6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -1 hour ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -6 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -6 hours ago

Oor ditjies en datjies

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Dikwels is daar iets wat 'n ou wil sê, maar dit verg nie eintlik die opening van 'n afsonderlike gespreksdraad nie.  Ek het gedink om so 'n plek te skep en hier gaan ons met my eerste "ditjie".

Die Kaapse Vlakte : Dit is maar niks anders nie as verskeie townships hier in Kaapstad.  Ons kry daaglikse terugvoer van ons ou jarelange, getroue huishulp wat in een van hierdie gebiede (Delft) saam met haar gesin in 'n HOP-huis woon (waarvoor haar naam 25 jaar lank op 'n waglys was).  Volgens haar kan niemand dit na donker buite waag nie, die skote klap dan daagliks en maklik sommer deur die res van die nag.  Sy word gereeld beroof tussen die "taxi rank" en haar huis.  Om hierdie rede betaal ons haar weekliks op verskillende dae en nooit op 'n Vrydag of maandeinde nie.  Sy verkies weeklikse kontantbetalings want dan is die bedrae kleiner en daar is geen sprake daarvan om geld by 'n OTM te probeer trek nie.

Die DA-regering vra al vir jare dat die Weermag ontplooi moet word om die daaglikse moorde, bendegeweld, dwelmhandel, dwelmgebruik en ander misdade onder beheer te bring, maar dit word telke male afgewys.  Gister het Bheki Cele, minister van Polisie, na 15 moorde die naweek, aangekondig dat die Weermag van vanoggend 2vm in die Kaapse Vlakte saam met die polisie ontplooi word. Maar foeitog, die oubaas sê hulle het nie na die DA geluister nie, maar na die gemeenskap ! (Moenie vergeet nie, hier in Kaapstad ondersteun die meerderheid van die "gemeenskap" die DA !)

Wil jy nou meer !

Centurion

Dusty

Fri, 12/07/2019 - 05:23

Len, dit is so jammer dat mense dood gemaak moet word voor daar geluister word.

Die regering/verkeersdepartement kan ook die weermag gebruik om die verkeer/paaie veilig te hou. Daar is te min verkeersmense om die oortreders aan te keer of te beheer.

Secunda

Sleep nou

Fri, 12/07/2019 - 07:01

Volgens n opname wat op RSG was is Suid Africa een van die top 5 gevaarlikste lande ter wereld jammer dat dit so is

Ek weet ek hunker na die onmoontlike......maar as hierdie land net bestuur kon word sonder die politici (almal van hulle ongeag hul party) en hul agendas sou dit baie beter hier gegaan het.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 12/07/2019 - 20:34

Parlementêre chaos :

Dit was weer barbaarse chaos in die Parlement vandag toe die EFF fiesies probeer het om die begrotinstoespraak van die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, te verhoed om op te tree.  Gelukkig is die spulletjie met geweld uit die Parlement verwyder, hierdie keer ondersteun deur die ANC en al die opposisie partye.  En die klompie verteenwoordig slegs 11% van die bevolking wat wel gestem het ! 'n Kwessie van die stert probeer die hond swaai !

Duduzane Zuma :

Ek sien die kêreltjie is vandag onskuldig bevind aan moord en/of strafbare manslag en roekelose bestuur.  Dit lyk of alle partye die hofuitspraak aanvaar en dat geglo word reg het geskied deurdat 'n hof al die feite oorweeg het en tot 'n slotsom gekom het.  Maar hoekom was dit nodig dat 'n burgerlike organisasie eers met 'n privaat vervolging moes dreig, voordat die saak voor 'n hof gebring is.  Gelukkig is verdere bespiegelinge oor die saak nou tot 'n halt gebring.  (Ook maar goed dit was 'n Porche wat betrokke was en nie 'n Ford of Toyota nie !)

Secunda

Sleep nou

Wed, 17/07/2019 - 07:48

Het so 5 min gister aand gesit en kyk hoe ons vorige baas vannie land by kommisie ondervra word wat n joke hulle mors geld die ou gaan daar wegstap sy keel nog paar keer skoonmaak en se i don't know pateetangry

Vaalpark

Johann L

Wed, 17/07/2019 - 14:08

Vermorsing van staats geld, hulle kon al vir elke hawlose in SA 'n huis gegee het met al die geld wat sulke maniere verkwis word,  wat kos net die hof sake ons belasting betalers nie al nie.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 17/07/2019 - 17:22

Zondo-kommissie :

Ja, die spulletjie het vanmiddag tot stilstand gekom en gevolglik kan hulle eers weer Vrydag voortgaan.  Die bewering is nou Zumpies is in 'n lokval gelei en word nou kruisondervra in plaas daarvan dat hy sy kant van die saak voor die Kommissie kom stel.  Ek wonder hoekom vrees sy regspan kruisondervraging want kruisondervraging vind altyd plaas om die waarheid te ontsluit ?

Eintlik moet ek nie wonder nie, ek weet mos.

Ek moet bysê, Regter Zondo tree darem uiters onpartydig op, presies soos wat van 'n regter verwag word.

Centurion

Voortrekker

Wed, 17/07/2019 - 19:16

Ai Zuma

video
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 17/07/2019 - 22:17

Ek hoor nou analiste vermoed Zumpies gaan nie Vrydag opdaag om voort te gaan nie.

Vaalpark

Johann L

Thu, 18/07/2019 - 06:54

Sy regs span wou nie hê hy moet onder kruisverhoor gaan nie, die ding gaan nog baie geld en tyd vermors, en geen vordering gaan werklik gemaak word nie. Die enigste "voordeel" wat ek kan insien, is dat dit die anc verder gaan op breek.

Middelburg

Noel

Sat, 20/07/2019 - 09:05

Blykbaar wil Zuma se prokureurs nie meer sy saak hanteer nie agv dit kan hom in die tronk beland. Zuma is besig om sy eie gat toe te steek.. Hy verdien om in die tronk te sit.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 21/07/2019 - 17:30

Kgalagadi :-

Een van my seuns en my skoonseun maak gereed om volgende naweek Kgalagadi toe te vertrek en om daarna via Mata-Mata Namibië ook te besoek. Hulle gaan in twee tentjies bly en is tans besig om die Ranger se kappie stofdig te maak.

'n Probleem was om kamera-batterye gelaai te kry waar daar nie krag beskikbaar is nie, maar gelukkig kan hulle my klein 300W invertertjie vir die doel leen.  Hierdie inverter het al sy staal getoon in Balule verlede jaar.

.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 21/07/2019 - 20:02

Zimbabwe :-

Ek verstaan Zimbabwe is weer in die moeilikheid met weghol inflasie.  Ek is in 2005 verplaas van Zimbabwe na Angola en moes noodgedwonge Z$6 000 000 in aandele op die Zim aandelebeurs belê omdat daar nie valuta was om my geld die land uit te bring nie.  Na 3 jaar het inflasie die bedrag so opgevreet dat dit gelyk het soos op my rekeningstaat hieronder.  Hierna is ek verwittig dat state nie meer gelewer kan word nie omdat geen program sulke allemintige syfers kan hanteer nie.

Foeitog, na 11 jaar is dit weer eens sulke tyd.

.

 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus