Ek het gesoek, maar kon nie 'n draad kry wat te doen het met karavaan binne lig, verandering / byvoeging nie, so, toe begin ek maar my eie.
By die voorste kop kas het ek twee led "warm white - down lights" ingebou, vir wanneer ons binne wil sit en lees, by ons dubbel bed, het ek twee geel led "down lights" in gesit.
My vrou het gekla dat die "warm white" te sterk is, en "cool white" is nog skerper.
Dit is druk skakellaars, en vertoon mooi, alles is "flash mounted"
Len, omdat ons baie met die…
Len, omdat ons baie met die kleinkinders gaan kamp, gebruik ons, veral my vrou, 'n dowwe lig om nie die oukies te pla as hulle slaap nie. (Ek glo hulle aard na oupa, ek kan ook nie slaap as ligte my pla nie)
Baie netjies Johann, is dit…
Baie netjies Johann, is dit nou die "down lights" wat mens ook in die huis installeer? Die vorige eienaar het 'n 220V buitelig ingesit, weet nie wat hom besiel het nie. Ek het dit toe verwyder en twee Lumeno lees liggies ingesit. Ek het ook die 220V buitelig verwyder en die gat (50mm) wat oop was waar die vorige liggie was, het ek ook 'n "down light" ingesit, maar is net daar om die gat toe te maak, vir geen ander doel nie. Ek sal hom later opkoppel op een van die twee skakelaars wat in is.
Leeu, ja, en nee😂, jy kan…
Leeu, ja, en nee😂, jy kan wel die down lights binneshuis ook gebruik, maar dan moet jy 220v gloei lampies met ander koppel stukke gebruik. Die 12v liggies het twee puntjies wat net in die koppeling in druk, waar die 220v twee punte met "knoppies" op die punt het.
Ek het 2 van die ligte…
Ek het 2 van die ligte gekoop alles binne uitgehaal en LED lig binne gemonteer en aan albei hangkaste aan die bed se kant gemonteer om mee te lees. Die LED liggiees was te skerp en ek het weerstande binne gemonteer om dit flouer te maak.

WilSur se Exclusive Binne Ligte
Ek het die inligting van die ander forum oorgebring.
Die tyd toe ons die Exclusive gekoop het was hy nog toegerus met daai 12v ligte wat kokend geword het.
- Eerste het ek die twee bedliggies vervang met 220v Ac LED ligte want die wat die fabriek in gesit het het gelyk soos voellers hier in die middel bo jou kop en was onprakties.
Toe brand Surette haar niggers by die badkamer se lig want die skakelaar sit dierek langs daai warm lig. Genoeg gehad want Comet (waar ek nie meer my ondersteuning gee nie) het net die glasies uit gehaal wat bars en ek was nie tevrede met dit nie. Ek het die fabriek gekontak en die karavaan na hulle geneem vir liggies en nog so paar ander goed. Gelukkig is al nie nuwes toegerus met LED ligte (gelukkig ons sin ook)
- Ek het nog nie foto's van die wat ek buite gebruik nie maar sal neem en plaas.
![]()
![]()
Oppad na die volgende kamp.
![]()
My vrou het my nou oorreed…
My vrou het my nou oorreed om een van die "down lights" voor (regs) ook met 'n geel led liggie te vervang, dit is nou klaar, nou kan ek weer fokus op die kassies se binne ligte. Ek wil al die kassies ook led ligte in sit, dit is irriterend om in die donker iets te soek.
Johann, onthou van die…
Johann, onthou van die skakelaars soos wat ek jou gewys het sodat die deur dit af skakel wanneer jy dit toe maak
Stoffel dankie, ek het reeds…
Stoffel dankie, ek het reeds een mikro skakelaar wat ek gaan gebruik soos jou patent, moet nog 'n paar kry👍
Nice Johann / Willem
Nice Johann en Willem so maak ons dit net lekkerder vir ons self
Dit is toe 'n n/o skakelaar,…
Dit is toe 'n n/o skakelaar, ek kon dit nie gebruik nie want dit moet 'n n/c wees, maar ek het toe 'n gewone skakelaar in gesit, sal more fotos plaas.
En so lyk my klere kas nou…
En so lyk my klere kas nou nadat ek ligte in elke rak gesit het.
Baie nice, is dit blou of…
Baie nice, is dit blou of net die foto ?
Tuin ligte ...
Ek het 'n klomp ou solar ligte en vandag besluit om die klokkie (4 LED's) daar in te sit om dit te gebruik Desember om die grond pad langs te verlig. Dit is 12v LED liggies, sal kyk om môre 'n foto te plaas.
Soms soek jy het onderlangs lig om te sien waar jy loop.
Willem, dit is blou LED's,…
Willem, dit is blou LED's, daai vierkantige blokkies. Ek het dit (vier van dit) verniet gekry en wou dit nie weg gooi nie, maar, ek moet sê, ek hou daarvan.
Len, die verskil tussen n/o, en n/c ( soos Willem tereg noem) is dat 'n normaal oop skakelaar gebruik jy bv by krag gereedskap, sodra jy die sneller druk, maak die kring "toe" en die krag vloei, waar n/c, die teenoor gestelde aksie gebeur, en dit is wat ek nodig gehad het, sodra die deurtjie oop maak, moet die skakelaar "toe" maak.
Hoop ek verduidelik dit reg?
NB, ek is mal oor blou, maar…
NB, ek is mal oor blou, maar Cheatah oranje is net so mooi😃
Dankie.....
Dankie menere, ek weet wat normally open en normally closed beteken, was net nie bewus van die afkorting nie.
Ek verstaan ook hoekom dit nie as 'n ligskakelaar gebruik kan word nie want in die geval van 'n alarm-magneet op 'n venster, is die stroom gekoppel as die venster toe is. Sodra daar ingebreek word gaan die venster oop en die stroom word onderbreek en dit aktiveer die alarm. By 'n kasdeur liggie moet die stroom juis gekoppel word as die kasdeur geopen word sodat die liggie kan aanskakel - dus, net mooi die teenoorgestelde.
Kleur.....
Kleur van binne-liggies : my voorkeur is altyd "cool white", maar omdat dit dikwels te skerp is, sorg ek dat ek altyd 'n lae watt LED liggie uitsoek.





Johann...
...... lees julle in die bed met die geel ligte? Is dit nie 'n stremming op julle oë nie? Ek hou van jou gesonke skakelaars.
Met my vorige Penta het ons twee "cool white down lights" as leesligte bo ons koppe, as ons in die bed lê, gehad, maar my annerhelfte het ook gekla dis te helder en ook te warm. Ek het dit toe met 'n 12V buislig vervang wat perfek gewerk het.
Die Exclusive het weer twee afsonderlike leesliggies gehad wat 'n mens kon buig in 'n gepaste rigting, maar die liggies se aan en afskakel het maar gelol. Ek het hulle toe ook met 'n enkel 12V buisliggie vervang en whalla, ek en my annerhelfte is albei baie gelukkig. Ek besef dit trek iewat meer krag as 'n LED-lig, maar die ligsterkte pas ons perfek vir lees in die bed.