Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Laaste probeerslag - dit lol Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -22 minutes ago
Lodge gedeelte Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -26 minutes ago
Kleedkamers en opwas Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -46 minutes ago
Dek vir almal se gebruik Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -51 minutes ago
Geert Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -1 hour ago
Wessel Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -1 hour ago

Inloop rem skokbreker

Vaalpark
Submitted by Johann L on
Forums

Ek toets vanoggend my wa se inloop rem skokbreker (as dit nou die regte naam is?) en my vermoede is dat ek die ding sal moet vervang.

As ek daarteen druk, dan druk dit redelik maklik terug, en na so paar keer se terug druk voel dit of die skokbreker meer weerstand begin gee? 

Nou het ek die slim mense se advies nodig, is dit iets wat 'n ongekwalifiseerde ou soos ek self sal kan doen, of moet ek liewer hulp soek? 

Die bed se gas lifts was maklik, maar die ding lyk baie meer ingewikkeld? 

Julle insette sal baie waardeer word.

Middag Chris S

Dit kan ook wees dat jou wa se skokbreker maar net aan die einde van sy lewe gekom het. Jy weet mos nie hoeveel kilometers daai wa geloop het nie. 

Ek wonder skielik oor my skokbreker, maar ek het nog die klap geluide gehoor of erge stamperige rukbewegings nie. Gewoonlik as mens rem met 'n pap skokbreker, dan loop die wa met 'n skielike stampbeweging in op die sleepvoertuig.

 

0
Worcester

Wildehont

Sun, 02/05/2021 - 18:41

Wessel

Druk die koppelstuk so ver terug as wat jy kan teen die skokbreker. As jy dit los moet die skokbreker die koppelstuk weer vorentoe stoot tot net ‘n cm van die koppelstuk se stang/skag agter uitsteek. Dan is die skokbreker nog reg. My oue het glad nie die koppelstuk weer vorentoe gedruk nie. Ek moes dit met moeite weer uit trek vorentoe. Die nuwe een druk dit binne ses sekondes weer tot heel voor. 

0
Worcester

Wildehont

Sun, 02/05/2021 - 18:45

Dit kan ook wees dat jou wa se skokbreker maar net aan die einde van sy lewe gekom het

Wessel, dit het - maar wat my pla is dat die oue nie swaardiens was nie en dit moes gewees het. Jy kan maklik bepaal of joune is. Meet die agterste oog se omtrek. Die ligte diens is so 26mm en die swaardiens so 32mm. Hier onder is ‘n foto van my oue. 
 

A 

0

Môre Chris S

Ek sal gou vanmiddag of more oggend die toets/meet doen.

Julle ouens moet nou ophou met al die "what ifs", ek ry volgende Maandag,

Ek het voorkomend laas Saterdag my trokkie se battery vervang, tot my ontsteltenis. Net klaar betaal, toe sê werker---die nuwe battery se romp is kleiner as oue. Dus pas die "bracket" nie meer nie. Ek moes omtrent by huis met blokkies hout iets prakseer sodat die battery hopenlik genoegsaam vasgehou word.

 

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 03/05/2021 - 09:35

Môre Wessel, ek het dieselfde met my karavaan se batery oor gekom, ek het net dood eenvoudig terug gery en die batery om geruil vir presies wat ek nodig het, ek moes wel paar rand in betaal omdat ek 'n beter kwaliteit deep cycle op besluit het, 'n AGM leasure batery. By Battery Centre het jy 'n 14 dae omruil.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 03/05/2021 - 09:46

met blokkies hout iets prakseer

Ek het vir jare met so blokkie gery omdat die battery nie reghoekig was aan die bokant nie. Die heel boonste deel was ‘n cm of wat terug van die buitekant van die battery. Solank jou battery nie kan skuif nie is jy veilig. Ek het elders vertel hoe ‘n battery geskuif het tot teen ‘n waaierband, deurgeskuur en die enjin vol suur gegooi het. 
 

Julle ouens moet nou ophou met al die "what ifs"

Ek glo jy sou al die stampgeluid gehoor het as joune onklaar was. Maar kyk maar, dis dalk ‘n handige onderdeel om saam te ry en nie moeilik om self te vervang, solank jy twee nr 19 moersleutels het nie. Dis nou op ‘n Kavango. Ander waens het plate in die pad wat eers verwyder moet word.  

0

Hello Chris

…. moersleutel in my onhandige hande. Ek ry ewe 'n klompie goete saam, tange, spanners, isolasieband, skroewedraaiers, met die hoop iemand stop by my wat weet hoe om dit te gebruiklaugh

Die belangrikste spanner in my tas is 'n 13-shifting!

Dalk moet ek ook my multi-meter inpak, nogal handig om kortsluiting te soek of battery te meet.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 03/05/2021 - 10:07

Ek sê nie my nuwe swaardiens skokbreker werk perfek nie, maar dalk help die video ander wat wonder of hulle s’n nog reg is. My oue het glad nie die koppelstuk weer uitgestoot nie. Nie eers oornag nie. Die video toon hoe vinnig die nuwe een dit doen. As jy mooi luister sal jy hoor hoe uitasem ek is nadat ek met ‘n hengse gesukkel die koppelstuk so ver ingedruk het as wat ek kon, voor ek dit weer gelos het. 

video
0

Middag vriende

Dink julle dat 'n skokbreker sterk genoeg is om 'n gekoppelde wa terug te stoot op 'n plat oppervlak, nadat mens normaalweg gestop het.?

Ek kan gladnie onthou dat ek dit al ooit gesien het nie. Wat ek vaagweg onthou, is dat die stang weer uitstoot nadat die wa ontkoppel is van die bal.

 

 

0
Worcester

Wildehont

Mon, 03/05/2021 - 11:19

dis die skokbreker se funksie nie Wessel. Die skokbreker is daar om te voorkom dat die koppelstuk se stang skielike bewegings maak wanneer jy versnel (wegtrek of rem). As daar nie ‘n skokbreker is nie sal die wa baie skielik (en seker te hard ook) rem wanneer die sleepvoertuig rem, en sou die koppelstuk hard uitgepluk word na die sleep posisie wanneer die sleepvoertuig wegtrek. Dis wat my leke logika vir my sê. 

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 04/05/2021 - 15:03

Stoffel, jy sleep te min wink

Dalk is ek maar net gelukkig maar ek het nog my oorspronklike skokbreker in my karavaan. 26 jaar en dit is nog steeds reg.

0

Middag Chris S

Ek het vanoggend probeer om my hak in te druk, maar kon nie, seker omdat;

1] die arms te dun is

2] ek nie lekker my staan voor die hak kon kry nie, te min plek 

3] of omdat skokbreker nog te styf is.

 

 

0
Worcester

Wildehont

Tue, 04/05/2021 - 15:41

om die koppelstuk in te druk. Ek het voor die wa gestaan en my elmboë teen my lyf gestut voor ek beide hande met my arms en lyf daar agter gebruik het om dit in te druk. Dit help ook om die handrem op te trek, want dan druk mens nie teen die rem stelsel ook nie. 

0
Centurion

Dusty

Wed, 05/05/2021 - 04:07

Stoffel, jy sleep te min

Johann, ek sou baie meer wou sleep maar....

Ek het nouwel af getree maar die kontrak hou my besig. Ek beplan 'n groot toer sodra die kontrak tyd verby is en die gesondheid dit toelaat.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 10/05/2021 - 08:04

Ek het Saterdag die Kavango uit die motorhuis getrek, die as opgelig sodat beide wiele van die grond af is en bokkies onder die as gesit. Toe kon ek rustig die remme stel. Ek het die video van Conqueror wat ek voorheen op die draad gedeel het as gids gebruik. Dit behels om eers die moere op die equalizer bracket skiet te gee, die remme dan stywer te stel totdat dit sluit en dan weer af te stel tot die wiel vrylik beweeg sonder enige wrywing van die remskoene. Daarna word die moere weer vasgedraai en die handrem getoets. 
 

Die linkerwiel het ek maklik gestel gekry. Die regterkant het bietjie langer gevat voor ek dit so gekry het dat albei wiele vry loop as die handrem af is, maar ten volle sluit as dit opgetrek is. Ek het toe met die wa gaan ry, en die klapgeluid is weg. Die remme werk ook mooi. Ek wou op die A-raam staan terwyl Salomien ry, sodat ek ‘n video kan neem van die werking van die koppelstuk. Dit was egter al te donker, so ek sal dit ‘n ander dag doen.  

0
Worcester

Wildehont

Thu, 24/06/2021 - 20:36

Vanmiddag het ek toe my slimfoon teen die wa se voorkant monteer sodat die kamera af kyk op die A-raam en ‘n draai gery. So kon ek my nuuskierigheid om te sien hoe werk die besigheid stil, en myself gerusstel dat dit werk soos dit moet. Die video is bietjie langer as 10 minute, so ek wil dit korter maak en dan op YouTube laai sodat ek dit hier kan deel. Ek laat weet sodra dit reg is. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus