en daarom sal ek en my vrou ons laaste gee om ons kinders te help.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 10/07/2019 - 07:44

Weereens word baie waar punte geraak en dit is goed om dit te hoor en dalk ook te kan toepas.

Verder nog, indiwiduele kinders van dieselfde ouerpaar verskil ook hemels breed.  Van hulle mag briljant vorder in die lewe en 'n ander mag sukkel.  Een kind mag uitstekende besluite neem met uitstekende gevolge terwyl 'n ander een minder goeie besluite neem met minder goeie gevolge.

Met hierdie woorde van Len kan ek dit presies sien in my twee dogters.

Ja ek help waar ek kan maar het 'n doel met dit en dit is om vir hulle ander roetes voor te stel wat hulle net kan help.  In my geval dink ek nou aan die 3B wat ek vir hulle gekoop het en reg gemaak het.

Secunda

Sleep nou

Wed, 10/07/2019 - 08:05

Ek nou almal se insette gelees en respekteer almal se inset ja as pa moes ek besluit help ek behou sy haar motor help ek nie het sy nie vervoer nie my skoonseun werk ook hier by Sasol maar salaris gewys hou dit darem hulle pot aan die kook so verskil ons maar almal soos julle spot gewys se jy ry Hillux of Ranger ek is maar n pa wat help maar ook coaching gee hoe om die lewe in oe te kyk en aan te beweeg vrede

Hier is ons weer by die Toyota/Ford debat  -  ek glo nie ons sal ooit eenstemmigheid oor die saak kry nie.

 

Len, ons almal weet Toy is beter as Ford en basta!!

Ek sit in dieselfde booitjie as Voorie, heeltemal te laat in my lewe getrou en kinders gekry!!

My kinders weet egter, hulle het een kans om die grootmens wereld te betree en daarvoor sal ek kontant betaal om hulle daarvoor toe te rus (dis waarom my Mobi Lodge in die bank le), as hulle daai kans opdonner dan is hulle op hul eie.

Ek het ook n lewe wat ek nou terdee geniet en wat ek eendag oor tien jaar nog steeds wil geniet.

Ek sal egter altyd daar wees vir hulle, dis my vaderlike plig, maar as jy aanjaag, dan moet jy verantwoordelikheid vat vir jou dade, daai leer ek hulle elke dag.

Sal vir elkeen n betroubare kar koop, het alreeds vir meisiekind n pragtige Toyota Ayego so te se nuut gekoop, maar as jy daai kar opneuk en die virsekering betaal nie uit nie oor jy onder die invloed was of wat ookal, dan help ek jou terug op jou voete.

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 10/07/2019 - 08:55

ons almal weet Toy is beter as Ford en basta!!

Ou Frikka, ek is nie so seker van hierdie stelling nie.  Ek weet Toyota het 'n lyfband as cam belt, nie seker van die Ford nie, maar ek weet beslis Nissan se P/F (selfs die pienke op die ander draad) het 'n ketting vir 'n "drive chain".

Môre Len

Sonder om afbreuk te maak op die draad, wil ek jou net reghelp;

'n Hilux het ook 'n "timing chain", sy eienaars het 'n lyfband om die kakiebroek [lank of kort] op sy plek te hou.

Groete

Wessel

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 10/07/2019 - 09:21

....reg is Wessel, dan praat Harry twak.  Hy sê sy Hilux gaan Donderdag in vir die vervanging van die cam belt.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus