Goeiemiddag almal. Ek is nuut op die forum en die onderwerp was dalk reeds bespreek? Vergewe my asb en adviseer my rakende die volgende asb: Ek en my vrou kamp reeds baie jare, eers in tente en die laaste 8 jaar met 'n Jurgens XT 120 met 'n tent. Ons oorweeg nou om 'n boskaravaan/off-road te koop. Ons toer gereeld, my voertuig is goed toegerus en ons gunsteling bly steeds ons Howling Moon daktent!! Die basiese kriteria vir die koop is die volgende:
1-Dit moet 'n karavaan wees, nie weer sleepwa met tent nie. 2-Moet geskik wees vir grondpad, "off-road". 3-Slaap twee mense. 4-Moet kan opslaan in 10 to 15 minute. 5-Moet 270 grade "awning" hĂȘ. 6-Kan funksioneer op beide 220v en 12v. 7-Vakmanskap moet uitstekend wees. 8-Billike pakplek. 9-Ingeboude kombuis en yskas. 10-Klein maar nie onprakties nie. 11-Moet lugversorger kan vat.
Stort en toilet is opsioneel, verkieslik nie binne die karavaan nie. Beide die Bushlapa Vlooi en die Conquerer UEV-14 is reeds op ons huidige kortlys maar ons wil graag ook 'n paar ander opsies oorweeg asb. Voorgemelde sal jul 'n goeie idee gee van wat ons behoeftes is. Ons probeer so lig moontlik kamp en oorweeg dit nie om soms van die aardbol af te verdwyn nie.
Enige ander voorstelle en advies asb?
Groete,
Leon Rabie
Rabiel....
Rabiel, welkom op Kampforum.
Ek self het nie 'n boswa/boskaravaan nie, maar drie van ons kampvriende het elk 'n Bushlapa, 'n Rooimier, 'n Boskriek en 'n Baobab. Die vriende met die Baobab het hulle Vlooi gou-gou ingeruil omdat hulle dit te beknop gevind het, veral wanneer jy by jou bestemming in slegte weer opdaag - daar is feitlik geen beweegruimte binne nie.
Aldrie is in vervoering met hulle Bushlapas, veral die puik afwerking en naverkoopdiens van die fabriek in die Paarl. (Ons bly almal in die Weskaap).
Sterkte met julle besluit.
Bushlapa Vlooi
Hi Len, ek deel nogal dieselfde sentiment rakende die Vlooi. Die Conqueror wat ek gemeld het, het dieselfde probleem. Beide het te doen met die uitleg. Die bed wat na die sykant uitloop neem helfte van die binneruimte op. Sal daarop let as ons koop. Baie dankie.
Leon, baie welkom opâŠ
Leon, baie welkom op kampforum.co.za, hoop jy kry die nodige inligting
Jy kan ons gerus van jou fotos wys wat jy van jul kampe geneem het, ek verstaan jy is 'n fotograafđ
Welkom RabielSoek julle ânâŠ
Welkom Rabiel
Soek julle ân twee-slaper? Ek het die jaar alle dinge ondersoek en glo ek het die goeie behou deur vir my ân Echo Kavango te koop, maar ek het ân vier-slaper gesoek.
Wessels (sy forumnaam) het ook een, maar ân baie nuwer een as ek (myne is ân 2008 model maar daar is niks fout daarmee, behalwe die A-raam vir die spaarwiel agter wat ek besig is om te verstewig) en hulle is net twee wat daarin slaap so hy kan in daardie opsig kommentaar lewer.
Die Imagine Comfortvan lyk ook vir my oulik en is aansienlik ligter as die Kavango maar hulle is baie skaars 2de hands. Jy het nie gesĂȘ of jy nuut wil koop nie. Dis vir my heeltemal te duur en waarom ek ân ou model moes koop.
Hi Johann, baie dankieâŠ
Hi Johann, baie dankie. Fotografie is meer my stokperdjie maar ek laai graag foto's op sodra ek uitge"figure" het waar en wat om te laai.
Wildehont, baie dankie en jaâŠ
Wildehont, baie dankie en ja. My kinders is uit die huis en ek soek 'n baie kompakte boswoonwa vir die tipe toere wat ons doen. Ek sal 'n tweedehandse model oorweeg sou ek een kry wat mooi opgepas is. Die Echo Namib SX of TX is ook 'n opsie waarna ek kyk. Hou van die uitleg. Sal kyk na jou ander aanbeveling. Weereens, baie dankie!!
More Rabiel
Welkom op die forum hier is n paar waens wat ek self van nader ingeklim het Afrispoor Serval en Cheetah , Bushlapa Boab ,Gecko , Bushwaka Sundowner sterkte met jou besluit
Watter boswa ???
MĂŽre Rabiel
Wat 'n lekker tydjie wag op julle--- die soek, oorweeg en dan besluit is soveel lekkerder as die finale koop. Laasgenoemde klap mens se beursie hard.
Ek het omtrent al wat bekostigbaar is oorweeg en gaan aanpas. Einde ten laaste 'n gebruikte Kavango gekoop. Ons is net 2 persone en vind die Kavango gerieflik klein. Stort/toilet stoot uit na buite en wanneer ons net vir 1 nag oorslaap, stoot ons dit nie eers uit nie. Agterste gedeelte word meestal as eethoek gebruik, veral as weer slegs is.
Terloops daar is 'n forumlid wat syne wil verkoop. Kontak gerus Pierre via die forum.
Jou wenslys kan effe verwarrend wees---Kompak, maar met billike pakplek, en plek vir lugreeling. My Kavango het lugreeling wat nie baie plek in beslag neem nie. Moet net nie dit bo-op die dak monteer nie, dit maak dak swaar en beperk jou hoogte vir bĂȘre in garage.
Dit klink of jy welbekend is met die Echo produkte, maar jy noem nie die Chobe wa nie. Dan is daar natuurlik ook die Jurgens produkte, Explorer en Escape. Eersgenoemde effe groot en swaar en laasgenoemde was net te beknop na my smaak.
Deel jou vrae, op die forum gaan jy baie opinies kry, maar onthou die keuse is jou beterhelfte s'n.![]()
Groete
Bundu trailers
Hello Rabiel
Ek is so meegevoer met jou soekery dat ek skoon vergeet van die nuwe produk op die mark.
Bundu trailors in Schoemansville, by die Hartbeespoortdam het 'n nuwe boswa ---die Bundu-X. Ek het daarna gaan kyk en is baie beindruk, veral met die prys, ongeveer R300 000 vir splinternuwe.
Dalk die moeite werd om uit te ry en te gaan kyk. Hulle is regs van die hoofpad as jy van Jasmyn-padstal ry in rigting van Schoemansville.
Groete
Sterkte, ek weet presies hoeâŠ
Sterkte, ek weet presies hoe jy voel, Daar is so baie boskaravane op die mark dat dit eintlik onmoontlik is om te kies. Hulle het almal een ding in gemeen Hulle is almal beknop binne, en almal weeg swaar 1ton+. As jy ruimte soek is daar een Mobilodge. Hy is egter baie duur en baie swaar. Ek was in dieselfde boot as jy, ek het iets gesoek wat lig is en wat spasie het binne. Ongelukkig kry jy nie 'n Offroader met die eienskappe nie. Dis hoekom ek my eie gebou het. So lyk my vloerplan. Dit slaan op in 10 min en jy het net 1 ankerpenne as jy toer, en 4 penne as jy 3 dae en langer wil staan. Hy weeg net 700kg as hy gelaai is.
Net so Tora
Stem saam Tora baie nice waens oppie mark maar swaar en van hulle be knop binne daai boswa van jou Tora is n wenner
Ek dink die ImagineâŠ
Ek dink die Imagine Comfortvan is net 850kg en kom in 2 of 4 slaper uit. Die 4 slaper het ân ekstra tent wat oopslaan/uitskuif wat die 2 slaper nie het nie. Hulle het ook ân Trailvan wat bietjie kleiner is.
Wildehont, hierdie is nie 'nâŠ
Wildehont, hierdie is nie 'n slegte opsie nie!! Ek is beĂŻndruk met die uitleg en geriewe!! Definitief op my kortlys.
Dit moet besonders wees omâŠ
Dit moet besonders wees om iets te bou soos jy dit wil hĂȘ! Jou ontwerp is uitstekend. Ongelukkig is ek nie vir een oomblik so handig nie!!đ€
Dalk is daar 'n kampwa bouerâŠ
Dalk is daar 'n kampwa bouer wat die wa op die mark kan sit. My nuwe konsep kan gebou word vir R50000 en die koper kan dan bysit wat hy wil.
Dalk is daar 'n kampwa bouerâŠ
Dalk is daar 'n kampwa bouer
Hierdie ouens bou baie netjiese kampwaens en bou volgens kliente se behoeftes:
Kliek: Custom Camper Canopies & Trailers
Daar was 'n forum lid by dieâŠ
Daar was 'n forum lid by die Sionberg saamtrek wat uitstekende produkte gebou het, ek kan net nie onthou wie dit was nie?
Johann, ek dink dit was LouwâŠ
Johann, ek dink dit was Louw's campers of so-iets
Stoffel, hulle het bo by dieâŠ
Stoffel, hulle het bo by die kaffee aan die linker ksnt fsn die pad gestaan. Maar jy is reg, Louw Camper vans was ook daar, hulle het naby aan Nico (Ski) en ons gestaan.





Hallo Rabiel en baie welkomâŠ
Hallo Rabiel en baie welkom by kampforum! Ek glo die mense hier sal gou inspring en advies gee