Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Cordierite... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
"Hot Rock" steak Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
Sluitingsdatum..... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 hours ago
Lekker werk Oktober 2026 saam gesels Geert -3 hours ago
Meiringspoort Pad en roete inligting Geert -3 hours ago
Meiringspoort Pad en roete inligting Wessel Strydom -4 hours ago

Kampeerplekke in die Kruger wildtuin

Worcester
Submitted by Wildehont on
Forums

Die draad het begin na aanleiding van my vraag hier onder maar het toe op “resensies”, menings en ervarings oor al die ruskampe en satelliet kampe in die Kruger wildtuin met kampeerplekke uitgeloop. Dit is van onskatbare waarde vir enige voornemende of terugkerende kampeerder in die nasionale park.

Hier is die oorspronklike plasing en vraag:

Uit die aard van die saak het almal hulle voorkeure, is dit redelik subjektief en is daar drastiese verskille tussen seisoene en binne/buite seisoen maar ek wil tog die draad begin. As daar dalk reeds so een is; verwys my gerus daarheen. 
Ons staanplek vir Julie is reeds bespreek; 4 aande by Punda Maria, 4 aande by Shingwedzi en 3 aande by Tsendze. Ek ken die wildtuin goed en besoek dit al vir 47 jaar elke jaar ten minste een keer. Die meerderheid van my besoeke was egter nie kampering nie en ek het nog net by Shingwedzi, Tsendze, Letaba, Balule, Satara, Pretoriuskop en Malelane kampeer en die laaste keer was by Tsendze omtrent 7 jaar gelede. 
Alhoewel ek lief is vir die Suide en wildbesigtiging daar goed is, is dit vir my te besig en moet ek vanwee skoolvakansies van volgende jaar af binne seisoen gaan. Ek verkies dus om nie verder Suid as Satara te gaan nie. Ek en my vrou verkies rus en vrede bo skares en verkeersknope by elke leeu en daarom die drie ruskampe waarby ons vanjaar staan. My klong het egter verlede jaar toe ons in hutte by Punda Maria, Shingwedzi en Letaba geslaap het laasgenoemde die meeste geniet want hy hou baie van die olifantmuseum en die natuurlewe rolprente wat saans daar buite vertoon word. 
Ek wil egter weet uit ‘n kampeerperspektief watter julle gunsteling ruskampe is om by te staan en waarom? Ek moet een of ander tyd besluit waar ons volgende jaar wil gaan staan. 

Worcester

Wildehont

Wed, 12/02/2020 - 13:42

Is dit egter tydens skoolvakansie (20 - 31 Maart)? Indien wel is dit vreemd maar andersins seker nie vir buite seisoen nie? Gaan hulle met jou wa?

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 12/02/2020 - 14:03

Uitlanders kry beslis voorkeur selfs jare terug in 1975 dit ondervind.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 12/02/2020 - 16:32

Ek het jare gelede daar gekamp, juis vanweë die gesukkel om my Exclusive daar staan te maak.  Mense wat kla oor Skukuza se te veel bedrywigheid moet ook maar hier wegbly, want dis 'n baie besige kamp.  Jy sal gewis toustaan by daardie pragtige resourant oor etenstye.

Stem saam, dis 'n wildlewe paradys.  Jy het veral twee teerpad keuses : (1) Die "N1" tussen OS en Skukuza of (2) die pad tussen OS en Krokkies.

Juis om die redes hierbo, verkies ek Krokodilbrug as my laaste kamp.  Dis 'n liefelike klein kampie en die omgewing is oortrek met wild van alle soorte.  Op die FB-groep "Latest Sightings" kom die meeste fotos en videos van die Krokodilbrug omgewing. Die nadeel van hierdie kampie se omgewing is soos by Skukuza en Ondersabie, die talle toer-wildbesigtiging-voertuie en soms ook, die honde geblaf van plase oorkant die Krokodilrivier.  Ook as jy ry op die grondpad langs die Krokodilrivier, sit die luukse wonings aan die anderkant van die rivier en die suikerriet lande my af. (Ek kyk dan maar eerder anderkant toe).

0
Worcester

Wildehont

Wed, 12/02/2020 - 22:06

Die natuur in die Suide (na my mening is al die kampe Suid van Satara deel daarvan) van die wildtuin is mooi en die wild volop maar binne seisoen is dit net te erg. Die oop voertuie is buite seisoen ook elke dag bedrywig en almal ken die frustrasies wat met hulle gepaardgaan. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 14/02/2020 - 13:04

Om een of ander onverklaarbare rede kan ek liries-nostalgies raak oor Pretoriuskop. Ek't al baie keer gewonder wat die rede is dat ek só 'n sagte plek vir hierdie kamp het. In my eie ervaring is dit geleë in een van die swakste wildareas in die hele wildtuin. Van al die konvensionele en satellietkampe (bosveldkampe uitgesluit) is my ondervinding van wild rondom Pretoriuskop die swakste van almal. Moet my nie verkeerd verstaan nie - ek het al wonderlike "sightings" in dié omgewing beleef, maar wild is maar skaarserig. Dit word toegeskryf aan die grootliks "suurveld" en oorheersendende vaalbome (Terminalia sericea) wat nie juis 'n aantrekkingskrag vir wild het nie. Alhoewel die area bekend is vir redelike hoë witrenosterbevolkings, asook een van die beter areas is om wildehonde raak te loop, is algemene wild (dalk met die uitsondering van koedoes) se getalle relatief laag.

Tog vind ek groot plesier daaruit om die sirkelpaadjies rondom die kamp te verken. Ek was gelukkig om 'n rooikat (een van slegs twee wat ek nog in die wildtuin gesien het) hier raak te loop.

Dalk is een van die redes vir my affiniteit met die kamp die feit dat dit die eerste kamp was waar ek en Ralie gesamentlik oorgebly het (1978). My vrou het glad nie die wildtuin geken nie, maar Pretoriuskop het dadelik onder haar vel ingekruip. Toe ons daardie dag by Numbi ingaan, was ons eerste dier wat ons gesien het 'n pragtige maanhaarleeu - Ralie se eerste wildtuin "sighting" nog voor sy 'n rooibok gesien het.

My dogter het my skoonseun aan die wildtuin bekendgestel. Hulle het by Africa School of Missions, tussen Witrivier en Numbi, studeer vir 3 jaar. Numbi was minder as 20 minute se ry van hulle af. Tot vandag is dit hulle gunsteling-area in die wildtuin. 'n Wildtuinbesoek is nie vir hulle 'n besoek as dit nie verblyf in Pretoriuskop insluit nie. En was hulle al gelukkig in daardie omgewing!!!

Ek kan my nie uitlaat oor kampering in Pretoriuskop nie, want ek't nog nooit daar gekamp nie. Maar ek gaan loop elke keer in die kampeerterrein rond wanneer ons daar oorbly - en ek reken ek sal dit geniet.

Vaalboom-omgewing

P'kop

Pretoriuskop was vir baie jare die enigste kamp in die wildtuin met 'n swembad.

P'kop

By gebrek aan kampeerfoto's, plaas ek maar 'n foto van ons laaste verblyf (Feb 2018) in 'n rondawel.

P'kop

Ai - hoe verlang ek om nóú daar te wees.

0

Middag Chris

Jy skryf so lekker, ek verlang ok sommer willetuin toe.

Ek was nog nooit in Pretoriuskop en omgewing nie, maar dalk is dit 'n goeie 2de prys as mens nie in Skukuza wil kampeer nie. Is die veld altyd so ruig, of was dit net 'n goeie jaar toe foto geneem was?

Ek geniet jou bydraes tot die draad.

 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 14/02/2020 - 14:13

... is maar net omdat ek só lief is vir die wildtuin dat ek graag deelneem aan gesprekke wat daaromtrent handel. Ralie en my kinders het my al aangemoedig om 'n wildtuingids te skryf, maar daar is al sóveel soortgelyke publikasies. En buitendien kom ek as Bolander te min daar en hou maar rekord net vir my eie genot.

Daardie foto van die vaalboomveld is in Februarie 2018 geneem. Die veld wás toe besonders ruig - maar prentjiemooi. Dit is die tyd van die jaar wat die dekgras (of soos ek dit leer ken het as "tamboekiegras) lekker geil groei. In die droër tyd van die jaar kan dié droeë gras maar lekker hoog staan - van só 'n aard dat mens sukkel om enigiets kleiner as 'n rooibok raak te sien.

0
Worcester

Wildehont

Fri, 14/02/2020 - 14:48

Al gaan ek gereeld gal af oor hoe besig die Suide is, moet ek erken dat ek ook Pretoriuskop geniet en al goeie wild gesien het in die omgewing. Dis ‘n pragtige kampie en nie te groot nie. As jy Skukuza of Afsaal se kant toe ry raak ‘n sirkelroete lank, maar ek het dit ‘n  vorige keer wat ons daar was alleen saam met my klong gedoen (sy sussie was toe omtrent 5 maande oud en sy en mamma het in die kamp gebly). Ons het ‘n heerlike rit gehad en alhoewel dit sy derde besoek aan die wildtuin was, was dit die eerste keer dat hy die diere uit sy boekies begin herken het. Ons het die enigste leeus van ons toer daardie dag gesien en het hy dit nou geniet!

Alhoewel ons nie toe kampeer het nie, het ek al alleen daar kampeer voor ek getroud was en dit geniet. Tydens ons laaste besoek daar in 2018 het daar egter ‘n groterige toergroep in die onderste deel van die kampeerterrein gebly (naby aan ons rondawel) en hulle was nogal luidrugtig. Gelukkig het daar ‘n ordentlike donderstorm uitgesak wat hulle in hulle tente ingedwing het. Ons is die volgende oggend by Phabeni uit (omdat die pad by Numbi uit Witrivier toe te besig geraak het en sodat ons vir oulaas nog ‘n entjie deur die wildtuin kon ry). Hier onder is die laaste soogdier wat ons daardie toer gesien het. 
A

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 14/02/2020 - 20:37

Nouja, laat ek die lofsange oor Pretoriuskop aanvul met 'n paar kampeerfotos by hierdie kamp.

Hier kamp ons by Pretoriuskop teenaan die noordelike grensdraad :

.

Hier is die Fayi-spruitjie op die Fayi-omrit om 'n naby geleë koppie :

.

Hier kamp ons op die verste punt van die kampterrein teen die westelike grensdraad :-

.

Ons het heelwat renosters hier gesien.  Omdat dit 7 jaar gelede was, kan ek seker maar sê waar : op die S11 grondpaadjie :

.

In 2013 het ons by Numbi-hek ingegaan en die eerste "dier" wat ons gesien het was 'n reuse luislang wat voor ons oor die pad geseil het.  Op die omrit om die Shabeni-koppie het 'n troppie wildehonde van vooraf oor die pad al spelende  aangehuppel gekom.  Op die H1-1 naby die Shitlhave-dam en ons ook 'n groot trop lui wildehonde teëgekom.  In min of meer dieselfde area 'n groot maanhaar leeu en 'n dag of wat daarna 'n jagluiperd.

Op die Voortrekkerpad (H2-2) na Afsaal-piekniekplek, is die boma aan die regterkant nog sigbaar waar die eerste witrenosters in die Wildtuin in 1960 hervestig is.  Ek was toe in St.6 saam met my ouers daar.

Die grasvlaktes is baie ruig en dikwels loop 'n mens groepe kontrakteur-vroue raak wat die gras vir dekgras sny.  So 'n paar jaar terug is 'n paar van hulle doodgebrand tydens 'n bosbrand wat uitgebreek het.

Ek stem saam, hierdie kamp het iets wat 'n mens aantrek  -  heerlik om daar te kamp.

 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 17/02/2020 - 10:28

My 9 nagte wat ek al in hierdie kampie spandeer het, is almal gekamp. In 1991 met ons eie tent (voor woonwadae) en 2 keer in die wildtuin se safaritente.

Iewers het ek nog foto's in 'n album van ons 1991 vakansie. Toe't ons nog op uitstekend-versorgde grasstaanplekke in Krokodilbrug gekamp (ek sal kyk of ek foto's van genoemde foto's kan neem en hier plaas). Wat ek verder van daardie vakansie kan onthou, was dat ons die voorlaaste oggend deur leeus wakker gebrul is. Dit het geklink en gevoel of die ou binne die kamp, langs my tent staan en brul. Hoendervleis het op my uitgeslaan - en ja, ek was skytbang, want ek was oortuig hulle is binne die kamp. Ek't met 'n groot nood gelê en luister hoe die gebrul verder weg beweeg. Eers nadat ek seker was dat die ouens nie binne die kamp was nie, het ek dit gewaag om te gaan piepie.

Die twee kere in 'n safari-tent was nog die enigste kere wat ek in die wildtuin van dié akkommodasie gebruik gemaak het. Ons was nogal heel beïndruk - so ook met Krokodilbrug as kamp. My enigste negatiewe ervaring van Krokodilbrug is die honde wat jy soms hoor blaf op die suikerrietplase anderkant die rivier en die pompe se gedreun. Dit is egter wat my aanbetref ongetwyfeld een van die wildtuin se beste wildbesigtigings-areas.

Ek kan aan geen verskoning dink hoekom ek nog nie met my karavaan daar gaan kamp het nie - alhoewel dit is nie maklik om kampeerplek (selfs ander akkommodasie) in Krokodilbrug te kry as jy nie jou bespreking doen op die dag wanneer besprekings open nie. Ek het in afgelope jare meermale van Krokodilbrughek gebruik gemaak. En bykans elke keer het ons eers 'n draai deur die kamp gaan loop. Ek was telkens beïndruk met die netheid van hierdie kampie.

Eendag as ek groot is gaan ek weer daar kamp.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 17/02/2020 - 10:55

Uiteraard maar swak gehalte foto's van foto's. Maar kyk net daardie lekker grasstaanplekke waaroor Krokodilbrug beskik het.

K'brug

K'brug

 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 17/02/2020 - 13:37

Dit sal net lekker kan wees om so in die Kruger te kan kamp, maar die stof onder jou voete maak dit meer bos agtig.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 17/02/2020 - 14:03

Skerp. 

... sal stofstaanplekke by die see dit meer see-agtig ook maak?

Nee maar beslis die see dries en sagte grond staanplekke wink

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 17/02/2020 - 14:43

Die Berg-en-Dal omgewing bly maar een van my gunsteling areas in die wildtuin. Die topografie maak dit ongetwyfeld een van die mooiste areas. Berg-en-Dal is ook 'n pragtige kamp - alhoewel sommige van die ouer garde reken dat die boustyl té afwykend is van die ouer kampe se tipiese rondawels. Ek gee egter die beplanners en landskaps-argitekte 10 uit 10 vir hulle versiendheid om hierdie kamp so uniek te beplan het. Maar my laaste paar besoeke het my laat besef dat dit deesdae ongelukkig een van die swaks-bestuurde ruskampe in die wildtuin is.

My eerste kennismaking met Berg-en-Dal was in 1989. Ek het dadelik verlief geraak op die kamp en die omgewing. My eerste kampeer-ervaring in hierdie kamp was eers 10 jaar later (Nov 1999). Mensig - het ons warm gekry!! Dit was een van min wildtuinbesoeke waartydens ek geswem het. Maar o wee, tydens daardie besoek het ek van die lelikste grillerige goggas gesien wat saans aangelok was deur ligte. Ons het na die eerste aand besef dat ons nie 'n buitelig moet aanskakel terwyl ons braai of buite kuier nie. Maar dit het een aand ook daartoe gelei dat ek iets mooi kon aanskou (en beslis nie grillerig nie - inteendeel die absolute teenoorgestelde). Regoor ons het 'n Duitse paartjie ingetrek met 'n ryhuis. Hulle het uiteraard ook maar warm gekry en die baie mooi goed-bedeelde vroutjie het besluit dat as haar man kan kaalbolyf loop, kan sy ook. En só het sy geparadeer voor haar ryhuis se groot agtervenster terwyl hulle binneligte aangeskakel was. Ek en Ralie het in die donkerte die petalje aanskou. Was dit nou vir jou mooi!! Ek het hulle die volgende oggend in die winkel gesien en wou vir haar sê dat sy maar enige tyd só kan loop, maar Ralie het gesê ek moet eerder nie.

Ons het sedertdien verskeie kere in Berg-en-Dal gebly, waarvan twee keer weer gekamp is. In Oktober 2015 moes ek kliënte in die noorde gaan sien en besluit toe om sommer net die tentjie met die minimum kampeertoerusting in te pak. Toe kamp ons vir 5 aande in Berg-en-Dal.

B&D

Ons het dit, soos enige wildtuinbesoek, geniet - maar toe het ek al begin agterkom dat Berg-en-Dal se bestuur beslis nie op standaard is nie. Die ablusies was inderwaarheid haglik - en dit selfs met relatief min kampeerders.

Twee jaar later (2017) het ons weer Berg-en-Dal op ons wildtuin-reisplan ingesluit - vir 7 aande. Eerstens wil ek noem dat ons 'n baie lekker staanplek op die onderste terras teen die grensheining gekry het - nie dat ek juis 'n groot aanhanger daarvan is om teen die grensdraad te kamp nie. Maar hierdie was 'n lekker gelyk en skaduryke staanplek. Ons het 'n ander ablusieblok as twee jaar vantevore gebruik, maar ai - die standaarde was weereens glad nie wat ek in die wildtuin leer ken het nie. Ek kan foto's daarvan plaas, maar dit is nie die doel van my skrywe nie. Wat veral teleurstellend was is die feit dat Sanparke, hetsy die areabestuurder of ruskampbestuurder nie eens gereageer het op my e-pos nie. Nietemin, dit kan net verbeter. En Berg-en-Dal sal een van my gunstelinge bly - afgesien van die bobbejane en ape wat erge lasposte is.

2017

B&D

B&D

Volgens my persoonlike ervaring is die Berg-en-Dal omgewing een van die bestes vir een van my gunsteling diere in die wildtuin, naamlik wildehonde. En wanneer ons die slag daar bly ry ons bykans slegs die S110 sirkelroete. Afgesien van die wittes, is dit ook naas Onder-Sabie die enigste omgewing waar ek 'n swartrenoster in die wildtuin gesien het.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 17/02/2020 - 15:05

Ons het een keer ook daar gekamp en dit wat nice gewees, gelukkig was ons naby krag.  Dit was in die onderste doodloop teen die draad.

.

.

.

.

.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 17/02/2020 - 15:24

Berg-en-dal :

Wat sal ek nou sê ? 

  • Die blouape is al vir jare 'n ernstige pes  -  ek was ooggetuie hoe 'n klompie van hulle 'n Caravette se gaas by die opwip-dak verskeur het en die karavaan binnegedring het.
  • Die versoging van die ablusies het veel te wense oorgelaat
  • Die ontvanspersoneel het 'n kursus in toeriste-vriendelikheid nodig gehad
  • Wildpaaie is alleenlik bereikbaar vanuit die S110 sirkelroete.  Ek stem saam dis 'n oulike sirkelroete, maar vind dit iewat vervelig om dit altyd te moet ry om by ander wildkyk-paaie uit te kom
  • Die meer moderne (en baie mooi) argitektuur wat tydens die opstel van die kamp gebruik is, voel nie vir my tipies Kruger Wildtuin nie. (My ouderdom is seker maar die oorsaak).
  • Ons het lanklaas daar gekamp  -  miskien moet ek die saak weer oordink en 'n volgende keer Krokodilbrug verruil vir Berg-en-dal en dan Malelane as huistoegaan-hek gebruik.

.

.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 17/02/2020 - 15:44

 

Plaas fotos of dit het nie gebeur nie! 

 .... dit was nog in die ou dae voor ek my eerste digitale kamera gehad het. 'True as' njannies - dit het gebeur. Ralie sou my in ieder geval verkwalik het as ek 'topless' foto's van 'n ander mooi 'girl' neem. Sy't my darem toegelaat om myself daarin te verlustig.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus