6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Het die rooi kadotjie gesien… Forum Herstel en terugvoering neef Herman -29 minutes ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -1 hour ago
Privaat Boodskap Opsie Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Foto neem Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -3 hours ago
100de by mekaar. Vakansiebeplanning 2026/27 neef Herman -3 hours ago
Dankie Geert Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -4 hours ago

Oor ditjies en datjies

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Dikwels is daar iets wat 'n ou wil sê, maar dit verg nie eintlik die opening van 'n afsonderlike gespreksdraad nie.  Ek het gedink om so 'n plek te skep en hier gaan ons met my eerste "ditjie".

Die Kaapse Vlakte : Dit is maar niks anders nie as verskeie townships hier in Kaapstad.  Ons kry daaglikse terugvoer van ons ou jarelange, getroue huishulp wat in een van hierdie gebiede (Delft) saam met haar gesin in 'n HOP-huis woon (waarvoor haar naam 25 jaar lank op 'n waglys was).  Volgens haar kan niemand dit na donker buite waag nie, die skote klap dan daagliks en maklik sommer deur die res van die nag.  Sy word gereeld beroof tussen die "taxi rank" en haar huis.  Om hierdie rede betaal ons haar weekliks op verskillende dae en nooit op 'n Vrydag of maandeinde nie.  Sy verkies weeklikse kontantbetalings want dan is die bedrae kleiner en daar is geen sprake daarvan om geld by 'n OTM te probeer trek nie.

Die DA-regering vra al vir jare dat die Weermag ontplooi moet word om die daaglikse moorde, bendegeweld, dwelmhandel, dwelmgebruik en ander misdade onder beheer te bring, maar dit word telke male afgewys.  Gister het Bheki Cele, minister van Polisie, na 15 moorde die naweek, aangekondig dat die Weermag van vanoggend 2vm in die Kaapse Vlakte saam met die polisie ontplooi word. Maar foeitog, die oubaas sê hulle het nie na die DA geluister nie, maar na die gemeenskap ! (Moenie vergeet nie, hier in Kaapstad ondersteun die meerderheid van die "gemeenskap" die DA !)

Wil jy nou meer !

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 15/03/2020 - 12:03

Nee jou positiewe uitkyk wat jy altyd ons na verwys yes

Centurion

Voortrekker

Sun, 15/03/2020 - 18:38

stem saam al die handreinigers en goed is onodig

 Ja as jy by jou huis is en toegang het to seep, lopenede water en wasbak...     Of ry / dra julle die goed oral saam? 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 16/03/2020 - 10:35

My opinie :-

  • Pasop vir statistiek  -  dit kan altyd gemanipuleer en ingespan word om jou standpunt te onderskryf.  Opponerende partye kan dieselfde statistiek gebruik om hul eie standpunte te onderskryf
  • Die spoed waarteen die virus wêreldwyd versprei het MOET tog enige regdenkende mens tot diepe insig tref
  • Ek kan fopnuus oor die virus versprei as ek wil
  • Ek kan alle pogings van owerhede om die virus te bekamp, kritiseer en bespotlik maak as ek wil
  • Ek kan niks doen oor die dood van 1 365 317 kinders onder die ouderdom van 5 jaar in die hele wêreld nie, maar ek kan wel my samewerking gee aan my Regering se pogings om die verspreiding van die virus in Suid-Afrika te beperk

Besluit maar self waar jy jouself in hierdie situasie in Suid-Afrika wil skaar.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 06/04/2020 - 14:44

...................doen jy allerhande interessante dinge en een daarvan is die volgende :-

Ek het 'n oer-oue trollie-jack wat ek altyd getrou saamgery het.  Eers in die Penta onder die yskas in 'n perfekte kassie en later op dieselfde plek in die Exclusive.  Intussen het ek opgegradeer na 'n elektroniese domkrag (die woord "domkrag" pas nie lekker by die ou trollie-jack nie) en nou bly die trollie-jack by die huis  -  eintlik te swaar.

Terwyl ek so rondhang hier by die huis, sien ek die knaap daar staan en hy lyk kompleet soos ek, oud en verweerd.  Net daar en dan besluit ek dié getroue ou siel kort 'n opknappertjie en siedaar, hy lyk weer splinternuut ! (Hy het nog nooit op 'n pragtige houttafel in my braaikamer gestaan nie).

.

Waar my wa staan

Arie

Mon, 06/04/2020 - 15:28

Mooi Len jy hou jou hande besig!

Ek sien hier bo jy moet oppas vir statistiek?

Ek sal nooit vergeet, ń dosent vertel pns eendag hoe mens statistiek kan verdraai.

Volgens statistiek word 35% van alle noodlotige motor ongeluke deur dronkbestuurders veroorsaak 

Dus logies word 65% van al die noodlottige ongelukke deur nugter bestuurders veroorsaak.

Dan kan mens aflei dat dit baie veiliger is om dronk te bestuur?

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 06/04/2020 - 15:30

Len, ja ek het destyds een gekoop vir die Classique en toe ek hom eendag uit haal sien ek al sy olie het uit geloop.  Hy is toe nooit weer in die woonwa gesit nie.  Dink ek het hom vir my een skoonseun gegee, ook as-gevolg van sy gewig.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 06/04/2020 - 18:06

Van julle ken hom - Chris Smit, het dié vir my gestuur.

Ek het vandag weer iets by 'n ou vriend: Norman Hartman, geleer.

if you think education is expensive, try ignorance

Secunda

Sleep nou

Tue, 07/04/2020 - 07:09

Ignorance kom en byt jou later aan jou gat kyk nou minister van Vervoer laat taxi bedryf weer volstoom loop terwyl ander by huise sit die riglyne van 70 % mense in n taxi word nie hier by ons toegepas nie kom nou dis ignorance

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 07/04/2020 - 09:38

Arie en julle ander wat so woordspeletjies in die inperkingstyd speel om julle breine aan die gang te hou, hierbo is nog so 'n woordspeletjie.  Probeer gerus Sleepnou se komentare (veral die een hierbo) eenkeer deurlees en dan ontsyfer waarvan die man praat.  Onthou, jy mag nie 'n tweede keer lees nie.

Waar my wa staan

Arie

Tue, 07/04/2020 - 09:47

Len, ek het nou my koffie op my foon uitgespoeg van die lag!!!

Ja kyk Sleepnou hou ons goed besig met sy stories spnder leestekens.

Ek moet erken ek geniet om sy skrywes te ontsyfer,voel soos ń spioen tydens WW2 wat geheime boodskappe moes ontleed.

Maar ek is tog baie dankbaar dat hy nooit aan my raporteer het nie, kan jy jou indink om ń twee bladsy vorderings verslag van hom te ontleed?

Sleepnou, ons like jou ons spot maar net bietjie, niks lelik bedoel nie.

Waar my wa staan

Arie

Tue, 07/04/2020 - 12:34

Willem daai ding kon die ou Nederlander nog nooit verstaan nie?

Bedoel jy ek mowt tussen die twee geskryde reels lees?

Wel ek hey slegte nuus vir jou my maat, hier op my foon is daar niks tussen die lyne geskryf nie.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 07/04/2020 - 12:42

Sal maar vir Oom Len inroep, soos ek gesê het my woordeskat is maar min, het dit seker iewers gesien Arie, daarom die stelling, maar wat dit beteken ?

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus