Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Laaste probeerslag - dit lol Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -17 minutes ago
Lodge gedeelte Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -20 minutes ago
Kleedkamers en opwas Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -40 minutes ago
Dek vir almal se gebruik Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -46 minutes ago
Geert Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -1 hour ago
Wessel Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -1 hour ago

Sleepstang

Brits
Submitted by wessels on
Forums

More mede kampers

Sommer 'n vraag aan die meer ervare tegniese slepers;

hoe gereeld gaan julle na of die sleepstang nog stewig geheg is aan julle voertuie se onderstel?

By bakkies is dit nogal redelik maklik om by die hegpunte te kom, maar met SNV [nee nie sex nudity en violence nie] sport-nuts-voertuie , is dit soms versteek.

Ek het in verlede gevind dat veral met nuwe voertuie, mens soms nodig het om die moere vaster te draai

Groete

Wessel 

Worcester

Wildehont

Wed, 14/04/2021 - 14:27

Wessel

My Fordjie was mos bietjie slapgat tot ek die helpervere laat insit het. Heel moontlik sal die neuswiel onder normale pad sleeptoestande nie haak nie, maar ons besoek nogal plekke wat nie heeltemal so normaal is nie, so ek volg maar die vervaardiger se aanwysings en vermy kopseer. ‘n Boef gaan ook sukkel om my wa af te haak of my te saboteer sonder ‘n neuswiel.
 

Ek het ‘n foto gaan soek van die plakker langs my wa se deur en sien nou dat die voorgestelde banddruk daarop verskil van die op die plakkers bo die wiele (hulle lees 2.2 en dui die wringkrag aan waarteen wielmoere vasgedraai moet word).

 

A

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 14/04/2021 - 16:34

Middag Chris en ander, ek verwyder ook my jockey wiel,  omdat dit baie breë en groter is as die normale wieletjie. My vorige trippel wieletjie het so beskadig van die movers dat ek besluit het om 'n ordentlike ding te soek en eindlik een in Johannesburg op gespoor het.

Wieletjie
Ek het intussen die skuur probleem op gelos.
Wieletjie
Een van die 3-wiel jockey se wiele het so gelyk.
Wieletjie
Dit het eers so gelyk.

Wat die wring krag van die wiel moere betref, ek torque myne op 100nm op aan beveling van Tiger Wiel & Tyre.

0

Middag vriende

Ek was vanoggend gou met 'n soekpatrollie Toyota toe. Ek kon hulle nuwe soliede sleepstang van nader beskou, gemonteer aan 'n Hilux. Ek het terstond besluit dat dit goed genoeg is vir my Kavango. Lekker stewig, en niks wat kan ratel nie.

Len: Lyk of mens darem 'n nuwe plastiekdop saam kry. Of dalk is dit andersomlaugh

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 17/04/2021 - 14:04

Ek neem my bakkie vir sy 10 000 km diens in Warmbad. Ek sal intussen met Hermanus Toyota skakel en hulle versoek om ook die Toyota-agent in Warmbad kontak te maak i.v.m. die ellendige trekstang wat op my bakkie opgesit is. Toe ek in Villiersdorp by die koöp stilhou om my donkiemedisyne te koop, was die verwyderbare gedeelte reeds weer los. Gisteroggend het ek die stelmoer weer behoorlik vasgedraai met behulp van 'n waterpomptang. As dit die tendens gaan wees met ons reis noorde toe, moet dit onverwyld in Warmbad reggestel word - hetsy om dit ordentlik vas te maak of andersins te vervang.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 17/04/2021 - 14:09

Ek hou van jou waterpomptang om herstelwerk aan die nuwe Toyota te doen !

0

Middag Chris B

Volgens Intertoy, die handelaar op Brits is die soliede stang nog effe goedkoper as die verwyderbares.

Jy het 2 opsies;

a] slaan hout wasgoedpennetjies tussen die male/female in

b] laat hulle boute insit soos op my fotos

Len: die tang was nog net ingespan op 'n subkomponent van 'n Hilux. Die sleepstange word vervaardig deur Bosal etc, en omtrent alle fabrikate word daarmee toegerus. Verkneukel jou maar in 'n ander se bemoerakheid gehoorlaugh

 

 

0

More Anton

Het jy 'n nuwe trokkie aangeskaf????? Jy weet mos die regulasies omtrent massas en waartoe jou voertuig instaat islaugh

0
Worcester

Wildehont

Wed, 28/04/2021 - 15:54

Mnr Boucher is nie die eerste wat kla oor die geraas nie. Waarom sou Toyota volhou met die installasie van die verwyderbare sleepstang? Ek moet sê, ek voel meer gerus om met ‘n soliede eenheid te sleep. 

0

Middag Chris S

Dit is egter 'n Bosal produk wat goedgekeur is vir gebruik op Toyotas ook.

Blykbaar is dit 'n voordeel om die ding af te haal as jy werklik erge "off Road" hindernisse ry. Ek sal nie weet presies waarom nie.

As mens nuut koop, hetsy jou bakkie of 'n sleepstang, het jy 'n keuse. Ek gaan beslis 'n soliede sleepstang laat opsit. Behalwe dat mens klaarblyklik minder moeite het, is dit ook goedkoper.

Ek glo egter nie dat daar enige risiko verbonde is aan die verwyderbare eenhede nie

 

0
Worcester

Wildehont

Wed, 28/04/2021 - 20:12

voordeel om die ding af te haal as jy werklik erge "off Road" hindernisse ry

Dit is natuurlik waar want dit verbeter die hoek waarteen jy teen iets kan uitry. Maar waarom dit dan op ‘n bakkie sit wat nie ‘n viertrek is nie? Dit blyk egter uit jou inset dat die koper self kan kies watter tipe sleepstang hy/sy verkies. Dalk is daar mense wat nie so gereeld sleep nie, en bang is hulle stamp hulle maermerries daarteen as dit permanent gemonteer is? 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 28/04/2021 - 20:18

Dit wil blyk of die ouens hier by Waterberg Toyota 'n behoorlike "job" gedoen het. Ek dink die probleem is opgelos. Len sal dus nie met oop ruite hoef te ry om te hoor of die Boucher's aankom nie. 

Ek het geen behoefte om die sleepstang te verwyder nie - en dit lyk asof ek dit in elk geval nie weer sal kan doen nie. Die sleepstang sal Vrydag tot Phalaborwa beproef word.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 28/04/2021 - 22:22

.... ek kon net sien dat die dwarspen nou vanaf die anderkant ingesteek is en weerskante daarvan met 'n dun kabel verbind is - nie meer 'n "circlip" deur die pen nie. En dan, wat ek nie kan sien nie, is daar blykbaar "shims" geïnstalleer. Ek moet sê dit voel vir my baie vas. Ek vertrou maar die probleem is opgelos.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 29/04/2021 - 09:37

Ek vermoet hoekom hulle die ferwyderbare een gebruik is omdat die meeste 'n "drop plate" moet gebruik as jy sleep en daai ding hak orals vas as jy nie sleep nie ?

Chris, hoop hy gaan nou vas bly.

0

Môre Willem

Dis nou 'n interessante opmerking. hoeveel persone wat padwaens sleep met bakkies, gebruik 'n sakplaat?

Ek het nie ene nodig nie, my Kavango en bakkie se wiele is presies dieselfde.

Hak oral vas----seker slegs net op rowwe terrain. ?? 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 29/04/2021 - 09:59

Sien dit gereeld as ek kamp as die ou sy bakkie skuif, geringste hobbel en hy ploek 'n sloot met daai sakplaat.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus