
Koffie enigiemand?
More op n maandag more
More almal julle moet n lekke dag he sien die kaap en noord kaap kry reen baie bly vir julle geniet julle koffie of tee van more vrede
Môre. Ek is ook 'n slag…
Môre. Ek is ook 'n slag oppad om te gaan werk. Ry vandag hier van Eiland Spa af Buffelspoort toe vir 2 aande (in rondawel) terwyl karavaan agterbly. Sien môre-oggend 'n kliënt in Rosslyn en môre-middag 'n verskaffer in Midrand. Ek sien nogal uit daarna om na 'n maand-en-'n-half se statiese verblyf weer die langpad te vat.
lekker Maandag julle! Ek…
lekker Maandag julle!
Ek kannie wag om my wa terug te kry nie, hopelik die week!!
Goeie môre kamp vrinne Is…
Goeie môre kamp vrinne
Is ook vanoggend terug op kantoor. Ek het die laaste tyd meestal van die huis af gewerk en dit is nogals lekker om van my werks kollegas te sien.
Ek het toe lekker vir 5 dae gekamp en die verassing was toe Dube. Het selfs `n privaat ablusie gehad. Was alleen daar van woensdag en die vrou het deurgekom vrydag middag vir die naweek. Vrinne het weer kom help afslaan Sondag middag en ek het die wa self huis toe gesleep en geparkeer.
Groetnis
Môre sê Kampforum Veilig ry…
Môre sê Kampforum
Veilig ry Chris.
Geniet jou dag voluit in vrede.
Môre Se!
Die kappery by ons huis is klaar, toe word daar gesement en nou moet die verwery nog begin. Omtrent 'n gedoente.
Ek het hierdie week nog fisio afsprake en twee baie belangrike doktersafsprake. Gaan ook uitstedig wees. Hoop dit gaan goed met julle almal en sal inloer as ek kan.
Groetnis.
Ait tog .... dankie daar is…
Ait tog .... dankie daar is nog net 2 dae oor van Julie en dan kan 'n nuwe koffiedraad geopen word, want ek is darem nou al moeg om elke dag hierdie afgesaagde nissan en woonwae prentjie hierbo te sien ... ![]()
Môre ieder en elk.....Grys,…
Môre ieder en elk.....Grys, moenie skoor soek nie hoor. Passop, Admin deel gou 1ste waarskuwings uit
moenie skoor soek nie hoor …
moenie skoor soek nie hoor
Ag ek is seker oom Len sal die die gespot kan hanteer?
Wonder waar is hy? Het lanklaas kom groet?
spog foto weg Willem ek…
spog foto weg
Willem ek het gesien die foto en al die inhoud is net eweskielik weg en die onderwerp was heeltemaal leeg! Daar het seker iets fout gegaan met die forum? Ek het toe maar 'n foto gaan soek van lekker kamp koffie en daar geplaas om die leemte te vul ![]()
Goeie môre. Glo dat elkeen…
Goeie môre.
Glo dat elkeen 'n goeie nagrus gehad het.
Geniet ook die dag.
Dalk het iemand dit "delete"…
Dalk het iemand dit "delete"
Ait tog ... nou wie sal so iets doen?
Goeie môre vanuit `n…
Goeie môre vanuit `n absolute chaotiese Pretoria
Dit is nou die tweede dag dat betogerts die stadsraad se eie voertuie gebruik om strate te blokkeer en die verkeer totaal en al te ontwrig. Gewoonlik neem dit my 40 min om by die huis te kom van die kantoor af en gister was dit `n uur en 15 min.
Werk maar weer vandag van die huis af
Groetnis





Môre, lekker geslaap, ñ "…
Môre, lekker geslaap, ñ " all nighter" getrek vir n slag. Vandag kry ons n bergwinde ???!!!