
Koffie enigiemand?
Goeie more, sterkte vir…
Goeie more, sterkte vir julle Auntie Frieps.
Lekke dag vir almal
Wit Eland mooi foto dankie koffie loop soos stroop Freda sterkte daar vir julle lekke dag vir almal vrede
Hm, Wit Eland, dit lyk nou…
Hm, Wit Eland, dit lyk nou na 'n lekker plek om jou koffie te geniet.👍
Oooh maggies maar hierdie…
Oooh maggies maar hierdie koffie proe lekker! ![]()
Lekker dag vir almal! ![]()
Ek wou.....
Ek wou nog sê, noudat ons weet dat daardie Pienk Pathfinder van gister toegerus is met 'n ordentlike tyd-ketting en nie 'n tyd-rubberband soos meeste ander voertuie nie, wonder ek waaroor gaan ons vandag nog gesels ?
Goeie môre alaml, geniet die…
Goeie môre almal, geniet die dag. Hier in Midrand is dit nog koel, maar dit is nou saans en soggens warmer.
Len ek dink jou PF het dalk …
Len ek dink jou PF het dalk 'n nuwe naam gekry? Pink Panther ![]()
Môre sê Kampforum Antie,…
Môre sê Kampforum
Antie, sterkte met die Oom by die Dr.
Anton ek hou vanvdaai naam "Pienk Panther"
Geniet jou dag voluit in vrede.
Pink Panther
Môre Voortrekker
Moet die onderwerp en foto nie eerder geskuif word na "Lag 'n Slag" nie.
Ek bedoel 'n grap is 'n grap!![]()
Wessel
Ek het....
Ek het gou-gou my seun met sy V6 Nissan-bakkie en Sprite Super Sport hier weggehelp - die Super Sport word hier by my gestoor.
Hy is oppad Montagu-karavaanpark toe en gaan 'n Weg Fotografie-slypskool bywoon.
Ai, maar so 'n ou 1992 Sprite Super Sport is darem maar pragtig !
Len- sien regstelling
Middag Len
Ek wil net jou aandag vestig op die regstelling, geplaas onder die onderwerp" Sleephaak in verband met tyd-kettings.
Groete
Wessel
Die Ford se tyd-ketting word…
Die Ford se tyd-ketting word jie vervang nie, net as hy raas.
Goeie môre almal. Vrydag…
Goeie môre almal.
Vrydag is weer met ons.
Mag elkeen 'n lekker dag geniet.
GM
Goeie môre Dusty (en al die ander wat later volg).
Ek sien ons is die reuse getal van twee mense aanlyn vanoggend.
Ek het gou ons herwinning-drom gaan uitsit en kom toe agter dis wraggies winter ! Ons het so 'n ou verspotte misreëntjie gehad, maar ek sien die sterre skyn alweer wat 'n heerlike wintersdag belowe.
Geniet jou Vrydag !
Ns. Wessel, ek het jou aandag-bevestiging ontvang - dankie.
Kry ek oppad kantoor toe…
Kry ek oppad kantoor toe iemand met sy karavaan agter. Ek glo hy is oppad om te gaan kamp. Hy moet dit vreeslik baie geniet.
Hopelik kan ek ook een van die dae gaan kamp. Alta is op die oomblik plat in die bed met varkgriep. En dit nog op haar verjaarsdag. Het haar ook verlede week gevat om vlekke/merke aan haar gesig te verwyder. Kom toe agter een van die plekke reg onder haar oog is 'n kankervlek. Die is met wortel en al verwyder en weggestuur vir ontleding. Kry hierdie week die verslag wat bevestig het dat dit kanker is. Moet oor 2 maande weer die dermoloog gaan sien.
Ai Dusty...
Ai Dusty, kom ons vertrou dat die kwaad volledig verwyder is en dat verdere behandeling nie nodig sal wees nie. Hoop ook sy kom gou reg met daardie varkerigheid sodat julle 'n kampie kan inkry.





More More
Sien iemand het die Vuil Blou bul bekers gewas
Ek moet gou HiLux in vat vir sy nuwe " cam belt" moet 07h15 daar wees.
Julle moet julle dag geniet en wees veilig.