
Hiermee beloofde foto's van Zaagkuilsdrift netso anderkant Pienaarsrivier in 'n westelike rigting.













Doringboom
Dit lyk heerlik. Ek sou wat wou gee om nou tussen ‘n paar doringbome te kampeer. Dis nie net die eerste jaar van my lewe wat ek nie die wildtuin gaan besoek nie, maar ook wat ek glad nie die bosveld gaan sien nie. My hart trek met ‘n seer punt...
Ons was die naweek weer daar…
Ons was die naweek weer daar en dit was vrek warm - maar lekkerrr
Dit lyk aangenaam Anton. Dir…
Dit lyk aangenaam Anton. Die foto's laat mens bos toe verlang.
Chris WH se volgende opmerking is 'n "bad" een - baie "bad":
Dis nie net die eerste jaar van my lewe wat ek nie die wildtuin gaan besoek nie
Ek sê gewoonlik dat as ek nie binne 'n 12-maande periode in die wildtuin kom nie, begin ek onttrekkingsimptome kry. Dit is inderdaad nou die geval. My laaste dag in die wildtuin was 15 Junie verlede jaar. En ek kom nou-eers (DV) weer op 12 Nov in die wildtuin. Dit sou in Mei gewees het - maar nou ja, ons weet mos almal waarom dit nie gebeur het nie.
Ek is nou nie só bevoorreg om te sê dat ek nog nooit 'n jaar in my lewe nie in die wildtuin was nie. Maar sedert 2008 het daar nog nie 'n enkele kalender-jaar verby gegaan waartydens ek nie die voorreg gehad het om die wildtuin te besoek nie. Dit het gewissel tussen so min as 3 aande (in 2008) tot soveel as 55 aande verlede jaar. Vanjaar sal maar weer 'n skamele 9 aande wees.
Vrede
Ek het maar vrede gemaak daarmee dat ek net meer as twee jaar sal moet wag vir ons volgende besoek aan die wildtuin (dis darem nie twee jaar tot ons volgende besoek in Julie nie, maar sal dan twee jaar wees sedert die vorige een). Ek is ook nou nie meer so bevoorreg dat ek kan sê dat ek elke jaar van my lewe daar was nie. Ek troos my daaraan dat ons DV oor twee maande in Kgalagadi is.
Anton, dit lyk na ‘n baie lekker plek die!
Nice Anton
Dis mos kamp Anton sien ou kan nie net swem waar jy wil daar wag n verrasing dalk vir jou dankie vir mooi fotos
Vol in die son
Môre vriende
Ek kyk so na Anton se fotos, en wonder--hoe hou mens dit uit in 'n tent, sonder skadu, hierdie tyd van die jaar!!!
Dalk is dit 'n faktor van ouderdom, maar ek sal dit nie kan doen nie. Gister was dit ongeveer 35 C op my stoep, nou hoe warm is so 'n tent dan.
Ek het my wa gebêre, sal weer begin kampeer volgende jaar Maart, dan is die ergste hitte verby. Ek weet alte goed, dit is sekerlik nie die beste benutting van 'n moerse kapitale uitgawe nie. Die tyd kamp mens slegs by die see, en verkieslik nie Natalse kus nie.
Groete
Menopause
Gelukkig het my warm gloede nog nie begin nie.
hoe hou mens dit uit in 'n tent, sonder skadu, hierdie tyd van die jaar!!!
Dis maklik, bly uit die tent uit terwyl die son skyn. Ons kinders vat (on)gelukkig nie meer middagslapies nie. Dus hoef ons nie meer bedags in die karavaan te wees nie (maar ons mis daardie uurtjie se ekstra rus).
Buite maak jy soos die diere maak; soek skadu in die middel van die dag (en suig aan iets koud, verkieslik ‘n moutskommel).
Ek slaap net in my tent -…
Ek slaap net in my tent - dit is so van 10pm tot 5 am en dan is dit gewoonlik koeler. ![]()
Die bere gaan jou vreet
Middag Chris
Moenie spot nie, onthou die spreekwoord.
Ek het nie meer saam-kamp kinders nie, dus is ek en die beterhelfte die mense wat lang middagslapies vat.![]()
Kan mens dit eet?
lang middagslapies
Ek mis dit tuis, maar wanneer ons kampeer gaan slaap ons in elk geval saans vroeër as by die huis. Dan is ek douvoordag uitgeslaap. As ek in die dag ook slaap is ek te vroeg al wakker.
Oograderings
Die manne is besig hier by Zaagkuilsdrfit....
2de Swembad, Lapa, afdakke by privaat ablusie staanplekke. Nuwe gemeenskaplike ablusie + 4 staanplekke...
Zaagkuilsdrift
Lyk na 'n heerlike kampplek! Sien egter op hul website dat daar geen elektrisiteit op die staanplekke beskikbaar is nie en dat die pad nie karavaanvriendelik is nie-hulle beveel aan slegs boskaravane en tente. Dis jammer, ek beny nogal die ouens wat feitlik enige plek kan gaan kamp
lein dis eindlik
lein ek ook altyd gedink dis moelik maar toe koop ek n howling moon tent , gazebo solar system en whalla nou kan ek both worlds gaan kamp en ja die bos kamp off grit is regtig lekke met minder goed kamp is dit lekke kamp
Net een fout
Dit lyk alles baie netjies. Nou moet hulle die oord net baie nader aan die Kaap skuif...
Die enigste fout wat ek kan…
Die enigste fout wat ek kan sien is dat ek nie daar is nie








Nog foto's
...