Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
👍👍👍👍 Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -33 minutes ago
👍👍👍👍 Forum Herstel en terugvoering Gryswater -37 minutes ago
Lyk na heel aangename oord Umfula Geert -53 minutes ago
rondsoek vir diesel ??? Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -58 minutes ago
Skerm skoot Oktober 2026 saam gesels Johann L -3 hours ago
App beskikbaar Oktober 2026 saam gesels Johann L -3 hours ago

Wat is daai nood items ?

Secunda
Submitted by Sleep nou on

Ek glo die draad sal ander soos ek ook help voorberei vir lang kamp innie bos of waar ook al waar daar nie krag of beskawing is nie, so wat is daai basiese nood items wat jy moet he om n hond uit n bos te kamp hoor van julle frown

Vaalpark

Johann L

Mon, 03/08/2020 - 07:25

Chris WH, ek stry nie.😀,  maar sover ek onthou, was die ou nommer plate swart met wit skrif, toe Transvaal na die "T" nos oor gaan, was dit ook swart met wit skrif. Later het hulle na geel plate gegaan met die "T" vir Prov. ID.

Txx ((Transvaal + dorp) 1, was altyd die Burgerneester se amptelike voertuig.

Oxx (Vrystaat+ dorp) OB 1 Burgermeesrer, ens.

Dit was altyd lekker om in 'n ander omgewing te wees, en dan sien jy 'n kar met jou drop se reg plaat, groot gegroetery het gevolg.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 03/08/2020 - 08:22

Dis waar, ek onthou nou. Die geel was drie letters, drie syfers en dan T. Die TP vir bv Pretoria was wit op swart. Ons Kombi, wat uitsluitlik gebruik is vir ons jaarlikse wildtuinvakansie, se registrasie was TP682. Ek weet nie hoekom ek dit nog kan onthou nie. 
Hier by ons is CW1 nog die burgemeester se motor se registrasie. Meeste nommerplate is swart op wit agtergrond maar sommige motors het swart op geel agtergrond. Dis nog steeds lekker as mens iewers is en ‘n ander CW registrasie sien. Nou het ons die draad lelik gekaap, maar mens kan seker argumenteer dat ‘n nommerplaat ook noodsaaklik is...

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 03/08/2020 - 08:50

Hier is 'n voorbeeld van 'n swart nommerplaat met wit letters van my destydse Benz  -  foto geneem in 1973 voor my huis in Memel in die Vrystaat voor ek die registrasienommer gewysig het.

.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 03/08/2020 - 08:58

En hier is 'n foto van my 1980 Cressida met die geel nommerplate in Shingwedzi.

.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 03/08/2020 - 09:08

En hier is daardie einste Benz, maar met sy Memel registrasienommer (OUB)  -  dis vandag nog OUB.  Foto geneem op die hoof-teerpad tussen Memel en Vrede waar ons in die sneeu vasgesit het.

.

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 27/03/2023 - 14:23

Nou ja, terug by die oorspronklike vraagwink

Na ons trippie na Jubaweni waar ons ordentlik in die sand met die Penta agter aan, vas geval het en die bande moes af blaas na 1.2 bar, oorweeg ek nou om 'n 12volt band druk pompie aan te skaf.

Ek het geen keuse gehad as om baie stadig die sand te bestorm nie, daar was reeds twee ander kare wat vas gesit het, (teenoor gestelde rigting) en ek wou verby kom.

Nou is my vraag; wat sal julle aanbeveel is 'n goeie soort. Ek was by Midas, hulle verkoop een vir R200.00, maar die lug vloei is maar 7 liter per minuut.

Smaak my dit gaan so uur vat om weer ol die pad te kom, ek wil ook nie 'n professionele ding koop van duisende rande nie, minimum uit gawe vir maksimum inkomste (krag / spoed)

Wil nie duur betaal vir 'n "once in a lifetime" gebeure nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 27/03/2023 - 14:30

Middag Johann

Ek het so 'n noodgeval pomp by Midas gekoop. 

Auto gear Heavy duty compressor, in so 'n grys plasties tassie. Ook maar gemaak in China.

Pomp so 30l/min, maar moet afkoel na 10minute se gebruik. Kan nie korrekte prys onthou nie, beslis onder R500

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 27/03/2023 - 14:40

Moeilike vraag Johann.

Die goedkoop klein kompressors glo ek is meer om strandballe op te pomp. As dit 6l per minuut gee gaan dit bitter lank neem om n klompie lug tot by 2bar te kry in n band.

In my toolboks is so "middel van die mark" enkel silinder kompressortjie. Die een sal n pap 4x4 band in sowat 10 minute 2 bar kry. Moet byvoeg dat ek die dingetjie met nat lappe moet toedraai, dit word vrekwarm! As ek weer koop, sal dit n tweesilinder wees van effe sterker ontwerp, die soort wat 4x4 entosiaste gebruik wat gereeld op sand ry. Dan gaan ek weet dit sal 4 wiele na mekaar kan pomp sonder dat dit uitbrand.

 

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 27/03/2023 - 15:34

30 Liter per minuut klink beter,  beslis beter as 7 lpm. Sal more weer draai maak by Midas, dankie Wessel.

Herman, ek soek regtig niks "heavy duty" nie, dit is net vir so noodgeval soos by Jubaweni, eerste keer dat ek so iets nodig kry, en daar het ek nie een nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 27/03/2023 - 17:08

....die gassilinders en stofies. As ek nie gas kan koppel nie, het ek nie warmwater nie.laugh

0
Worcester

Wildehont

Tue, 28/03/2023 - 08:56

Noudat ek besef ek oorlaai waarskynlik die Kavango en dat die bladvere aan die linkerkant ten minste dit ontgeld het, het ek begin dink oor die oorbodige goed wat ek saamry, en amper nooit gebruik nie. 
 

Die elektriese handboor het ek nog net by Dwarswegstrand gebruik om tussen die plaveistene te boor vir penne. En dis nie ‘n ligte item nie. 
Gazebo is ook nie altyd nodig nie. Dit ry meeste kere saam sonder om gebruik te word en is net in die pad. En swaar. 
Water in die Kavango se tenk weeg 120kg. Dit mag dalk bydra tot ‘n meer stabiele kombinasie. Ek laat loop egter altyd die tenk leeg die dag wat ons huis toe ry, en het nog nooit met ‘n onstabiele kombinasie gesukkel nie. 
‘n Byl. Dis amper nooit nodig om hout te kap nie. 
Windskerm is handig as mens dit nodig kry vir privaatheid of erge wind, maar ek gebruik dit omtrent net by Dwarswegstrand. 
Flitse. Deesdae gebruik ek omtrent net kopliggies. Daar is ‘n klomp flitse in die wa waarvan meeste se batterye pap is. 
Ekstra grondseil. Ek het drie, maar gebruik net twee op ‘n slag. ‘n Grondseil is ook nie ‘n ligte item nie. 
Ek gaan vanmiddag bietjie in die wa inklim en onnodige goed uithaal voor ons Vrydag die lang pad vat. Ek sal dit weer inpak vir Dwarswegstrand Desember. Ek wens ek kon die porta potty ook tuis los, maar mamma sal my nie vergewe nie. Veral nie by Polentswa en Rooiputs waar daar net ‘n put toilet is en geen heining om die kamp nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 28/03/2023 - 09:08

....darem 'n graaf by hom gehad, met die vassit. Ek ry sommer 'n gewone tuingraaf saam, want ek kanlaugh

Tel 'n brandblusser ook vir 'n nood item, waens het dit darem in.

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 28/03/2023 - 09:17

Johann ek het so een aangeskaf 'n paar jare terug.   Hy gaan altyd saam as ek toer en werk goed.   Die 72 L/min word gesien as 'n "ligte" kompressor maar voldoende vir standaard SUV wiele.   Ek gebruik dit ook af en toe om my bande te check en reg te pomp by die huis.

kompressor

https://campandclimb.co…

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 28/03/2023 - 09:35

My graaf is nou permanent aan my roof rack vas.   Oorspronklik was ek nie seker of ek die brackets en graaf moes aankoop en monteer nie, maar na 'n paar toere weet ek dit was een van die beste besluite gewees.     Ek haal nie eens meer die graaf af as ons nie toer nie, want daar was gevalle waar ek hom nodig gehad het.      Wat ek geleer het is dat 'n graaf se vele gebruike eers manifesteer as die graaf maklik byderhand is.   Myne is die Lasher 4x4  vierkantige een...

Die enigste vraag is of 'n vierkantige of ronde punt graaf die beste opsie is?

Ek stem saam oor 'n byl.   Dit is nie werklik nodig nie.   Ek gaan ook nie 'n byl op my roof rack monteer nie -  dit is mos 'n gevaarlike wapen om so oop saam te ry en netnou word 'n man met sy eie byl bygekom, hetsy deur 'n kaper of jou eie vrou!

0
Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 28/03/2023 - 09:50

Dieselfde kompressor soos wat jy het Anton. Was nog altyd voldoende, maar dit voel of die outjie somtyds bietjie mishandel word as jy 4 wiele se druk moet lig. En nie tyd het vir 2 biere se rondstaan nie.

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 28/03/2023 - 09:55

Herman dit bring 'n mens nou by die 2de nood item, Die Yskas, wat die bier moet koud hou sodat daar darem iets is om te drink tydens die noodgeval.smiley

0
Worcester

Wildehont

Tue, 28/03/2023 - 10:14

dit voel of die outjie somtyds bietjie mishandel word as jy 4 wiele se druk moet lig. 

Dis ‘n handige item en ek het permanent een in my sleepvoertuig, maar die kompressortjies raak warm, en warm lig sit uit. As dit weer afkoel, is jou bande dan nog so styf gepomp as wat jy gedink het? 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus