
R400/nag (Prys van toepassing op verlengde verblyf binne skool vakansie)
4 persone per staanplek
Troeteldier vriendelik (klein hondjies word toegelaat)
Besprekings moet direk met Serengeti gemaak word . Tel 013 261 8903 serengeti@ctecg.co.za of serengeti.ontvangs@ctecg.co.za
www.serengeticaravanpark.co.za
Belangrik: Gebruik ASB Kampforum as verwysing om van spesiale aanbod gebruik te maak.
Lede word aangemoedig om te bespreek voor 28 Feb aangesien 'n blok van 25 staanplekke vir Kampforum uitgehou word. Daarna sal staanplekke beskikbaar gemaak word aan enigiemand.
Serengeti Saamtrek
Ek hoop nie die virus ding gaan ons pla met on kamp nie.
Lyk vir my ons gaan…
Lyk vir my ons gaan ongelukkig moet kanseleer.
Ag nee nie nou nie ? Ja…
Ag nee nie nou nie ?
Ja die werk omstandighede verlang nou dat ek 24/7 bedreiwig is met verkope en bemarking.
Verkope en bemarking : ook…
Verkope en bemarking : ook voltyds oor naweke ?
Ja Len. 75% van my kliente is mos oorsee. Die Midde ooste manne bv. begin mos hulle week op 'n Sondag, maar Vrydag is hulle af dag. Dan werk die mense in ander tyd zones, m.a.w as dit 9pm hier by ons is dan eet party eers middagete. Ek is baie oggende al hier van 4 - 5 am voor die rekenaar om eposse te antwoord van my kliente in die ooste sodat ek darem die helfde van hulle werksdag kan saamwerk en nie eers hoe te wag vir hulle volgende dag om te antwoord nie. En dan tot laat aande besig met diegene wat in die Amerika's is. My afgelope Saterdagmiddag was opgeneem met Skype vergaderings met verskeie maatskappye in India waar hulle maar eintlik nooit ophou werk nie. Ek kla nie, geniet dit en doen dit al vir jare, maar my werk is nie 'n gewone 9 tot 5 / 5 dae 'n week een nie.
Interessant....
Interessant Anton, maar dit beteken jy kan eintlik nooit gaan kamp nie en dit kan lol !
Interessant Anton, maar dit…
Interessant Anton, maar dit beteken jy kan eintlik nooit gaan kamp nie en dit kan lol !
Len dit gaan gewoonlik nie so rof nie, maar met die Corona Virus hou ons fone nie op lui nie. Die wêreld soek effektiewe saneermiddels en ons produseer dit by die duisende liters!
Staanplek Nommer
Willem,
Ek sien nou ek het nooit my staanplek nommer deur gegeee nie. Ons is op nommer 72. Ons ry more oggend deur. Antoinette verjaar ook nog more, dus moet ek haar bietjie bederf ook.
Christo Kleintjie en SRTosen…
Christo Kleintjie en SRTosen moes ongelukkig ook kanselleer.
Serengeti Saamtrek
Net 5 van ons ?
Hoop julle bring genoeg hout vir Saterdag aand se saam braai en vir die groep fotot's ?
Ek weet daar kort nog name op die lys
waar is julle ?
Net 5 karavane? is baie swak ?
Kom julle
As ek dit reg het het reeds 20 kamplaatjies bestek vir die kamp.
Wie is nog in ?
Harry Du RandtDie res wys nie mooi vanwaar hulle is nie, maar glo ons kan nog kry om saam te kan kom kamp ?
Dagse Almal Ek was geboek…
Dagse Almal
Ek was geboek die galo en sou 5 uur vanmiddag pad gevat het, maar......
Ons koprut outjies is in ons se spore gestuit en het die travel ban gekry die kant van die draad. Ek het nie my bespreking gekanseleer maar net op halt gesit en Serengeti was so verstaanbaar.
Julle moet lekker kamp vir julle tydperk En laat die vuure hoog brand!
Serengeti Saamtrek - 20-22 Maart 2020
Dis nou 'n bollie spul.
Surette het gister begin kla sy voel nie lekker nie, ek het voorskrif by die Dr. vanoggend gaan kry, sy het glo iets soos sinusietes.
Ek het die oord geskakel en gevra of ek my bespreking kan skuif, hulle het gesê dit is ok maar wag nou om te hoor of daar plek is.
So julle moet maar vir ons foto's neem die wat daar is. Ek sal maar vanaand braai en verbeel ek is by julle op die kamp. Ek gaan egter nie die Ford uitpak nie, hy kan maar so staan tot ons geen.
GENIET JULLE KAMP VOLUIT !!!





Johann ...
Ja, ek slaap