6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hennie Botha Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 hours ago
Privaat boodskap Forum Herstel en terugvoering Geert -7 hours ago
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -9 hours ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -14 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -15 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -15 hours ago

Hartbeeshoek

Brits
Submitted by wessels on
Forums
Middag vriende Wie van julle het al by Hartbeeshoek gekamp. Dit is so 25 km buite Brits en omtrent regoor Dube. Hulle het nie 'n webblad nie, maar hulle prys vir kampering is ongelooflik billik. Dit is amper die moeite werd om te bespreek, en as dit my nie geval nie, huistoe te gaan. Sal graag wil hoor of dit aan te bevole is Groete

Middag vriende

Ai mense, julle mis mos nou die fokuspunt van die draad, Gaan dit om die kampeerterrein of die tertjie??

Gelukkig word daar nie kerkbasaar gehou met verdere gebak soos kleinkoekies en grootkoeke nie. Dit is 'n ander grappie as ons mekaar raak kamp.

Groete

0

Môre vriende

Net gou 'n regstelling, voordat ek verdink word van wanvoorstellings.

Die tarief van R95/nag vir 2 pensioenaresse geld net vir 5 aaneenlopende dae, nie oor naweke nie.

Vir 'n kampeerplek oor 'n Vrydagaand tot Sondagmiddag is die tarief R450/nag. Dit maak beslis meer sin as mens kyk na wat mens kry.

Groete

 

   

0

Middag Johann

Ek stem saam, net jammer ek is nog voltyds in diens en gaan so bietjie suinig met my verlof om.

As ek 5 dae verlof neem, sal ek eerder na plekke soos KNP, of ander nasionale parke, of dan meer besonderse plekke wil gaan.

Ek glo hulle bied die tariewe aan, juis om inkomste deurlopend te verseker.

Groete  

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 15/08/2019 - 17:17

Moet dit 2 pensionarisse wees?  Wat nou as oom pensionaris vir hom 'n lekker jong poppie kry, moet sy dan meer betaal?

(Of tannie pensionaris met 'n sterk jong man?) devil

0

Môre vriende

Onthou die gesegde;

dis die dun houtjies wat die vuur laat brand, maar die dik stompe wat die kos gaar kry.

Pensioenarisse be-indruk gewoonlik die jong poppies met die OTM-masjiene. Ongelukkig sal daar meer betaal word vir die jonger metgesel. 

Groete 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus