Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -7 hours ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -7 hours ago
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -9 hours ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -10 hours ago
Klipdraai in die mark Klipdraai Geert -10 hours ago
Simpel antwoord Oktober 2026 saam gesels Geert -10 hours ago

Oor ditjies en datjies

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Dikwels is daar iets wat 'n ou wil sê, maar dit verg nie eintlik die opening van 'n afsonderlike gespreksdraad nie.  Ek het gedink om so 'n plek te skep en hier gaan ons met my eerste "ditjie".

Die Kaapse Vlakte : Dit is maar niks anders nie as verskeie townships hier in Kaapstad.  Ons kry daaglikse terugvoer van ons ou jarelange, getroue huishulp wat in een van hierdie gebiede (Delft) saam met haar gesin in 'n HOP-huis woon (waarvoor haar naam 25 jaar lank op 'n waglys was).  Volgens haar kan niemand dit na donker buite waag nie, die skote klap dan daagliks en maklik sommer deur die res van die nag.  Sy word gereeld beroof tussen die "taxi rank" en haar huis.  Om hierdie rede betaal ons haar weekliks op verskillende dae en nooit op 'n Vrydag of maandeinde nie.  Sy verkies weeklikse kontantbetalings want dan is die bedrae kleiner en daar is geen sprake daarvan om geld by 'n OTM te probeer trek nie.

Die DA-regering vra al vir jare dat die Weermag ontplooi moet word om die daaglikse moorde, bendegeweld, dwelmhandel, dwelmgebruik en ander misdade onder beheer te bring, maar dit word telke male afgewys.  Gister het Bheki Cele, minister van Polisie, na 15 moorde die naweek, aangekondig dat die Weermag van vanoggend 2vm in die Kaapse Vlakte saam met die polisie ontplooi word. Maar foeitog, die oubaas sê hulle het nie na die DA geluister nie, maar na die gemeenskap ! (Moenie vergeet nie, hier in Kaapstad ondersteun die meerderheid van die "gemeenskap" die DA !)

Wil jy nou meer !

Vaalpark

Johann L

Sat, 24/08/2019 - 07:19

More Anton, ja nee swaer, is swaar swaer,  nooit lekker om jou geliefdes vir enige tyd agter te los nie,,,,, ek moes ook jare gelede gereeld bos toe gaan en dit was altyd baie onlekker. Ek kry vandag nog swaar, goed, darem nie soos ver en lank niewink  om my vrou agter te los al gaan ek net dorp toe. Het selfs op 'n stadium my dogter gevra om hier by ons te kom in trek (net na haar egskeiding). 

Nou ja, nou dwaal ek rond😄

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 28/08/2019 - 20:44

Die mense hier in Zim het baie geld!   Hier is die kontant wat ek gekry het vir van die week se onkostes ...

z

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 29/08/2019 - 07:50

Eintlik n hartseer storie, die arme mense kry het dit seker maar moeilik daar. Ons hier moet maar oop oeë kyk wat daar aangaan, moet nie sê dat dit nie hier kan gebeur nie.

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 29/08/2019 - 08:12

Daardie geld is eintlik so R3000 werd -   1 BOB vir 2 Rand   -   Maar meeste plekke soek USD of ZAR

Ek het met 'n voertuig gery tussen Vick Falls en Harare via Bulawayo en paar klein dorpies en ons kon nie brandstof ingooi met die Zim dollars nie - vulstasies soek net USD of ZAR

Ja die arme mense, en luukshede wat ons allerdaags gebruik is baie duurder as in SA - omtrent 2 x die prys.

Ek bekyk maar die storie so en vra myself hoe op aarde kan mense so wees - wat gaan aan met die swart nasies dat hulle alles so in die grond in dryf en so 'n gebrek aan respek  vir mekaar en die samelewing het?  En nee, my bogenoemde aanmerking is nie rasisties nie, dit is realisites! frown

0

wat gaan aan met die swart nasies

Daar is nie 'n eenvoudige antwoord op die vraag nie. Neem egter 'n paar faktore in ag:

  • Die swartes het tradisioneel tribal stelsels gehad, nie demokrasie nie. In hulle stelsels is die hoofman die baas, met finale seggenskap wat aanvaar word bloot omdat hy die hoofman is en nie bevraagteken word nie.
  • Voor die Scramble for Africa wat sy hoogtepunt bereik het met die Berlyn Konferensie in 1884-1885 was daar nie lande in Afrika nie, en het die tribes hulle eie gebiede gehad waaroor elk 'n hoofman geheers het. 
  • Tydens die Scramble for Africa en die Berlyn Konferensie is Afrika verdeel tussen koloniale magte. Hulle het die kaarte wat hulle gehad het (wat net sekere geografiese kenmerke bevat het) gebruik om Afrika onder mekaar te verdeel. Daarvoor het hulle natuurlike grense soos riviere en berge gebruik. Agv hiervan is tribes kunsmatig verdeel en saamgevoeg onder een moondheid. So is daar bv meer as 72 inheemse tale in Zambië. 
  • Toe die kolonialiste klaar geplunder het en die inheemse inwoners dit vir hulle te warm gemaak het, is hulle weg en het klomp volksvreemde dinge en stelsels agtergelaat. Demokrasie was een en burokrasie nog een. Afrikane pas demokrasie op 'n tribal manier toe. Die hoofman (president) vat wat hy wil en maak wat hy wil en word nie bevraagteken of van ontslae geraak nie. Kyk na Mugabe. Hoe lank het hy gemaak en gebreek net soos hy wil, en die land in die grond in bestuur voor hulle uiteindelik van hom ontslae geraak het, en gaan dit nou beter? SA se Zuma het net reggekry amper wat Mugabe reggekry het in 'n baie korter tyd, deurlopend met die ANC en die meerderheid van die publiek se steun. Dis demokrasie in Afrika. 
  • Burokrasie is baie gewild in Afrika want dit skep werk en geleenthede vir nepotisme en korrupsie. Dit lê ook die ekonomie lam.

En daar het jy die resep vir mislukking. 

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 29/08/2019 - 13:04

Ek gaan nie by politiek betrek word nie,  nie op hierdie forum nie in elk geval, maar, Chris jou stelling hier onder, is nie kwalifiseerbaar nie,

Toe die kolonialiste klaar geplunder het en die inheemse inwoners dit vir hulle te warm gemaak het, is hulle weg en het klomp volksvreemde dinge en stelsels agtergelaat. 

Kololialisme, en veral in meeste Afrika lande, het vooruitgang, rykdom, en oa beskawing mee gebring. Voor dit witman hierheen gekom het, was daar "tribal domination" met die hoofman as leier, en "survival of the fittest" was die norm, wat ook baie goed was vir getalle beheer. Die witman  het beskawing en rykdom gebring, maar ook oorbevolking bewerkstellig, wa die vrot vrugte van gepluk word vandag.

Waar bv. Zimbabee een van die rykste Afrika lande was, is dit vandag een van die armste, kos word nou ten duurte in gevoer, waar dit onder Ian Smith uit gevoer was.

In die 1970's was my beste vriend  (Engels man) se pa die hoof bestuurder by Lorain Gold Mines in Allanridge, ons gesêls eendag en hy haak af met die volgende stelling "Give the Africaner power and he would know what to do with it" , end van ind vriendskap. Pas dit vandag toe op alke Afrika leiers, en kry die antwoord.👍

Kort om, "survival of the fittest" is die beter manier van voor bestaan, dir hatuur beeys dit.

Vrede en vreugde vir julle👍

0
Worcester

Wildehont

Thu, 29/08/2019 - 15:57

Johann, ek wou nie kolonialisme afmaak as die bron van alle kwaad nie. Per slot van sake; as dit nie vir kolonialisme was nie, was ons waarskynlik nie hier nie en ek wil op geen ander kontinent woon nie. Ek wou ook nie ‘n politieke stelling maak of gesprek begin nie  

Ek kan verstaan dat my stelling dit so laat klink het, maar soos jy tereg sê het kolonialisme ook baie vooruitgang en ontwikkeling gebring. Ek het bloot lig op Anton se vraag probeer werp. 

Ons moet onsself egter nie flous dat die Europeërs (en Arabiere) met edele bedoelings hierheen gekom het nie. Hulle het gekom om slawe te kry en grondstowwe en rykdom te bekom. In 1890 is ‘n miljoen pond (in gewig) se ivoor uit Suid Afrika uitgevoer na Europa. Dit is gelyk aan ongeveer 10 000 olifante wat in een jaar vir hulle ivoor geskiet is (en dis maar net een voorbeeld). Niks is net goed of net sleg nie. 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 29/08/2019 - 16:24

Johan storie 6.
Ek is seker julle onthou die verskillende tye van kamp.
Ons het getoer met die sleepwa en tente. Yskas en vrieskas, dit het eers later met tyd en geld gekom.
Dan moes ons ook water en aanmaak koeldrank in vrieskas vries om so lank moontlik koud te hou.
Trek by die huis (Centurion) weg met vleis wat hard gevries en in spesiale verpakking geplaas.
Elkeen het water en koeldrank uit die selfde bottel in hulle bekers gekry om te drink. As coke oopgemaak word, het elkeen `n beker vol gekry. My vrou se leuse was: DEEL met mekaar.
Desember maande is warm en ons toer so Aliwal Noord (toe dit nog bestaan het) deur na P.E en dan stadig af na die moederstad en die skoonma in Parow.
Die 3 kinders so 3 tot 7 jaar oud is nog kinders en geniet elke oomblik. Lekker eetgoed hou hulle aan die gang en speletjies maak pad korter. Daar was nie Petro port en Ultra city op die paaie nie en Mamma, ek wil Piepie. Stop was `n no-go. Leviete word voorgelees in hoof letters. Moet nie elke dorp of gehuggie wil stop nie.
So die kinders was maar baie bly as ek sê, ek is dors, want dan kry elkeen van die vloeistof.
By die 1ste kamp (Aliwal Noord) aangekom almal opgewonde en almal help opslaan. Daar was nie mense wat dit kom doen het nie. Dan is dit tyd vir ontspan en vriende maak was aan die orde van die dag. Baie makliker as vandag.
Twee dae later is ons vroegoggend reg, gevoed en gepak op pad na P.E.
Hier by 12 uur, dan raak dit warm en die water en koeldrank is alles warm. Nou soek ek ys en by sekere van die dorpe wil die mense nie vir jou ys gee as jy nie drank koop nie. Ek is nou nie drinker nie, maar ys wil ek he.
So, koop een bier en dan kry jy `n gratis pak ys.
Die aand in Somerset strand, opgeslaan en besig om te braai, drink ek toe die bier van daardie dorpie.
Sit my seun so eenkant en ewe droog sê hy “Ek kan sien hoekom mans bier drink”. Vra ek nou in my onskuld, hoekom?
“Omdat hulle dit nie met die kinders hoef te deel nie”.
 

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 29/08/2019 - 16:45

Dankie Wildehont vir daardie oogpunt wat jy gestel het - dit maak sin.  Destyds met my antropologiese studies het dit ook gelyk asof die swart kulture oor die algemeen nie voorsiening maak vir vooruitgang en beplanning nie en dat die toekoms en voorsiening daarvoor nie eintlik 'n konsep is wat goed ooreenstem met die tradisionele afrika lewens siening en filosofie nie.  Wat van meer belang is , is om terug te kyk na die oorsprong en verelede van dinge - daarom ook die aanbidding van die voorvaders and gedurige verwysing na dinge wat in die verlede gebeur het eerder as om dit agter te laat en verandering aan te bring en die toekom te verbeter.

Dit wil voorkom of die westerse kultuur baie besorg is oor die toekoms en om voorsiening te maak en op te bou vir dae wat kom - dus die rede hoekom ons so dink en dit as belangrik ag - en natuurlik teenstrydig baie met die afrika siening is.

0
Worcester

Wildehont

Thu, 29/08/2019 - 22:46

Daar is blykbaar drie woorde waarvoor daar in geen swart taal 'n woord is nie (en daar is goeie redes daarvoor, maar dit verklaar baie dinge):

Beplanning (omdat Afrika matige winters het, was dit nooit nodig om te beplan vir 'n lang winter sonder vars kos nie),

Onderhoud (omdat hulle nomadies was en daar so rykdom van natuurlike hulpbronne was, was dit nie nodig om jou stukkie grond te onderhou om aan te hou sorg vir jou en jou gesin nie) en

Bewaring (dit is selfs in Westerse kringe 'n redelike onlangse konsep. Kyk nou maar hoe hulle die olifante en ander grootwild uitgeskiet het hier).

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 30/08/2019 - 04:32

Chris, jy slaan die spyker op kop kop, die swartes het voor die wit man het alles met sy geweer kom op voeter, nomadies geswerf na waar kos beskikbaar was, maar, soos Anton tereg sê, as dit nie vir die kolonialisering was nie, was ek vandag bes moontlik in Duitsland en het nie hierdie lieflike land grken nie.

 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 02/09/2019 - 16:31

Ek is oppad uit die dorp, huis toe. Ingedagte… soos gewoonlik as die diesel mooi tik en die wiele die pad onder die Groenkar deurtrek.

Van voor kom ‘n lykswa, met die stoet, ligte aan, agterna. Sonder om te dink trek ek af en sit my hoed op die sitplek langs my neer. Met ‘n skok besef ek, ek is die enigste een, die verkeer vloei voort, die lewe gaan aan.

Twintig km huis toe is genoeg tyd om te besef hoe ons verarm het. Hoe klein tradisietjies verval het. Hoe ons nie meer opstaan as ‘n vrou by die geselsskap aansluit nie, hoe bont die kerkgangers deesdae by die kerk se deure uitkom. Dat ‘n boer nie meer kan terugkyk en sien hoe reguit hy ploeg nie. Dat koffie nie meer ‘n gegewe is as jy êrens by iemand stilhou nie.

Eenmaal tussen Upington en Aroab het ek en ‘n vriend ‘n afspraak met ‘n boer gehad, toe ons 11 uur daar aankom was die tafel vir middagete reeds gedek. Ons is nie genooi of gevra nie, dit is net so aangeneem. Jy ry mos nie honger die 250 km terug huis toe nie, al word daar ‘n skaapboud en genoeg biltong vir ‘n maand ingelaai as jy ry.

Tegnologie maak alles makliker en vinniger, tog het ons tyd minder geword.

Bankrekeninge het groter geword, en ons……. baie armer.

.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus