Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Umfula is nie n slegte plek… Umfula Lapskag -10 minutes ago
Leeu Kgalagadi Oktober 2026 Geert -31 minutes ago
Neef ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -33 minutes ago
Maer Leeu? Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -1 hour ago
Kieterkatte Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Slange Kgalagadi Oktober 2026 Goeie Hout -1 hour ago

Oor ditjies en datjies

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Dikwels is daar iets wat 'n ou wil sê, maar dit verg nie eintlik die opening van 'n afsonderlike gespreksdraad nie.  Ek het gedink om so 'n plek te skep en hier gaan ons met my eerste "ditjie".

Die Kaapse Vlakte : Dit is maar niks anders nie as verskeie townships hier in Kaapstad.  Ons kry daaglikse terugvoer van ons ou jarelange, getroue huishulp wat in een van hierdie gebiede (Delft) saam met haar gesin in 'n HOP-huis woon (waarvoor haar naam 25 jaar lank op 'n waglys was).  Volgens haar kan niemand dit na donker buite waag nie, die skote klap dan daagliks en maklik sommer deur die res van die nag.  Sy word gereeld beroof tussen die "taxi rank" en haar huis.  Om hierdie rede betaal ons haar weekliks op verskillende dae en nooit op 'n Vrydag of maandeinde nie.  Sy verkies weeklikse kontantbetalings want dan is die bedrae kleiner en daar is geen sprake daarvan om geld by 'n OTM te probeer trek nie.

Die DA-regering vra al vir jare dat die Weermag ontplooi moet word om die daaglikse moorde, bendegeweld, dwelmhandel, dwelmgebruik en ander misdade onder beheer te bring, maar dit word telke male afgewys.  Gister het Bheki Cele, minister van Polisie, na 15 moorde die naweek, aangekondig dat die Weermag van vanoggend 2vm in die Kaapse Vlakte saam met die polisie ontplooi word. Maar foeitog, die oubaas sê hulle het nie na die DA geluister nie, maar na die gemeenskap ! (Moenie vergeet nie, hier in Kaapstad ondersteun die meerderheid van die "gemeenskap" die DA !)

Wil jy nou meer !

Pretoria

leeu

Sun, 21/07/2019 - 21:02

Vat net water saam Anton, ek hoor dit raak nou skaarser daar met hulle groot dam wat leeg loop. jy weet darem dat Arie jou kan help met inligting van Zim.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 22/07/2019 - 09:54

Ek sou eerder meer bekommerd wees oor betaling vir my werk wat daar gedoen moet word as drinkwater.

0
Pretoria

leeu

Mon, 22/07/2019 - 11:18

Len, deesdae is enige iemand stupid om werk te gaan doen sonder 'n "purchase order" en neem aan hulle is verseker van die betalings. Dis ook heel moontlik internasionale betalings vir die werk.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 22/07/2019 - 12:49

Anton, seker die beste wat 'n ou kan doen, maar................die ander 50% is beslis op risiko  -  die land sukkel al vir jare met beskikbare valuta om skuldeisers te betaal.  Die huidige Goewerneur van die Zim Reserwebank is 'n oud-kollega van my, 'n baie gawe ou met korporatiewe bemarking-"skills", maar wat hy van 'n land se finansiële bestuur weet, weet nugter.  Hy is al daar vir 'n tweede termyn aangestel.

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 08/08/2019 - 07:26

Ek het gewonder of ek dié onder "Lag 'n slag" moes sit, maar besluit toe maar op Len se "Ditjies en Datjies".

Met dié dat ek toe hoor Willie van CP forum is oorlede, skakel ek toe weer vir die eerste keer in 'n baie lang tyd daar in, om te sien wat oor sy dood berig word.   Ek was baie jammer om daarvan te hoor.   Ek het baie van Willie gehou.

Nou, ek wil nou nie ou koeie uit die sloot graaf nie maar kon nie anders as om die onderskrif van een van die lede raak te lees nie:   (In hoofletters. - "Permanently off-line due to a lack of interest, especially to communicate with "snobs" which think the sun shine out of their ??????"

He-he, gelukkig is ons ouens wat daai tyd weggeloop het, nie meer te blameer nie.   Wonder wie die arme drommels nou is?laugh

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 08/08/2019 - 09:01

Ek het somer gevra ???

PERMANENTLY OFF-LINE DUE TO A LACK OF INTEREST, ESPECIALLY TO COMMUNICATE WITH ''SNOBS'', WHICH THINK THE SUN SHINE OUT OF THEIR ??????.

Nou wonder ek oor dié stelling ?

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 08/08/2019 - 10:25

Dankie Freda dat jy ietsie op "Ditjies & Datjies" geplaas het.  Ek het so gehoop dat dit 'n "drop box" van lekker geselsies gaan word, maar heelaas.........O ja, nou onthou ek, ek het my self voorgeneem om nie weer te kla oor 'n dooie forum nie, dus stop ek net mooi hier.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 08/08/2019 - 10:33

Die Saxonwold-sjebien man :

Ek sien hierdie blink-stefaans het sy moses teengekom in die Konstitisionele Hof en moet sy  foutiewe R10m pensioen-uitbetaling nou finaal terugbetaal !

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 08/08/2019 - 10:37

Busi :

Ek sien ou Busi word nou deur die Valke ondersoek vir meineed en regsverydeling.  Kan nie help om bly te wees nie.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 08/08/2019 - 10:43

Penta :

Iewers 'n voëltjie hoor fluit dat die nuwe Penta deur Kampforum op die proef gestel gaan word.  Indien die voël se gefluit korrek is, onthou tog joernaliste moet "withou fear or favour" rapporteer en nie onnodig stroop om die deur van die Penta smeer nie.  En hierdie raad kom van 'n stoere Jurgens ondersteuner.

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 08/08/2019 - 11:05

Len as ek die penta kamp sal ek maar sê wat ek dink van die opset.cool   My arme tentwaentjie gaan baie afgeskeep voel, maar wie gaan nou kla as iemand anders 'n wa vir jou sleep en gaan opslaan.     Ek weet net nie of ek die regte opinies sal kan gee as iemand wat nie eintlik 'n karavaan-ou is nie?  Sal maar hoor wat die ander geharde karavaan manne te sê het? 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 08/08/2019 - 11:29

'n Bietjie dinkwerk :

Ek lees 'n meningstuk van prof. Pieter Labuschagne oor twee dringende sake waaraan politici onmiddellik dringend aandag moet gee om Suid-Afrika van ondergang te red eerder as om op kleinlike binnegevegte mee besig te wees.  Ja, dink ek, almal weet die werkloosheidkoers van 29% en die powere groeikoers van 0,6% gaan nog ons einde beteken.

Maar nee, die meningstuk opper twee ander dringende sake :

  • Die ontstellende bevolkingsaanwassyfers in Suid-Afrika
  • Die groter wordende ongelykheid tussen ryk en arm, tans die mees ongelykheid in die wêreld !

 

Hierdie is stof tot nadenke.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 11/08/2019 - 14:44

Nog iets wat my intresseer op die regsfront verlede week en hierdie week :-

  • Verlede week het die OB en die EFF weer bloedneus gekry toe Pravin Gordhan en die President suksesvol 'n interdik bekom het om die SARS-Rogue Unit se remediërende optrede ter syde te stel tot die verslag hersien is.  Die interessante was dat adv Wim Trengrove het vir Gordhan opgetree en sy opponent was adv Tembeka Ngcukaitobi wat vir die EFF opgetree het.
  • Hierdie week takel die President die OB om 'n interdik te verkry oor die bekendmaking van sy private bankbesonderhede in die Bosasa verslag wat niks met haar mandaat te doen het nie.  En hierdie keer tree adv Tembeka Ngcukaitobi EN adv  Wim Trengrove gesamentlik op namens die President teen die OB !

Ek vind dit baie interessant.

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 12/08/2019 - 06:45

Ek sien vanoggend 'n meningspeiling op Maroela Media waar lesers moes stem of hul die vertoning op TV sou kyk.   Slegs 6% het gesê hulle sou kyk en 74% het gesê hul stel nie belang nie.  Nou ek sit my kop op 'n blok, die meerderheid van die 74% het so gestem omdat hulle dink daar gaan te veel swart dames wees en 'n swart dame sal wen en al die "mooi wittes" sal nêrens kom nie.

Hoe verkeerd kan hulle wees.   Ek het na die show gekyk en van die begin af was die uiteindelike wenner my gunsteling.  Ek was baie bly toe Zozibini Tunzi met die kroon wegstap. Sy is pragtig, sy het nie 'n pruik of haarstukke gebruik nie, natuurlike grimering.   En baie intelligent.   Ek dink sy gaan 'n waardige Mej SA wees.    

Sy kom van 'n klein "Xhosa rural village" iewers in die Ooskaap.    Eenvoudig en nederig groot geword.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus