Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hot Rock - steeds nie die einde nie.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -4 hours ago
Dankie Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -14 hours ago
 Daar is n veld, wat so… Oktober 2026 saam gesels neef Herman -15 hours ago
....  wel natuurlik die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -16 hours ago
Johann jy sit my nou aan die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -16 hours ago
Iphone Toep wat aflyn kan wys waar… Johann L -16 hours ago

Lennie & Kie in die Kruger Wildtuin - Julie 2017

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Om 06:00 op Saterdag 1 Julie vertrek twee karavane uit Brackenfell op 'n 2000km roete Kruger Wildtuin toe, afgebreek in skofte van ongeveer 500km per dag, hoofsaaklik om die jongste kleindogtertjie van 2 jaar oud en haar oupa van amper 70 te akkommodeer. Ek en my beterhelfte in ons 4 jaar oue Nissan Pathfinder met die 12 jaar oue Exclusive agterna.  In die 2016 3.2 Ford Ranger met 'n Gypsey Regal agterna, is my skoonseun, dogter, kleinseun (7) en kleindogter (2).  Ons het twee-rigting radios in die voertuie en gesels 'n hond uit 'n bos terwyl ons ry - my kleinseun reken dis 'n cool idee.

Genadiglik is dit bewolk en ons word verlos van die son se verblindende strale as jy daardie tyd van die oggend in 'n noord-oostelike rigting uit die Kaap ry.  Seker so 170km vanaf Kaapstad trek ons af by Touwsrivier se BP diensstasie vir ontbyt en die kleintjies kry geleentheid om die hasies in hokke met wortels te voer.

Hier staan die twee trekperde met hulle waens :-

TouwsrivierOns hervul brandstof by die Ultra City Leeugamka en mik nou na die Karoo Nasionale Park by Beaufort-wes waar ons gaan oornag.  Puik geriewe soos altyd en 'n voorgevoel van 'n Wildtuinvakansie begin posvat.

Karoo

Ons volgende stop is Reyneke Park in Bloemfontein.  Net af van die N1 op die pad na Kimberley (N8).  Uitstekende privaat ablusie-geriewe, 'n heerlike oornag uitspanplek.  Die naby geleë meule en die N8 was geensins steurend nie.
Reyneke Park

Reyneke Park 2

Na Bloemfontein is ons Pretoria toe waar die kinders in hul Regal by familie tuisgegaan het.  Ons twee oues kuier saam, maar die Exclusive is te groot om ook op die erf in te pas en ons oornag soos gebruiklik by die munisipale oord, Joos Becker.  Ongelukkig 'n groot teleurstelling, maar iets meer hieroor later.

Ons volgende skof is na Numbi Hotel & Karavaanpark in Hazyview, 'n hane tree tot by die Phabeni-hek van die Kruger Wildtuin. Een van ons seuns en sy gesin (sy vrou en tweeling tiener dogters van 16jr) met hulle 2.2 Ford Ranger en Sprite Super Sport het ons intussen ingehaal en by ons aangesluit.  So lyk die Ford en Super Sport :-

Super Sport

En so lyk die "three musketeers" oppad Hazyview toe :-

Drie

Geriewe hier in Hazyview is puik en ons kuier lekker voor ons die volgende môre die Wildtuin binnegaan.

Numbi

Wat is dan nou lekkerder as koffie en beskuit vroeg in die môre ?  Hier is klein Anja, die jongste in die geselsskap.

Anja

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 27/07/2017 - 22:02

Anton, hier het nou fout gekom nadat ek 'n foto van 'n krokodil in modder wou plaas.  'n Klomp vanvorige posterings word nou op elke bladsy herhaal.

Die krokodilfoto moes net na die koedoekoei gekom het en die ander fotos moes nie herhaal word nie.

Help asb om dit reg te stel want die spul is nou deurmekaar.

Baie dankie by voorbaat.

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 31/07/2017 - 08:57

Ek sien nie herhalings van foto's nie?    Len, jy kan gerus nog foto's plaas.  Ek sien die draad van jou is op die forum se Facebook blad.

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 31/07/2017 - 11:32

Dankie ek was 2004 laas in wiltuin ek gaan die draad van jou gebruik n rooi wyn vir myself en Berdien gooi dan sit en haar die fotos wys so gaan ek haar breinspoel en se kom ons gaan bietjie wilotuin toe. Dankie vir deel

0

Len, ek het ook daardie swerm gestaan en bekyk,  soos jy sê letterlik miljoene, dit het geklink soos 'n wind wat opsteek. Ons was ook in Julie in Skukuza. Mense vra altyd was dit warm of koud, kan net sê enige dag in die park is 'n wenner.

0
Nelspruit

Koos Mol

Tue, 01/08/2017 - 16:55

Len. Ek het nou weer jou hele verhaal deurgelees en moes toe eers die borsel kry om die jukkery stop te sit. Wat is dit wat 'n man so laat voel dat jy net nie genoeg van oom Paul se plaas kan kry nie, sal moet plan maak om daar uit te kom. Julle moet die herinneringe geniet.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 02/08/2017 - 11:45

En so lyk 'n lekker Wildtuin braairooster :

.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 02/08/2017 - 11:59

En so sit my ou spannetjie van 13 mense vir 'n middagete by Mug & Bean in Onder Sabie  -  absoluut puik ! :-

.

0
Pretoria - Oos

Andre Smit

Wed, 02/08/2017 - 12:13

In reply to by Len Loader

Môre Len,

As ek daai rooster so beloer laat dit my onwillekeurig dink aan die 3 jaar oue mannetjie wat in die kamer insluip terwyl sy Ma sy baba boetie borsvoed.

Al wat hy kon uitkry was " Jitte Ma -- suffel vleis en niks grrroente nie"

Glo dit was so lekker soos dit lyk op daa rooster

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 02/08/2017 - 20:28

Dit was 'n heerlike vakansie saam met my kinders en kleinkinders en ek is baie dankbaar ons kon dit so reël.  Maar soms was dit 'n bietjie luidrugtig en ek hoop nie ons het ander Wildtuin kampeerders verpes nie.  Hieronder is juis 'n foto waar die een boetie die ander boetie om die nek gryp om hom te soen terwyl 'n foto geneem word.  My skoonseun kyk toe, maar hy het toe ook later 'n soen van sy swaer gekry.

Met 'n volgende Wildtuin-vakansie sal ek en my ander helfte maar seker weer buite-seisoen in Meimaand die natuur gaan geniet  -  hierdie keer het ons die kinders en kleinkinders geniet !

.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 02/08/2017 - 20:38

En 'n zebra se swart en wit strepe maak netso 'n mooi foto :-

.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 06/08/2017 - 18:43

Die maan steek sy kop uit vanaf ons kampplek in Skukuza :

.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus