Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Wessel. Oktober 2026 saam gesels Jan Meyer -31 minutes ago
Jan Meyer Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -47 minutes ago
Dankie! Help met kamp beddens en… deon557 -1 hour ago
Huur Help met kamp beddens en… Geert -4 hours ago
Kamp goete Help met kamp beddens en… Wessel Strydom -6 hours ago
Slaap - wat's dit? Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -13 hours ago

Julie 2019 - Koffiekroeg

Suid Afrika
Profile picture for user Kampforum
Submitted by Kampforum on
Forums

c

Koffie enigiemand? 

Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Thu, 11/07/2019 - 06:37

Sien iemand het die Vuil Blou bul bekers gewas devil

Ek moet gou HiLux in vat vir sy nuwe " cam belt" moet 07h15 daar wees.

Julle moet julle dag geniet en wees veilig.

 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 11/07/2019 - 07:58

Wit Eland mooi foto dankie koffie loop soos stroop Freda sterkte daar vir julle lekke dag vir almal vrede

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 11/07/2019 - 08:59

Goeie dag Kampforum maters !

Hier by ons lê die mis op die grond en ons wag maar vir die winter-sonnetjie om deur te breek.

Geniet jou dag.

Ns.  Wit Eland, waar kuier jy met so 'n mooi, rustige uitsig ?

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 11/07/2019 - 09:04

Ek wou nog sê, noudat ons weet dat daardie Pienk Pathfinder van gister toegerus is met 'n ordentlike tyd-ketting en nie 'n tyd-rubberband soos meeste ander voertuie nie, wonder ek waaroor gaan ons vandag nog gesels ?

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 11/07/2019 - 09:32

Môre sê Kampforum

Antie, sterkte met die Oom by die Dr.

Anton ek hou vanvdaai naam "Pienk Panther"

Geniet jou dag voluit in vrede.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 11/07/2019 - 10:04

Môre Voortrekker

Moet die onderwerp en foto nie eerder geskuif word na "Lag 'n Slag" nie.

Ek bedoel 'n grap is 'n grap!devil

Wessel

 

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 11/07/2019 - 12:35

As ek in sommige ouens se skoene gestaan het (wie se voertuie nie tyd-kettings het nie), sou ek ook die onderwerp liewer in 'n ander rigting gestuur het.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 11/07/2019 - 12:44

Ek het gou-gou my seun met sy V6 Nissan-bakkie en Sprite Super Sport hier weggehelp  -  die Super Sport word hier by my gestoor.

Hy is oppad Montagu-karavaanpark toe en gaan 'n Weg Fotografie-slypskool bywoon.

Ai, maar so 'n ou 1992 Sprite Super Sport is darem maar pragtig !

.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 11/07/2019 - 12:50

Middag Len

Ek wil net jou aandag vestig op die regstelling, geplaas onder die onderwerp" Sleephaak  in verband met tyd-kettings.

 

Groete

Wessel

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 12/07/2019 - 04:28

Goeie môre Dusty (en al die ander wat later volg).

Ek sien ons is die reuse getal van twee mense aanlyn vanoggend.

Ek het gou ons herwinning-drom gaan uitsit en kom toe agter dis wraggies winter ! Ons het so 'n ou verspotte misreëntjie gehad, maar ek sien die sterre skyn alweer wat 'n heerlike wintersdag belowe.

Geniet jou Vrydag !

Ns. Wessel, ek het jou aandag-bevestiging ontvang - dankie.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Fri, 12/07/2019 - 05:19

Kry ek oppad kantoor toe iemand met sy karavaan agter. Ek glo hy is oppad om te gaan kamp. Hy moet dit vreeslik baie geniet. 

Hopelik kan ek ook een van die dae gaan kamp. Alta is op die oomblik plat in die bed met varkgriep. En dit nog op haar verjaarsdag. Het haar ook verlede week gevat om vlekke/merke aan haar gesig te verwyder. Kom toe agter een van die plekke reg onder haar oog is 'n kankervlek. Die is met wortel en al verwyder en weggestuur vir ontleding. Kry hierdie week die verslag wat bevestig het dat dit kanker is. Moet oor 2 maande weer die dermoloog gaan sien.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 12/07/2019 - 05:46

Ai Dusty, kom ons vertrou dat die kwaad volledig verwyder is en dat verdere behandeling nie nodig sal wees nie.  Hoop ook sy kom gou reg met daardie varkerigheid sodat julle 'n kampie kan inkry.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus