Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lekker gelag, Geert,... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Goeie Hout ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Laaste probeerslag - dit lol Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -3 hours ago
Lodge gedeelte Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -3 hours ago
Kleedkamers en opwas Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -3 hours ago
Dek vir almal se gebruik Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -4 hours ago

Wat is daai nood items ?

Secunda
Submitted by Sleep nou on

Ek glo die draad sal ander soos ek ook help voorberei vir lang kamp innie bos of waar ook al waar daar nie krag of beskawing is nie, so wat is daai basiese nood items wat jy moet he om n hond uit n bos te kamp hoor van julle frown

Hello Chris

Heel agter dwars in die Kavango is mos 'n kis, pak dit daar. As die manne wil soek, wys jy net die voorste sy kaste, waar mens maklik kan bykom. Gewoonlik is my bed agter opgeslaan as ek sleep, en klomp goed bo-op gepak, heel agter om neusgewig lag te hou.

Groete.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 31/07/2020 - 19:26

Is die bottel brandewyn onder my bakkie se seat nou n sonde strafbaar met tronkstraf ? Ek meen as die wet my sou stop, en uitvra of ou neef drank vervoer, dan bieg ek eenvoudig dat ek n alkoholis is, en het n drankprobleem, en my vrou gooi my drank in die toilet, so my bakkie is n veilige wegsteek plek. Die paar kissies ander bottels is binne die koelkamer op die plaas.

Die manne kan maar kom draai maak as die lus karring,  bring net n 2l Coke en ñ paar tjoppe, ek het vir ons ys en hout.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 31/07/2020 - 20:53

Ons het een jaar in Satara gekamp, toe ons een aand bure het, afkomstig van Vredendal - op pad Mosambiek toe. Die buurman was werksaam by 'n brandewyn-distelleerdery. Hy't my in geen onduidelike terme laat verstaan dat daar net een goeie soort wyn is - en dit is brande"wyn".

Hy het 5 liter brandewyn in 'n papsak laat verpak en weggesteek in sy kampketel. Hy het beweer hulle het sy bakkie al meer as een keer laat afpak by grensposte - maar nooit het hulle se proviand gevind nie.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 01/08/2020 - 12:05

Hy het 5 liter brandewyn in 'n papsak laat verpak en weggesteek in sy kampketel

Moet dit dalk doen as ons Namib toe gaan.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 01/08/2020 - 13:14

Willem as ek reg onthou mag n persoon, een bottel wyn, een bottel sterk drank en n dosyn bier van SA invat sonder om belasting te betaal. In  Namibia is drank volop, selfs die kleinste  winkeltjie, Cuca shop, het drank.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 01/08/2020 - 13:37

.... - en hulle drank se pryse is vergelykbaar met ons plaaslike pryse. Ek het net gevind dat die Namibiërs klaarblyklik nie groot wyndrinkers is nie. Anders weet ek nie waaraan ek die beperkte keuse van handelsname moet toeskryf nie. Maar ek het maar dieselfde ervaar in die noordelike plattelandse gebiede van ons eie land. Lyk my die mense drink grotendeels hardehout of bier.

0
Worcester

Wildehont

Sat, 01/08/2020 - 14:47

Ons is in ‘n doeane unie met Botswana, Lesotho, Namibië en Swaziland. Dit beteken daar is geen beperking op die vloei van goedere tussen die lande en geen invoerbelasting nie. Jy mag bv ‘n kar wat in een van daardie lande geregisteer is in Suid-Afrika hou so lank as wat jy wil, sonder om dit in te voer. Jy mag net gewoonlik nie rou, onverwerkte vleis na Botswana vat nie want hulle is bang vir bek- en klouseer. 
Die doeane unie is terloops die oudste een in die wêreld wat nog bestaan 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 01/08/2020 - 14:59

.... ek wil nie met jou stry nie - en dalk verstaan ek jou verkeerd. Of my inligting is verkeerd of verouderd. Maar volgens my inligting mag jy net 2 liter wyn en 1 liter "sterk drank" oor die grens neem Namibië toe. ???

0
Worcester

Wildehont

Sat, 01/08/2020 - 15:39

Oom Chris, ek mag verkeerd wees oor die drank maar soos u gesê het is drank vrylik beskikbaar in Namibië (waarskynlik selfs tans), so dis nie nodig om meer gewig saam te ry as wat mens langs die pad gaan gebruik nie. 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 01/08/2020 - 15:56

Sal maar nader aan die tyd meer uitvind wat kan ons deur Botswana Namib toe vat.

Toe ons destyds by Lion Park gaan kamp het (2 keer) het ons als vir die lang naweke saam gevat onder die kombers.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 01/08/2020 - 17:58

Wildehont, beslis nie voertuie nie. Ek het n Land Cruiser gekoop van n Botswana vriend, die gedagte was die lisensie sou jaarliks daar hernu word, en voertuig bly op sy naam. Wel die owerhede het my na so ruk vasgevat en vertel dit gaan nie werk nie. Chris is reg omtrent die drank, en tabak, daar is beperking op.

0
Worcester

Wildehont

Sun, 02/08/2020 - 08:27

‘n Goeie vriend van my is al 20 jaar in die toerisme bedryf. Hy het vir meer as 10 jaar toere in Botswana gedoen. Sy Botswana geregistreerde voertuie was al daardie jare tussen toere in Suid Afrika. Baie mense voer tweedehandse Japanese voertuie in Botswana toe en registreer dit daar maar hou dit hier om ons duur invoerbelasting vry te spring. Jy moet uiteraard ‘n Botswana adres hê om die lisensie jaarliks daar te hernu. Hoe het die owerhede Oom Neef vasgevat?

0
Worcester

Wildehont

Sun, 02/08/2020 - 08:37

Hier is nog ‘n paar voorbeelde. Dit sal nie werk met bv ‘n Zimbabwe geregistreerde voertuig nie want hulle is nie deel van die doeane unie nie. 
 

C
 

B
 

A

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 02/08/2020 - 17:14

Willehont, moes seker gesê het dat dit lank gelede was. Op daai stadium waneer jy kinders by die skool aflaai, het die Spietkops jou regestrasie dopgehou, en gevra dat jy dit moet skuif. Die dae toe Pretoria TP was en Jahannesburg TJ. Ek dink nie jy kan dit onthou nie.

0
Worcester

Wildehont

Sun, 02/08/2020 - 18:41

Ek kan die geel TP nommerplate onthou. Nogal jammer dat net die Wes-Kaap die nommerplate behou het wat aandui waar die kar geregistreer is. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus