Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -2 hours ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
Klipdraai in die mark Klipdraai Geert -3 hours ago
Simpel antwoord Oktober 2026 saam gesels Geert -3 hours ago

Springbokke

Port Elizabeth
Submitted by Frieps on

Nou ja, die Springbokspan wat moet speel teen die Franse is bekendgemaak.   Daar is baie goeie spelers onder hulle, Warren Whitely is (vir my) 'n waardige en die regte kaptein.  

Nou hang dit af van afrigting en wat die spelpatroon gaan wees.   Die Bokke kan weer ons almal se ondersteuning verdien.  Ek hoop van harte hierdie jaar gaan dit gebeur.   Ek wens hulle net die beste toe.   Weer so!!  Bokke!!

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 23/05/2017 - 16:56

As ek reg verstaan het, word nie een van die toetse op Nuweland gespeel nie.  Ek hoop dit is die groot reën wat nog hopelik gaan kom wat hulle afskrik.

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 23/05/2017 - 17:32

Die wedstryde is in Pretoria, Durban, Johannesburg.  Ten minste hoef Kaapstad nie nog van hul waardevolle water vir ekstra besoekers te gebruik nie.

0

Net my mening oor die Sprinbok keuses .Ek sien dat daar weer 3 van die buitlandse spelers ingesluit is in die huidige span .Hoe onregverdig is dit teenoor die manne wat hier vasbyt en nie n kans gegun word om vir die bokke uit te draf .Is baie bly Habana is nie ingesluit

0
Pretoria - Oos

Andre Smit

Wed, 24/05/2017 - 09:01

Soos gewoonlik gaan nie almal tevrede wees nie.

My klippies in die skoen is die volgende:

  Hoe los Coetzee vir Ruaan Combrinck uit;

  Die een gaan meer reaksie uitlok maar lees eers mooi - die Kaptein - Warren is 'n uitstekende      Superrugby speler en Kaptein. Hy het egter volgens my teleurgestel in die vorige toetse wat      hy gespeel het. Dis net nie dieselfde Warren nie. Hy het die potensiaal en miskien gaan die          Kapteinskap van die Bokke daai laaste bietjie "ekstra" uit die bulletjie haal.

Wat die res betref is dit ongelukkig ons lot. Coetzee kan se wat hy wil. Hy MOET huidig bevoordeelde spelers in die span insluit.

Ons moet maar verlief neem daarmee dat al meer jong mannetjies hulle heil in die buiteland gaan soek.

Onthou, rugbyspelers het so om en by 15 jaar om 35 jaar se pensioen bymekaar te maak voor sy lyf ingee -- dis as hy gelukkig is.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 10/06/2017 - 20:02

En nou, wat sê my rugby-geleerde vriende en een vriendin ?

Hoekom is almal so stil, is julle geskok ?

Was vanmiddag se wedstrydplan meer inlyn met die Leeus se manier van speel want dit was insiggewend dat die Leeus-spelers in die span hul harte uitgespeel het.  Of wat sê julle, waaraan is die sukses te danke ?

0
Port Elizabeth

Frieps

Sun, 11/06/2017 - 07:54

Eerstens is ons net te bly dat die Bokke gewen het!   Hulle het gelyk na die wenspan, alhoewel die Franse se agterlyn gevaarlik was.   Maar die Bokke het baie goed verdedig.   Ek dink, tot 'n sekere mate, was die Leeus se spelpatroon sigbaar en dit kon gelei het tot hul sukses.   Die een drie was beslis 'n beweging van die Lions wat ons herken het.  Die nie-Leeus spelers het egter ook hul kant gebring en ingepas by die spelpatroon.    Dit is hul eerste wedstryd maar ons is vol moed dat dit net al hoe beter sal gaan en hul kan hopelik al drie wedstryde teen die Franse wen.   Maar die Franse gaan 'n sterker span op die veld stuur in Durban.

Is hulle op hierdie stadium goed genoeg om die All Blacks aan te vat?   Nee, geen span in die wêreld is nie.   Maar wonderwerke kan gebeur!

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 23/06/2017 - 13:19

Spekkies, ek hou versigtig asem op.   Dit lyk beter en al wat mens kan hoop is dat dit net al hoe beter sal gaan.   Al die spelers probeer hul bes op die stadium en elkeen probeer bewys hy hoort daar, want daar is baie diepte op die vervangingsbank.   Warren is ook die regte kaptein. Daar is nog baie plek vir verbetering, maar mens het weer hoop.yes

0
Secunda

Sleep nou

Fri, 23/06/2017 - 19:48

Vir my is beast op 1 se dae verby Andries op heelagter kom ook nie aan die gang nie was laasweek baie uit posiesie en die vleul op 14 speel eindelik 11 vir Vrystaat maar die span speel stukke beter

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 05/07/2017 - 16:31

Dit was toe darem baie lekker dat die Bokke skoonskip gemaak het teen die Franse en dinge lyk op die stadium beter as verlede jaar.   Ek hou duimvas dit hou so aan en gaan nog beter word.

0
Port Elizabeth

Frieps

Sun, 27/08/2017 - 08:55

Na die tuiswen verlede week, kon ons toe darem die Pumas weg ook wen.  Sowaar 'n lekker slordige game.  Die Pumas is seker die span wat die negatiefste rugby speel, my oorlede man het dit altyd "spoiling rugby" genoem.   Die oop stadium en hul onmanierlike skare het dit ook moeiliker gemaak.   Maar, volgens my, was ons definitief die beter span op die veld.   Ons een  swak punt is op skrumskakel, Hougaardt is nie goed genoeg daar nie.    Ek hoop maar Ross is met die volgende wedstryd terug, maar ek mis my Faf!!

Ek oorweeg dit sterk om hierdie my laaste rugby-kyk jaar te maak.  Ek soek nie meer die stress vir 80 minute nie.indecision

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 27/08/2017 - 14:20

Freda, neem volgende keer so 'n ietsie sterker om die stres-vlak te help beheer.

Ek stem saam, Hougaard dra te swaar aan die klomp prentjies op sy lyf en hy is dus te stadig met die bal.

Die oulikste van die spel gister was vir my die stroopsoet Eben Etsebeth  -  hy was nie eers in een "fight" betrokke nie !  Dis seker maar wat die kapteiskap van 'n man verg !

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 27/08/2017 - 14:24

Ek het groot geskrik toe Elton Jantjies die eerste twee strafskoppe mis skop, albei regs van die pale verby.  Miskien moet hy sy skewe haarsnit, reguit, in die middel van sy kop laat sny  -  dit mag dalk help om die bal in die middel van die pale deur te kry.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 27/08/2017 - 14:27

Behalwe vir Elton se danspassies wat hy uitvoer en sy hande wat hy in twee vuiste bymekaar hou net voor hy skop, prewel hy altyd iets.  Ek wonder wat sê hy vir homself  -  enige gedagtes ?

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 09/09/2017 - 14:58

Ek's nogal teleurgesteld in vandag se wedstryd teen Australië  -  veral Elton Janjies se aanhoudende wegskop van die bal in die hande van hulle teenstaanders sodat hulle met 'n aanval kan begin  -  selde die kantlyn gehaal.

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 09/09/2017 - 15:14

Ja, die Bokkie het nou regtig hopeloos te veel balbesit weggeskop en hanteerfoute gemaak.  Gelukkig is dit nie 'n verloor nie.   Ek hoop dit gaan beter teen die All Blacks wat opkom.

Nouja, en daar is ons Kevin Anderson in die finaal van die Amerikaanse Ope.   Ek is baie bly daaroor maar ongelukkig speel hy teen my gunsteling, Nadal.   Ek weet darem nie of ek dit maklik gaan vind om teen Nadal te wees nie.   Tennis gaan die soveel oor die land nie, dit gaan oor die individu, so Sondag skree hierdie Suid Afrikaner vir die Spanjaard!  Dis te sê as ek kan wakkerbly vir die westryd, miskien moet ek eerder net gaan slaap en Maandagoggend die uitslag hoor.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus