Soos almal weet dit is ons kombinasie en dat die Ford letterlik 'n "tap on te back" gekry het laasweek die aand voor ons by die Phalaborwa hek in gegaan het Letaba kamp toe.

Die was in Hartenbos Feb. 2013

Willem, ek is ook bly die…
Willem, ek is ook bly die naby-jou-hart- Terry is weer gesond en op die pad. Ek glo jy gaan die verdere ryery sorgvry geniet.
Hoe lyk die kampplanne vorentoe ?
Nou wie moet mens glo
Hello Willem en ander
Dit is nou 'n blatante gemors. Wie moet mens glo?
Ek hoop net nie so 'n gereelde diens kos die prys wat jy nou betaal het nie. Ek wonder wat sal Ford, BMW ensovoorts se reaksie wees op die stelling, wat lynreg met hulle handleidings bots
Exclusive ... 👋
Totsiens Exclusive Pensionaris
Ja en so groet ek my pensioen droom.
Vandag 16 Junie 2021 het Kennis Katavane die Exclusive kom haal om hom namens ons te verkoop, hoop om 'n goeie prys te kry.
Die Exclusive was my pensioen droom maar na 10 jaar en baie veranderings moes ek maar groet en my hartseer sluk. Daar sal nooit weer 'n Exclusive onder die afdak staan in my tyd nie. Tensy iemand my die regte Lotto nommers gee om die Jackpot te wen, want dan gaan haal ek hom dadelik. 😥



Sal nou maar die 3B wat by my staan gebruik Tshipise toe Jullie skoolvakansie.
Ai Willem ek voel sommer…
Ai Willem ek voel sommer geskok om van die Exclusive te hoor, veral wetende dat jy so baie moeite gedoen het - die forum is vol van dit. Maar jy het mos die droom geleef vir 'n klompie jare. Ek is seker julle gaan net so lekker met die 3B kamp ![]()
Sprakeloos
Middag Willem
Ek is sprakeloos, en wil eintlik simpatiseer.
Gelukkig gaan jy aanhou kamp, en binnekort is daai Gypsey 3B netso gebruikers vriendelik toegerus, as dit nie alreeds is nie.
Hartseer
Willem, ek is bly om te hoor die ratkasprobleme is iets van die verlede, maar saam hartseer dat julle die Exclusive moes laat gaan. Gelukkig het julle ‘n Plan (3)B so julle hoef darem nie op te hou kampeer nie. So pas mens maar aan by omstandighede. Sterkte!
Vervolg: Willem Brits se 3B…
Vervolg:
Willem Brits se 3B se opwasbak...
Ai tog Willem, ek het nou…
Ai tog Willem, ek het nou pas weer al 7 bladsye van hierdie draad deurgelees. Jy kan dit gerus inskryf vir 'n drama-kompetisie ! Jou geduld met al hierdie probleme verdien 'n medalje.
Ek wens jou alle sterkte toe op die kampeerpad vorentoe en is vol vertroue dat julle tog heerlik by Tshipise gaan kamp in Julie.
Wat is reeling met...
Willem
...met Kennis karavane? Hoe gaan julle dit hanteer as jy dalk nou 'n aanbod kry vir jou woonwa?
Of, sal jy so 'n belangstelling nou na Kennis moet verwys.
Ai jay jay, Willem dit is…
Ai jay jay, Willem dit is hou die goeie en die slegte.
Baie bly Terry is nou terug en reg,
Baie hartseer dat jou droom wa moes gaan,
Sterkte met die gemengde gevoelens, die 3B gaan darem paar rand op sous spaar, maar dit bly maar onlekker om van daai Exlusive ontslae te raak.
Ons hou nou dop vir die WilSur se 3B se "mods"![]()
3B se "mods" ...
Dit is klaar gedoen vir die kinders, sal kyk om môre foto's van die Laptop te laai.





Ek is bly
Ek is bly